Thursday, January 25, 2007

Vlokkies!

Dit het Dinsdag aand hier gesneeu, en ons het in 'n spierwit wereld wakker geword.
Die sneeu het dik gele en dit het baie probleme op die paie en treinspore veroorsaak. Pieter het hierdie vanaf Earlsfield stasie af geneem. Hierdie is by ons woonstel
Kaspaas (ons karretjie) het seker vrek koud gekry! Arme ding! Ek het my as af gesukkel (en my hande amper afgevries) om die sneeu van die ruite af te kry sodat ek die kar kon skuif.
Die park agter ons huis het soos 'n sprokies wereld gelyk!

No comments: