My ou skool vriendin Anneke Olivier het verlede week so vinnige draai in Londen kom maak. Ek kon gelukkig verlof insit en ons het die strate behoorlik rooi geverf! Ons het net 2 dae gehad en het verbasend baie gesien. Ons was dood moeg na die tyd, maar dit was verseker die moeite werd.
Sy het letterlik van die vliegtuig afgeklim (nadat sy net 1 uur op die vliegtuig geslaap het), by die huis gaan stort, en die strate gevat. Ons het daardie aand eers omtrent 10 uur by die huis gekom, en was die volgende oggend al klaar vroeg weer aan die gang. Daardie nag het ons eers 4 uur gaan slaap na 'n lekker gekuier saam met van haar pelle hier. Good grief - ek word nou oud - het dit nie meer in my nie! hehehe



No comments:
Post a Comment