Tuesday, January 09, 2007

Nuwejaar

Ons het oujaarsaand besonders braaf gevoel, en het besluit om na die groot vuurwerk vertoning te gaan kyk by die London Eye. Dis net jammer dat 300 000 (ja - drie honderd DUISEND!) mense dieselfde keuse gemaak het.

Dit was 'n vreeslike vertrapping en dit het na die tyd meer as 'n uur gevat om by die plek te kom wat normaalweg 5min neem. Nietemin was dit die moeite werd, en ons het 'n baie lekker tyd gehad.

Bring on 2007!

Big Ben was mooi verlig in al die kleure van die reenboog. Daar was so baie vuurwerke dat mens later skaars die ander goed in die omgewing kon sien!
Die hele London oog was verlig, en die vuurwerke is om en van die af geskied. Dit was die ongelooflikste ding om te sien!!!


Glo my - daardie botteltjie lyk net onskuldig. Daar is lekker sjerry in!
Ek en Lauren tussen die skare
Ons maak reg om almal te soen as die klok 12 slaan.

Miskien was die sjerry te lekker!

2 comments:

Anonymous said...

Lekker gespat gewees, ne?

:-)

P.

Ns - Jou serp en hoedie lyk mooi!

Anonymous said...

Wow Mands! Dit als lyk na soveel pret!
En ek moet se, daai sjerrie - oe-ha-a ... shjlekker!
Enjoy en update gou weer - is lekker om te lees!
Elene :-)