Oor paasnaweek was ek, Annerien en Lauren na 'n baie nice skoenlapper plaas hier naby Kew gardens. Daar is hordes tropiese skoenlappers wat om jou rondwapper - erg oulik!
Monday, January 29, 2007
Thursday, January 25, 2007
Vlokkies!
Dit het Dinsdag aand hier gesneeu, en ons het in 'n spierwit wereld wakker geword.
Die sneeu het dik gele en dit het baie probleme op die paie en treinspore veroorsaak.
Pieter het hierdie vanaf Earlsfield stasie af geneem.
Hierdie is by ons woonstel
Kaspaas (ons karretjie) het seker vrek koud gekry! Arme ding! Ek het my as af gesukkel (en my hande amper afgevries) om die sneeu van die ruite af te kry sodat ek die kar kon skuif.
Die park agter ons huis het soos 'n sprokies wereld gelyk!
Wednesday, January 17, 2007
How to see London in 2 days!!!!
My ou skool vriendin Anneke Olivier het verlede week so vinnige draai in Londen kom maak. Ek kon gelukkig verlof insit en ons het die strate behoorlik rooi geverf! Ons het net 2 dae gehad en het verbasend baie gesien. Ons was dood moeg na die tyd, maar dit was verseker die moeite werd.
Sy het letterlik van die vliegtuig afgeklim (nadat sy net 1 uur op die vliegtuig geslaap het), by die huis gaan stort, en die strate gevat. Ons het daardie aand eers omtrent 10 uur by die huis gekom, en was die volgende oggend al klaar vroeg weer aan die gang. Daardie nag het ons eers 4 uur gaan slaap na 'n lekker gekuier saam met van haar pelle hier. Good grief - ek word nou oud - het dit nie meer in my nie! hehehe



Tuesday, January 16, 2007
Kuier kuier kuier
Ons was Vrydag aand China town toe en Anneke se 2 pelle wat ook by PWC hier werk het ons gejoin. Ons was natuurlik eers TGI Fridays toe om 'n lekker cocktail te gaan nuttig.
Pieter die walrus - Pieter raak kreatief met sy stokkies
Later in die Puzzle pub in Earlsfield - Johan verstaan duidelik nie wat so interessant is nie.
Kom dames - wys so bietjie! Ek en Lelani gee ons beste
Johan en Anneke
Harrods en Camdon Town

Harrods is mos maar altyd impressive - maak nie saak hoeveel keer jy dit al gesien het nie.

Madame Tussauds
Behalwe vir die feit dat ek amper op my rug geval het oor die hoeveelheid geld wat ons moes betaal het vir Madame Tussauds se entrance, was dit erg nice om weer daar te kom. Daar was heelwat nuwe poppe vandat ek laas daar was en dit was erg lekker om al die bekende "mense" te sien.
Ek was die keer nie weer dom genoeg om heel voor in die Chamber of horrors te loop nie - maar die wetters het dit nogsteeds reggekry om my so te laat skrik dat ek amper in trane was!
(Vir die van julle wat nog nie daar was nie, die "Chamber of Horrors" is 'n langerige gangerige ding wat feitlik pikdonker waardeur jy loop, en dan is daar lewendige akteurs wat op jou afstorm en in jou oor kom grom ens - dit is regtig erg scary!)
Jamie Oliver en Kylie was erg cool.

Robbie Williams was pragtig! En Julia Robberts is erg real!

Mr Jack Sparrow en sidekick. Anneke het amper flou geval toe sy 'n foto saam met haar hero (Orlando Bloom) kon neem.



Ek was die keer nie weer dom genoeg om heel voor in die Chamber of horrors te loop nie - maar die wetters het dit nogsteeds reggekry om my so te laat skrik dat ek amper in trane was!
(Vir die van julle wat nog nie daar was nie, die "Chamber of Horrors" is 'n langerige gangerige ding wat feitlik pikdonker waardeur jy loop, en dan is daar lewendige akteurs wat op jou afstorm en in jou oor kom grom ens - dit is regtig erg scary!)
Vir die van julle wat nog nie in Engeland gebly het nie, of die program Little Britain nie ken nie, sal nie ou hier by my nie snaaks wees nie. Dit is Andy, die "verlamde" gebreklike ou wat Andy altyd na omsien in die storie.
Ek en Mr Richard Branson is intieme vriende soos julle hier kan sien.
Monday, January 15, 2007
Celebrity spotting
Tuesday, January 09, 2007
Nuwejaar
Ons het oujaarsaand besonders braaf gevoel, en het besluit om na die groot vuurwerk vertoning te gaan kyk by die London Eye. Dis net jammer dat 300 000 (ja - drie honderd DUISEND!) mense dieselfde keuse gemaak het.
Dit was 'n vreeslike vertrapping en dit het na die tyd meer as 'n uur gevat om by die plek te kom wat normaalweg 5min neem. Nietemin was dit die moeite werd, en ons het 'n baie lekker tyd gehad.
Big Ben was mooi verlig in al die kleure van die reenboog. Daar was so baie vuurwerke dat mens later skaars die ander goed in die omgewing kon sien!
Die hele London oog was verlig, en die vuurwerke is om en van die af geskied. Dit was die ongelooflikste ding om te sien!!!

Glo my - daardie botteltjie lyk net onskuldig. Daar is lekker sjerry in!
Ek en Lauren tussen die skare
Ons maak reg om almal te soen as die klok 12 slaan.

Miskien was die sjerry te lekker!
Dit was 'n vreeslike vertrapping en dit het na die tyd meer as 'n uur gevat om by die plek te kom wat normaalweg 5min neem. Nietemin was dit die moeite werd, en ons het 'n baie lekker tyd gehad.
Bring on 2007!







Miskien was die sjerry te lekker!
Subscribe to:
Posts (Atom)