
Ons het lekker by die Hilton hotel gaan snorkel. Die hotel is OP die border tussen Egipte en Israel (aan Egipte se kant). As jy die foto hierbo bietjie groter maak sal jy sien daar staan Welcome to Israel.






Ons tweede groot scare was toe ons 'n HAAI gesien het. Ons was 'n HELE ent van die strand af weg. Het al langs die rif afgeswem en toe...... *imagine jaws musiek* "Dudu...dudu....dududududududu eek eek eek!" Dit was die "scary-ste" plasiek sak wat ek nog OOIT gesien het!!!! Ek het die groot silwer ding in die water sien dryf, en ek dog toe...voodat jy nou paniek saai, kom ons kyk of hy 'n vin het wat bo die water is. En WRAGGIES! Daar is die vin wat bo die water beweeg. As dit nie was vir die feit dat ek alreeds in die see was nie, het ek myself net daar natgemaak!
Pieter het nie so groot soos ek geskrik nie want hy het gehoop dis maanvis. Sy verbeelding is darem nie so sterk nie, en hy sien toe dat dit 'n plastieksak is, met 'n blerrie glas coke bottel wat bo op die ding dobber. Die bottel was dus die vin wat ek gesien het.
Ons het nie lank genoeg daar gebly om te bevestig dat dit wel 'n plastieksak was nie...maar kom ons los dit maar daar.
1 comment:
Dudu...dudu....dududududududu eek eek eek!"
hehehehe ... jou BANG-GAT!!
Post a Comment