Ons het dus die Maandag daar aangekom, maar het die oord eers die Do in daglig gesien!!! Ons is in die oggende VROEG daar weg en het laat in die aande eers terug gekom. Die ander mense wat saam met ons die trips gedoen het kon nie glo dat ons vir 2 sulke lang trips in ‘n ry kans sien nie. Wel as ek ‘n keuse het, sal ek dit nie weer doen nie, maar in die naam van toerisme doen mens baie ongewone dinge! hehehe

Hulle het daar ook vir ons 'n glas blaas demonstrasie gehad, om te sien hoe hulle die pragtige botteltjies maak. Dis die eerste keer dat ek sien hoe hulle glas blaas. Die outjie het lekker vir my gelag want ek dink ek het met my mond letterlik oop gesit en staar na hom toe hy dit doen. Dit was so interessant!
Dit was weird om die nommerplate ens te sien wat als in Arabies is!
Hierdie is natuurlik die hoogtepunt van die wereldbekende Cairo museum. Die soliede goue masker vat van Koning Tutankhamun se mummie af gekom het. Dit is ongelooflik om te sien watse weeldere en "beliefs" hulle gehad het. Die masker weeg iets soos 11kg, en dit is soliede goud!
Een van die shoppies wat die Ramadan lampe verkoop.
Ons was ook na 'n Papyrus fabriek toe. Hulle wys jou hoe maak hulle die papyrus en dan kan jy 'n paar stukke koop ook. Ek het vir my die ene hier bo gekry. Dit is 'n baie bekende beeld wat op die troon van koning Tutankhamun se troon is. Dit het 'n hele geskiedenis, maar ek sal eers weer moet gaan oplees waaroor dit presies gaan.
Queen Nefertiti.
No comments:
Post a Comment