Thursday, October 12, 2006

Totsiens Duncan

Ons groot vriend Duncan McKenzie het Dinsdag aand terug SA toe gevlieg - for good. Sy vrou Linda, bly nog vir 3 weke om haar kontrak klaar te maak en daan vertrek sy ook. Ons gaan julle BAIE mis hoor!!!
Ons was saam met hulle Heathrow toe. Daar was een of ander scare in een van die ander terminale, en daar is iets soos 2 000 mense ontruim, maar dit was toe darem ok, en dit het ons nie regtig geaffekteer nie.

Monday, October 09, 2006

Anniversary


Saterdag was my en Pieter se 2 jaar anniversary. Kan nie glo ons is al so lank saam nie! Dankie vir als goggo!

Waldo en Reoni het die vorige aand kom kuier en ons het 'n lekker groot ontbyt saam met hulle gemaak die volgende oggend om die celebrations af te skop.

Die aand hy het my surprize met 'n show en 'n ete daarna.

Nando's klink dalk nou nie soos die ideale plek waar mens jou "anniversary dinner" wil gaan eet nie, maar dit is waar ons heel eerste date meer as 2 jaar terug was, en ek het gedink dit was heel romanties om weer daarheen te gaan. Ons het erg lekker geeet.
Die show wat ons gaan kyk het was "Slava's Snow Show" en dit het in die Wimbledon teater gewys. Dit was erg weird - maar baie goed! Die spul narre doen goed wat glad nie sin maak nie maar dit is regtig goed. Ek weet eintlik nie hoe om dit te beskryf nie. Die hele teater was op 'n staduim vol bubbles, en toe was daar 'n REUSE "spinnerak" wat oor ons getrek is en later natuurlik die sneeu! Tot die strate om die teater le vol wit papiertjies - erg cool! Kom ons se net...as jy die kans kry - gaan kyk dit!

Aan die einde gooi hulle REUSE!!! groot balle in die gehoor in en hulle bons dan lekker rond terwyl hulle die ancor (hoe spel mens dit?) doen.
Hier is Slava en 'n sneeu bal.

Ek het hierdie van 'n website af gekry wat bietjie oor die show praat:

ABOUT THE SHOW AND PICTURES SNOWSHOW has taken the world by storm, delighting and touching audiences in over 80 cities across the globe andtransforming sensible adults into awe-struck children. It has been lavished with critical praise and awards including an Olivier. SNOWSHOW is unlike anything you have ever seen before - a world of wonder in which a bed becomes a boat, a web of cotton envelops the audience and one tiny piece of paper becomes a snowstorm that will, quite literally...BLOW YOU AWAY. A truly thrilling experience awaits you.

Russian clown Slava Polunin brings his brilliant physical comedy back to the Wimbledon Theatre, for a week of snowstorms, slow-motion slapstick and Eastern European black humour.A winner of the Time Out, Olivier and Drama Desk Award for unique theatrical experiences, this is a very strange show indeed to Western audiences, beginning with some slow-motion clowning that is occasionally inspired, but often just odd. As the evening continues, though, the pace builds up, reaching a dazzling special-effect laden climax that is among the most extraordinary things you will ever see at the theatre.A mixture of traditional physical comedy and hi-tech stagecraft that is a joy for adults and children alike.

Egipte vakansie!

Van 18 - 25 Sept het ek en Pieter die voorreg gehad om in Egipte te gaan vakansie hou. Ons het in 'n plek genaamd Taba gegaan wat heel noord op die Sinai deel van Egipte is - reg bo in die golf van Aquaba. Die Rooi see split basies in 2 arms aan die bokant, die een deel eindig in die Seuz kanaal...ons was aan die ander kant.
Ons het in 'n baie oulike oord gebly, die Sea Star. Hier bo is 'n foto wat ons een aand geneem het. Omdat ons die eerste dag laat eers daar aangekom het, en die volgende 2 dae op trips was, het ons vir die eerste 3 dae net gesien hoe lyk die plek in die aand!

Ons is SO bly dat ons nie self daar hoef te bestuur het nie - sal jy weet waarnatoe om te ry as al die pad tekens soos hierdie ene hieronder lyk???

Die plek is in die middel van nerens. Nee regtig! Imagine voor die aarde geskep was...toe was daar niks. Nou imagine daardie niks...en gooi 'n paar klippe by. DIT is hoe dit daar lyk! Ons oord het letterlik 5 km weerskante toe niks om gehad nie. Dit is aan die voet van die Sinai berge (waar Moses opgegaan het om die gebooie te gaan kry) Die berge is regtig mooi om te sien...maar as jy nou al so 5 min daarna gekyk het dan raak dit ook maar boring want dit is NET klip berge waar jy kyk. Niks grassies of groenigheid nerens nie.
Hier kan julle mooi die een groo swembad sien met die seester in. Daar is 'n lekker "pool bar" daar in die middel. Die mense het in die WARM son hier gele heel dag lank. Ek kon nie glo dat van die mense nie DOOD is van so lank in die son le dag na dag nie! Hulle het vir ons vertel dat die son blykbaar 30% warmer is daar, as enige ander plek in die wereld. Terwyl ons daar was het die tyd na wintertyd toe verander (so dis nou eintlik winter), maar ons kon maklik 7 uur in die oggend al 'n tan kry, en jouself verbrand as jy nie oppas nie. Let op na die berge agter die geboue. Wat die plek wel so aantreklik maak, is die see en die ongelooflike seelewe.
Hier is die swembad wat nader aan ons kamer was. Ons het 'n grooot kamer op die grond vloer gehad. Jy maak net jou skuifdeur oop en dan is jy amper in die swembad.

Ons het 'n all inclusive deal gehad wat jy als by die oord verniet kry. Al jou etes, koeldrank EN alkohol was ingesluit. Nie dat dit regtig wow was nie....die kos was maar regtig boring, en die local drank was ok, maar nie great nie. Die Fanta was egter fantasties!!! Fanta proe mos anders hier in Engeland as in SA. Maar in Egipte proe dit soos SA fanta - ek was in die 7de hemel.

Daar was nie vreeslik baie entertainment nie, maar ons het een aand na die "bellydancing" show toe gegaan. My oe het amper uitgeval! Daai meisie het als behalwe haar "belly" geskud! Dit was glad nie ons idee van bellydancing nie.

Thursday, October 05, 2006

Ons het Maandag aand redelik laat by ons Hotel in Taba aangekom. Ons kon nie wag om net te gaan slaap nie! Gelukkig was Pieter nog wakker genoeg om te sien dat daar ‘n trip Cairo toe vertrek die volgende oggend. 5 min later loop ons by die kantore uit met sommer 2 trips wat geboek is. (En is toe heelwat armer!) Die skok het egter gekom toe hulle vir ons se dat ons 5 uur al opgetel word!!! Ons het toe nou al reeds 2 ure dag verloor deur na ‘n ander tydsone toe te vlieg. So vir ons was dit soos om 3 uur in die nag opgetel te word! En wat dit NOG erger gemaak het was die feit dat dit die volgende dag dieselfde vroeg oggend gaan wees om Petra toe te gaan. L Gelukkig het ons geweet dit sal die moeite werd wees.

Ons het dus die Maandag daar aangekom, maar het die oord eers die Do in daglig gesien!!! Ons is in die oggende VROEG daar weg en het laat in die aande eers terug gekom. Die ander mense wat saam met ons die trips gedoen het kon nie glo dat ons vir 2 sulke lang trips in ‘n ry kans sien nie. Wel as ek ‘n keuse het, sal ek dit nie weer doen nie, maar in die naam van toerisme doen mens baie ongewone dinge! hehehe

Hulle het ons na 'n Egiptiese Parfuum plek toe geneem. Dit was erg interessant om te hoor hoe hulle dit maak. Het julle geweet dat meeste van die parfuum in die wereld se sleutel "geur" uit Egipte kom? Hulle verkoop die suiwer olie aan plekke soos Frankryk en hulle sit dan die chemicals en goed by en verkoop dit as parfuum. Ek en Pieter het elkeen vir ons 'n klein bottel van die olie gekoop. Die wat ons gekies het is van die min wat hulle nie uitvoer nie, en mens kan dit dus net in Egipte kry. Dit ruik erg lekker.

Hulle het daar ook vir ons 'n glas blaas demonstrasie gehad, om te sien hoe hulle die pragtige botteltjies maak. Dis die eerste keer dat ek sien hoe hulle glas blaas. Die outjie het lekker vir my gelag want ek dink ek het met my mond letterlik oop gesit en staar na hom toe hy dit doen. Dit was so interessant!

Dit was weird om die nommerplate ens te sien wat als in Arabies is!
Hierdie is natuurlik die hoogtepunt van die wereldbekende Cairo museum. Die soliede goue masker vat van Koning Tutankhamun se mummie af gekom het. Dit is ongelooflik om te sien watse weeldere en "beliefs" hulle gehad het. Die masker weeg iets soos 11kg, en dit is soliede goud!


Een van die shoppies wat die Ramadan lampe verkoop.


Ons was ook na 'n Papyrus fabriek toe. Hulle wys jou hoe maak hulle die papyrus en dan kan jy 'n paar stukke koop ook. Ek het vir my die ene hier bo gekry. Dit is 'n baie bekende beeld wat op die troon van koning Tutankhamun se troon is. Dit het 'n hele geskiedenis, maar ek sal eers weer moet gaan oplees waaroor dit presies gaan.
Queen Nefertiti.

Wednesday, October 04, 2006

Cairo en Piramides

Cairo was....ja wel...ek weet nie regtig nie... Ek is baie bly ek het gegaan...maar sal nie weer daarnatoe gaan nie. Daar is 25 MILJOEN mense wat in die stad bly. Nou neem in ag dat Londen omtrent 8 miljoen mense het... en selfs hier sukkel ons met vervoer ens. Kan jy jouself indink hoe lyk dit daar??? Daar is nie underground of bogrondse treine of busroetes nie. Die paaie is chaoties en almal ry net waar hulle wil.

Ons het 'n vroeg oggend vlug vanag Taba na Cairo gekry. Dit was effens duurder as die bus opsie, maar 2 ure op 'n vliegtuig in vergelying met 16 ure op 'n bus het dit die paar ponde ekstra die moeite werd gemaak. Dit was die weirdste vlugte. Dit is 'n charter airline met sulke "kots koetse" waamee mens vlieg. Almal op die vliegtuig het SO gelag want toe ons die middag terugkom het hulle ons so vinnig op die vliegtuig ingeprop en begin wegtrek dat daar skaars tyd was vir die koffie moffie om sy "safety anounement" te doen. Dit was so funny want hy het nog probeer vingers wys na die emergency exits toe - toe moet hy al hol om te sit want ons styg al op! Ek moet se dit was die naaste wat ek nog ooit aan 'n plane crash was - en ons het nog nie eers opgestyg nie! hehehe

In Cairo is daar HONDERDE, miskien duisende geboue wat net so staan en half verlate lyk. Daar is niks vensters of verf nie, en die kabels steek by die boonste vloer uit. Maar daar bly mense in! Dit het my heeltemal uitgefreak om te dink hoe mense in daai hitte in so gaatjie vir 'n huisie sal sit en daar is nie eers 'n venster nie!!! Maar mens sien tog sateliet skottels so hulle kyk darem TV. hehehe

Blykbaar betaal hulle nie erfbelasting as die gebou nie klaar gebou is nie. Dus hou hulle eenvoudig op bou, en dit lyk of daar nog 'n verdieping op moet kom ens.

Wel hier is die piramides in die agtergrond, en die Sfinks lanks Pieter.
Pieter gaan bietjie leeuloop!
Heirdie is onder by die Sfinks en van die piramides in die agtergrond. Ek moet erken...ek het meer verwag van die sfinks. Hy is glad nie so groot soos ek gedink het nie, maar dis nogsteeds cool om te sien! Ek het altyd gedink dis van ouderdom wat die ding se neus gebreek is - maar dit was toe Napoleon daar ingevaar het en begin bomme rondgooi het, wat die arme "dneus" in die stof gebyt het.
Hulle het ons na 'n uitkykpunt geneem so entjie van die piramides af sodat mens 'n mooi uitsig kan kry.

Tuesday, October 03, 2006

Ferry vanaf Egipte na Jordanie

Ons het die Woensdag 'n Trip geneem Jordanie toe om na die stad Petra te gaan kyk. Dit het VROEG oggend begin met 'n pickup van half 6 by ons hotel. Ons is toe na die Taba Marina geneem waar ons 'n ferry gekry het oor na Jordanie toe. Dit het 90 min geneem en dit was regtig 'n lekker trip.

Hier is Pieter met die koeldrank wat ons gekry het (check die Arabiese Fanta en Coke!)


Ons het in die stad Aqaba aangekom en daar is 'n helse groot vlag om jou welkom te heet. Die vlag het tot onlangs die wereld rekord gehou vir die hoogste vlagpaal in die wereld. Dit is iets soos 130m hoog en die vlag self is 30 meter lank. Dit is van suiwer sy gemaak en dit lyk so mooi!
Mens bevind jouself in 'n baie snaakse posisie as jy op hierdie ferry is... daar is een punt wat jy PRESIES in die middel van 4 LANDE is! Ons was reg in die middel van Egipte, Israel, Jordanie en Saudi Arabia se water. Dit was noggals cool om die als rondom jou te sien.


Hierdie is die Sinai berge - dit is baie mooi maar liewe ouers...ek wil nie elke dag daarna hoef te kyk nie. Dit is net klip en sand! Kyk hoe mooi blou is die water egter!
Hierbo is die InterContinental Hotel. Dit is so 10 km vanwaar ons oord was. Dis 'n nuwe oord wat 'n maand of wat terug eers oopgemaak het. Daar is oor die 500 kamers, en alles is baie baie luuks. Ons het egter die fout gemaak om een dag daarnatoe te gaan om te gaan snorkel. Hulle het ons nie mooi verduidelik hoe om in diep genoeg in die water in te kom om te gaan snorkel nie, en ek het myself op 'n tipe rif bevind in die vlak water en het myself op 'n paar plekke gesny, en ek het begin panic want ek kon nie weg daarvan kom nie. Ons het toe maar die res van die oggend op die strand, onder 'n sambreel gele en wag dat die taxi ons weer kom haal. Ek was baie bly om weer by ons ordinere strandjie uit te kom!

Monday, October 02, 2006

Petra - the Rose City (En Indianna Jones)

Petra is 'n stad wat uit ongeveer 2 dekades BC dateer. Dit is min of meer in die middel van Jordanie, en in die middel van NIKS! Die stad was vir honderde jare vergete tot 'n Sweedse ou dit weer "ontdek" het 150 jaar terug. Dit is huidiglik een van die die land se grootse bronne van inkomstes - daar is baie mense wat daarna wil gaan kyk.

Die beste "claim to fame" is die Indianna Jones fliek wat daar geskied is - Temple of Doom. Onthou julle al die slange en goed? Wel dit het hier gebeur.


Van die grotte in die sandsteen. Dit is baie cool om te sien. Ons het tot daar heel bo geklim. Dit was nie 'n grap nie!

Die amphi teater. Daar kan iets soos 15 ooo mense in sit en dit is UIT DIE BERG UIT GEKAP! Die sitplekke is nie klippe ens nie, dis een soliede stuk rots!!!

Die kleure van die rotse is ongelooflik!

En natuurlik moes ons klim to HEEL BO in die HITTE!!! Wel ons het 'n keuse gehad of ons tot daar wil gaan of nie, maar Mnr Gericke wil mos niks mis nie. Ek het blaas blaas bo op die berg aangekom.
Olifantjie. Dis hoe die wind die klip deur duisende jare gemaak het.

Hierdie is Petra se berge van ver af. Daar is NIKS....nee regtig...NIKS wat daar groei nie. Tog is daar mense wat daar in die klip woestyn 'n bestaan maak. Hulle word die Bedwin tribe genoem. Hulle het tente wat so hier en daar staan. Ek weet regtig nie hoe hulle dit doen nie!

Petra

En daar is dit toe nou! Die kamele! Ek was baie temted om op 'n kameel te ry, maar ek het besluit ek sal nie die arme dier die onreg aandoen nie. Hierdie spesifieke kameel het coke uit die blikkie gedrink!
Hierdie is binne die groot kamer in die Treasury. Dis groot - seker 15 by 20 meter! Dit is perfek uitgekap uit soliede rots uit. Die kleure in die steen is AMAZING!!!
Mens loop vir 1.2 km deur 'n rotsskeur wat omtrent so 3 - 6 meter breed is. Dit het deur die jare al baie erosie gehad, maar dit is ongelooflik om te sien. Die kleure is so mooi! Rooi, pienk, bruin, geel en oranje. Dit is seker so 40 meter hoog, en bo dit sien mens die helder blou lug.

Na die lang loop word mens beloon met jou eerste "glimpse" van die "main attraction" - die Treasury. Dit is 'n ongelooflike oomblik om dit te sien, veral na jy so ver geloop het en die geskiedenis van die plek gehoor het.



Hier is ons voor die asemrowende Treasury. Dit is als uit een solide stuk berg uit gekap!! Dit is presies simetries en daar is nerens 'n foutjie nie! Die details is ongelooflik!!!
Een van die kant ingange van die Treasury. Julle moet in ag neem dat hierdie goed al omtrent 200 jaar BC gemaak is - en kyk hoe groot en fantasties is dit!!!
As mens deur die lang "skeur" geloop het en verby die Treasury, kom jy by die stad uit. Hulle het tot dusver 17 DUISEND grotte hier gekry. Dit is waar die Nebatian mense daaaai tyd in gebly het. Die grot se grootte hang af van die grootte van die familie. Hierdie wat julle hieronder sien was "tombs" vir die belangrike mense gewees. As julle mooi kyk sal julle sien dat daar aan die bokant van die kerwings goed is wat lyk soos stelle trappe. Daar is bo op die graf 2 stelle trappe. Die een is sodat die gode kan afloop en jou siel kom haal, en die ander is sodat hulle saam weer na die hemele toe kan oploop. Kyk hoe klein is die mense wat daar onderloop in vergelyking met die kerwings!!
8, ja AGT km later het ons darem weer by die bus uitgekom. Ek het gedink ek gaan dood! 8km in die bergagtige klip woestyn in 40 grade celcius is NIE grappies nie, veral nie as die terugkomslag opdraende is nie!!!!

Dit was nietemin verseker die moeite werd!!!

Swem swem swem


Ons het lekker by die Hilton hotel gaan snorkel. Die hotel is OP die border tussen Egipte en Israel (aan Egipte se kant). As jy die foto hierbo bietjie groter maak sal jy sien daar staan Welcome to Israel.
As julle mooi kyk sal julle 'n baba walvis op een van die stoele sien le. Ons het soos royalty daar gele en ontspan. Die hilton was op daardie stadium toe omdat hulle iets aan die hotel doen , so daar is net so paar gaste hier en daar. Mens het basies al die geriewe, en jy hoef dit met niemand te deel nie.
Ekke met my "gear" - julle sal nie glo waar ek getan het nie!? Ek het so skuins streep op my VOET van die parravoet - dit lyk of ek met selftan lotian gespeel het, en bo my voete opgehou het!
Mooi view van die Hilton Hotel
Hier is die strand by ons oord - die Sea Star. Dit is 'n klein strandjie in die middel van nerens! Daar is sand ingery sodat dit darem soos 'n sand strand lyk, maar die HARDE realiteit tref mens as jy water toe stap. Klippies strand! En kombineer sonstrale van 40 grade en klippies en sagte kaal voetjies.... nie goed nie!!! Ons het egter erg lekker daar gele en relax en geswem en gesnorkel.
Daar is 'n ou vervalle jetty daar langs ons strand. Ons het daar ook gaan loer en dis waar ons die baie lionfish en inkvisse gesien het. Daar was ook 'n baracuda.
Pieter in sy snorkel outfit. Ons grootste "scare" vir die week in die water was toe Pieter op ons heel eerste duik homself moer toe geskrik het vir 'n helse blou ding reg agter hom. Dit was natuurlik toe sy eie parravoet se vin!!! Jou neut!

Ons tweede groot scare was toe ons 'n HAAI gesien het. Ons was 'n HELE ent van die strand af weg. Het al langs die rif afgeswem en toe...... *imagine jaws musiek* "Dudu...dudu....dududududududu eek eek eek!" Dit was die "scary-ste" plasiek sak wat ek nog OOIT gesien het!!!! Ek het die groot silwer ding in die water sien dryf, en ek dog toe...voodat jy nou paniek saai, kom ons kyk of hy 'n vin het wat bo die water is. En WRAGGIES! Daar is die vin wat bo die water beweeg. As dit nie was vir die feit dat ek alreeds in die see was nie, het ek myself net daar natgemaak!

Pieter het nie so groot soos ek geskrik nie want hy het gehoop dis maanvis. Sy verbeelding is darem nie so sterk nie, en hy sien toe dat dit 'n plastieksak is, met 'n blerrie glas coke bottel wat bo op die ding dobber. Die bottel was dus die vin wat ek gesien het.

Ons het nie lank genoeg daar gebly om te bevestig dat dit wel 'n plastieksak was nie...maar kom ons los dit maar daar.