Monday, August 06, 2007

Douglas

Een van die hoogtepunte van my tydjie in SA was toe ek, Zaan en Elrien (die pregnant fairy) vir die naweek pad gevat het Douglas toe om by Emmie te gaan kuier. Sjoe Emmie - dankie vir die groot bederf - ons het dit baie geniet!

4 terte - saam soos dit hoort (Henda waar was jy?) O ja en een baba tert onder links.


Ma se kind! Lianel is al amper 2. Kan nie glo die tyd het so gevlieg nie!

Nog 'n maatjie oppad. Ek en Elzanne het baie van die dinge van die lewe geleer by Elrien wat oor 'n maand kraam. Ek het heelnag nagmerries gehad oor kraam ens! hehehe

Sanri aka Strepie (binne die pens) het my so hard geskop dat my hand omtrent 5cm bo Elrien se maag gestop het. Dit was amazing!
Douglas sonsondergang - wow!
Botes familie - Emmie, Lianel en Corneel

Elrien Ekke en Elzanne
Klein Lianel in die bad
En daar is natuurlik gebraai en gekuier. Vir iemand soos ek wat in Engeland sit en nooit braai nie, was dit nou vir jou vet pret. Die res het lekker gelag omdat ek so happy was oor die braaibroodjies. Hier is Andre (Emmie se broer), Charles (Zaan se broer) en Corneel op hul pos.
En toe word ons dors........

No comments: