Kyk Ma - Ek is 'n aartappel boer!!!
Monday, August 06, 2007
Plaas!
Dit was erg lekker om op die plaas te gaan rondry waar Elzanne se broer boer. Dit 'n GROOOOT besproeings plaas met 19 spilpunte en die grond is op die deel waar die Oranje en die Vaal rivier bymekaar kom.


Charles - die boer - en die plaas se aartappel sakkies. As julle ooit weer De Hoek Sand se aartappels eet - ek het hulle uit die grond uit gehaal! (Ok ek het net 2 aartappeltjies van die 30 000 sakkies op daai veld help uithaal, maar dis die idee wat tel?!)
Een van die baie pompe op die plaas. Dis baie interessant om te sien hoe hulle werk.
Die Neus van die rivier - dis waaar die 2 riviere bymekaarkom. Wow! Ons het altyd op laerskool in Arries hiervan geleer.
Ek het nie gedink ek sal die son kan afneem nie...
Mens moet op hierdie foto kliek en hom groter maak om regtig te sien hoe mooi dit is...
Ek op 'n trekkertjie... Charles het ons gaan wys waar hulle die aartappels was en verpak ens. Ek het net gedink hoe lekker ek almal kan rondjaag met die trekkertjie. hehehe
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment