Tuesday, October 31, 2006

Totsiens Linda

Gister aand het ons weer die hartseer pad Heathrow toe aangepak om vir Linda te gaan afsien. Na 'n groot gespartel met haar bagasie (mens sal mos nou nie dink dat hulle sommer 42kg bagasie sal toelaat sonder 'n fight nie) het sy darem lewendig anderkant uitgekom, en het toe 'n laaste cider by die Weatherspoons genuttig.

Ons gaan haar ongelooflik baie verlang!!!! We laaaaaaf you Linda!
Hier staan sy en Pieter met van die goed wat toe maar uit haar tas gehaal moes word, en moet agterbly vir eers.

Monday, October 30, 2006

Halloween

Ek het vir die eerste keer 'n halloween pampoen gekerf Saterdag. Dis noggals harde werk om al die pitte en stringe uitgeskep te kry. Was vet pret. En so is nog 'n familielid gebore....

Ek en Pieter het altwee ons Heks outfits probeer - maar ek is nice en hy is 'n nare heks. Ek wou vir hom groen grimering aansit, en 'n groot "moesie/vrat" op sy ken plak...maar hy wou nie saam speel nie!
Kom ek stel julle voor aan Hans die pampoen.
Hans het heel naweek lekker lig gemaak in die kombuis, en mens kon hom mooi duidelik van buite af ook sien. Aangesien die horlosie ook nou weer aangeskuif het, is dit nou skielik net na 5 sommer pikdonker! So ons het 'n hele paar tea lights in hom uitgebrand.

Tuesday, October 24, 2006

Musiek

Delarey

Pieter het vir my hierdie nice Afr musiek video gewys op Youtube. Ek voel nou skoon patrioties! hehehe

Barton-le-Clay

Ons het Sondag by Pieter se skoonsus, se suster gaan kuier. Lauren bly so ent noord van Londen in 'n KLEIN dorpie, Barton-le-Clay. Dit is so mooi daar! Omdat dit nou herfs word was dit so mooi om deur al die lanings met die gekleurde bome en groen velde te ry. Gevoel of ons in 'n sprokies wereld is. Mens vergeet dat daar so mooi land buite Londen is !



Lauren het vir ons 'n ongelooflike Chicken Roast gemaak. Ons het ons vingers afgeeet. Hmmm!!! Ons sal sommer gou weer terug wees daarvoor! hehehe.
Ons het lekker gaan rondry - sy het die sights vir ons gaan wys. Als is so mooi en so groen! Sy werk in een van die kleinste dorpie in Engeland. Daar is 'n kerkie, 4 huise, en 'n diere kliniek. Dit is 'n groooot spesialis veearts praktyk met vrek baie dokters. Die diere moet vanaf 'n gewone veearts daarnatoe verwys word. Hulle doen groot operasies ens.


Baie dankie vir 'n heerlike dag en 'n net so heerlike ete!

Thursday, October 19, 2006

Vissie



Ek het hierdie prentjie van die vissie nou die dag op die internet gesien. Dit is 'n "wrasse" vis van een of ander aard. Ons het 'n klomp van hulle in Egipte gesien - hulle was my gunsteling. Die neon kleure is ongelooflik!

Monday, October 16, 2006

Baie prentjies!


Ek het weer lekker op die rekenaar rondgespeel en het hierdie oulike ding ontdek om die kiekies so saam te sit. As jy op dit sal kliek sal dit groter word en dan kan julle beter sien. (maar net as jy 'n vinnige konneksie het) Dis basies al die kiekies wat ons in Richmond park geneem het.

Richmond Park

Hoe stunning is dit nie? (die agtergrond) Daar is 'n dammetjie met eendjies en wilger takke wat in die water speel.Ons was Sondag saam met Linda in Ricmond Park. Dit is lekker maklik om daar te kom met die kar, en mens kan omtrent heeldag in die park rondry - so groot is dit! Binne in die park het ons heel toevallig 'n groot plantasie wat omhein is ontdek wat ons in gaan rondloop het. Dit was SO mooi!!! Gevoel of ons iewers in 'n woud was.
Linda mis haar man so dat sy besluit het om die boom company te hou.
Loer loer loer...
Incase julle gewonder het of ons nog lief is vir mekaar...
Kyk hierdie stunning paaaaikie wat ons mee gestap het. Dit het gevoel of ons in 'n sprokies wereld rondloop.

Kliek op die kiekies op hulle bietjie groter oop te maak.

Hier is so bietjie nuus oor die park:
"Richmond Park covers 2,358 acres and is Europe's largest urban walled park (the wall is 8 miles long). Its origins as a place for royal deer hunting go back to Edward I (1272-1307) and it still retains a 650+ herd of deer (Red & Fallow). The continuous grazing by the deer has shaped the park's habitats, maintaining stunning views over rolling grasslands and majestic parkland trees.
The 50 year old Isabella Plantation is one of the national treasures of Richmond Park. The plantation is a beautiful woodland garden that houses a fine collection of azaleas, including the National Collection of 50 Japanese azalea varieties. Rhododendrons, camellias, and magnolias thrive under a mature woodland canopy with many other acid-loving plants. The creation of the garden took some four years of continuous labour before it was open to the public."


Buite die plantasie lyk dit heeltemal anders, daar is groooooot oop stukke velde en groot stukke met farings wat skouer hoogte groei. Daar is ook dele met baie bome wat letterlik 'n woud is. En dan is daar natuurlik die bokke. Dit is SO weird om te sien hoe die grooooooot "krismis bokke" sommer so hier by jou verbyloop.

Fantasties!!!

En ek en Pieter het 'n bankie gekry waar hy vir my iets probeer wys het.

Dit was so mooi in die park! Hier loer Linda en Duncan agter 'n boom uit.


Daar is oral sulke oulike "wegkruip plekkies" in die tuine. Dit voel of mens heeltemal ontsnap van die wereld. Mens sal nooit se jys net 'n klipgooi van Londen af nie!





















Veld en mooi stroompies en bosse. Kyk die klomp bokke hier in die veld.

















Kyk die bokkie!!! Nee nee eitnlik is dit nie 'n bokkie nie - dis 'n blerrie bees van 'n bok! Dit is 'n Red Deer - 'n klein neef van die takbok en Santa se Reindeer. Hy was seker 4 meter van my af weg...heel rustig. Hulle is al so gewoond aan die mense ken karre en fietse ens.





Ek en Linda het 'n mooi bos met blomme ontdek - dit het so lekker geruik. Daar was 'n hele paar bumble bees ook daar besig.

Thursday, October 12, 2006

Totsiens Duncan

Ons groot vriend Duncan McKenzie het Dinsdag aand terug SA toe gevlieg - for good. Sy vrou Linda, bly nog vir 3 weke om haar kontrak klaar te maak en daan vertrek sy ook. Ons gaan julle BAIE mis hoor!!!
Ons was saam met hulle Heathrow toe. Daar was een of ander scare in een van die ander terminale, en daar is iets soos 2 000 mense ontruim, maar dit was toe darem ok, en dit het ons nie regtig geaffekteer nie.

Monday, October 09, 2006

Anniversary


Saterdag was my en Pieter se 2 jaar anniversary. Kan nie glo ons is al so lank saam nie! Dankie vir als goggo!

Waldo en Reoni het die vorige aand kom kuier en ons het 'n lekker groot ontbyt saam met hulle gemaak die volgende oggend om die celebrations af te skop.

Die aand hy het my surprize met 'n show en 'n ete daarna.

Nando's klink dalk nou nie soos die ideale plek waar mens jou "anniversary dinner" wil gaan eet nie, maar dit is waar ons heel eerste date meer as 2 jaar terug was, en ek het gedink dit was heel romanties om weer daarheen te gaan. Ons het erg lekker geeet.
Die show wat ons gaan kyk het was "Slava's Snow Show" en dit het in die Wimbledon teater gewys. Dit was erg weird - maar baie goed! Die spul narre doen goed wat glad nie sin maak nie maar dit is regtig goed. Ek weet eintlik nie hoe om dit te beskryf nie. Die hele teater was op 'n staduim vol bubbles, en toe was daar 'n REUSE "spinnerak" wat oor ons getrek is en later natuurlik die sneeu! Tot die strate om die teater le vol wit papiertjies - erg cool! Kom ons se net...as jy die kans kry - gaan kyk dit!

Aan die einde gooi hulle REUSE!!! groot balle in die gehoor in en hulle bons dan lekker rond terwyl hulle die ancor (hoe spel mens dit?) doen.
Hier is Slava en 'n sneeu bal.

Ek het hierdie van 'n website af gekry wat bietjie oor die show praat:

ABOUT THE SHOW AND PICTURES SNOWSHOW has taken the world by storm, delighting and touching audiences in over 80 cities across the globe andtransforming sensible adults into awe-struck children. It has been lavished with critical praise and awards including an Olivier. SNOWSHOW is unlike anything you have ever seen before - a world of wonder in which a bed becomes a boat, a web of cotton envelops the audience and one tiny piece of paper becomes a snowstorm that will, quite literally...BLOW YOU AWAY. A truly thrilling experience awaits you.

Russian clown Slava Polunin brings his brilliant physical comedy back to the Wimbledon Theatre, for a week of snowstorms, slow-motion slapstick and Eastern European black humour.A winner of the Time Out, Olivier and Drama Desk Award for unique theatrical experiences, this is a very strange show indeed to Western audiences, beginning with some slow-motion clowning that is occasionally inspired, but often just odd. As the evening continues, though, the pace builds up, reaching a dazzling special-effect laden climax that is among the most extraordinary things you will ever see at the theatre.A mixture of traditional physical comedy and hi-tech stagecraft that is a joy for adults and children alike.

Egipte vakansie!

Van 18 - 25 Sept het ek en Pieter die voorreg gehad om in Egipte te gaan vakansie hou. Ons het in 'n plek genaamd Taba gegaan wat heel noord op die Sinai deel van Egipte is - reg bo in die golf van Aquaba. Die Rooi see split basies in 2 arms aan die bokant, die een deel eindig in die Seuz kanaal...ons was aan die ander kant.
Ons het in 'n baie oulike oord gebly, die Sea Star. Hier bo is 'n foto wat ons een aand geneem het. Omdat ons die eerste dag laat eers daar aangekom het, en die volgende 2 dae op trips was, het ons vir die eerste 3 dae net gesien hoe lyk die plek in die aand!

Ons is SO bly dat ons nie self daar hoef te bestuur het nie - sal jy weet waarnatoe om te ry as al die pad tekens soos hierdie ene hieronder lyk???

Die plek is in die middel van nerens. Nee regtig! Imagine voor die aarde geskep was...toe was daar niks. Nou imagine daardie niks...en gooi 'n paar klippe by. DIT is hoe dit daar lyk! Ons oord het letterlik 5 km weerskante toe niks om gehad nie. Dit is aan die voet van die Sinai berge (waar Moses opgegaan het om die gebooie te gaan kry) Die berge is regtig mooi om te sien...maar as jy nou al so 5 min daarna gekyk het dan raak dit ook maar boring want dit is NET klip berge waar jy kyk. Niks grassies of groenigheid nerens nie.
Hier kan julle mooi die een groo swembad sien met die seester in. Daar is 'n lekker "pool bar" daar in die middel. Die mense het in die WARM son hier gele heel dag lank. Ek kon nie glo dat van die mense nie DOOD is van so lank in die son le dag na dag nie! Hulle het vir ons vertel dat die son blykbaar 30% warmer is daar, as enige ander plek in die wereld. Terwyl ons daar was het die tyd na wintertyd toe verander (so dis nou eintlik winter), maar ons kon maklik 7 uur in die oggend al 'n tan kry, en jouself verbrand as jy nie oppas nie. Let op na die berge agter die geboue. Wat die plek wel so aantreklik maak, is die see en die ongelooflike seelewe.
Hier is die swembad wat nader aan ons kamer was. Ons het 'n grooot kamer op die grond vloer gehad. Jy maak net jou skuifdeur oop en dan is jy amper in die swembad.

Ons het 'n all inclusive deal gehad wat jy als by die oord verniet kry. Al jou etes, koeldrank EN alkohol was ingesluit. Nie dat dit regtig wow was nie....die kos was maar regtig boring, en die local drank was ok, maar nie great nie. Die Fanta was egter fantasties!!! Fanta proe mos anders hier in Engeland as in SA. Maar in Egipte proe dit soos SA fanta - ek was in die 7de hemel.

Daar was nie vreeslik baie entertainment nie, maar ons het een aand na die "bellydancing" show toe gegaan. My oe het amper uitgeval! Daai meisie het als behalwe haar "belly" geskud! Dit was glad nie ons idee van bellydancing nie.

Thursday, October 05, 2006

Ons het Maandag aand redelik laat by ons Hotel in Taba aangekom. Ons kon nie wag om net te gaan slaap nie! Gelukkig was Pieter nog wakker genoeg om te sien dat daar ‘n trip Cairo toe vertrek die volgende oggend. 5 min later loop ons by die kantore uit met sommer 2 trips wat geboek is. (En is toe heelwat armer!) Die skok het egter gekom toe hulle vir ons se dat ons 5 uur al opgetel word!!! Ons het toe nou al reeds 2 ure dag verloor deur na ‘n ander tydsone toe te vlieg. So vir ons was dit soos om 3 uur in die nag opgetel te word! En wat dit NOG erger gemaak het was die feit dat dit die volgende dag dieselfde vroeg oggend gaan wees om Petra toe te gaan. L Gelukkig het ons geweet dit sal die moeite werd wees.

Ons het dus die Maandag daar aangekom, maar het die oord eers die Do in daglig gesien!!! Ons is in die oggende VROEG daar weg en het laat in die aande eers terug gekom. Die ander mense wat saam met ons die trips gedoen het kon nie glo dat ons vir 2 sulke lang trips in ‘n ry kans sien nie. Wel as ek ‘n keuse het, sal ek dit nie weer doen nie, maar in die naam van toerisme doen mens baie ongewone dinge! hehehe

Hulle het ons na 'n Egiptiese Parfuum plek toe geneem. Dit was erg interessant om te hoor hoe hulle dit maak. Het julle geweet dat meeste van die parfuum in die wereld se sleutel "geur" uit Egipte kom? Hulle verkoop die suiwer olie aan plekke soos Frankryk en hulle sit dan die chemicals en goed by en verkoop dit as parfuum. Ek en Pieter het elkeen vir ons 'n klein bottel van die olie gekoop. Die wat ons gekies het is van die min wat hulle nie uitvoer nie, en mens kan dit dus net in Egipte kry. Dit ruik erg lekker.

Hulle het daar ook vir ons 'n glas blaas demonstrasie gehad, om te sien hoe hulle die pragtige botteltjies maak. Dis die eerste keer dat ek sien hoe hulle glas blaas. Die outjie het lekker vir my gelag want ek dink ek het met my mond letterlik oop gesit en staar na hom toe hy dit doen. Dit was so interessant!

Dit was weird om die nommerplate ens te sien wat als in Arabies is!
Hierdie is natuurlik die hoogtepunt van die wereldbekende Cairo museum. Die soliede goue masker vat van Koning Tutankhamun se mummie af gekom het. Dit is ongelooflik om te sien watse weeldere en "beliefs" hulle gehad het. Die masker weeg iets soos 11kg, en dit is soliede goud!


Een van die shoppies wat die Ramadan lampe verkoop.


Ons was ook na 'n Papyrus fabriek toe. Hulle wys jou hoe maak hulle die papyrus en dan kan jy 'n paar stukke koop ook. Ek het vir my die ene hier bo gekry. Dit is 'n baie bekende beeld wat op die troon van koning Tutankhamun se troon is. Dit het 'n hele geskiedenis, maar ek sal eers weer moet gaan oplees waaroor dit presies gaan.
Queen Nefertiti.

Wednesday, October 04, 2006

Cairo en Piramides

Cairo was....ja wel...ek weet nie regtig nie... Ek is baie bly ek het gegaan...maar sal nie weer daarnatoe gaan nie. Daar is 25 MILJOEN mense wat in die stad bly. Nou neem in ag dat Londen omtrent 8 miljoen mense het... en selfs hier sukkel ons met vervoer ens. Kan jy jouself indink hoe lyk dit daar??? Daar is nie underground of bogrondse treine of busroetes nie. Die paaie is chaoties en almal ry net waar hulle wil.

Ons het 'n vroeg oggend vlug vanag Taba na Cairo gekry. Dit was effens duurder as die bus opsie, maar 2 ure op 'n vliegtuig in vergelying met 16 ure op 'n bus het dit die paar ponde ekstra die moeite werd gemaak. Dit was die weirdste vlugte. Dit is 'n charter airline met sulke "kots koetse" waamee mens vlieg. Almal op die vliegtuig het SO gelag want toe ons die middag terugkom het hulle ons so vinnig op die vliegtuig ingeprop en begin wegtrek dat daar skaars tyd was vir die koffie moffie om sy "safety anounement" te doen. Dit was so funny want hy het nog probeer vingers wys na die emergency exits toe - toe moet hy al hol om te sit want ons styg al op! Ek moet se dit was die naaste wat ek nog ooit aan 'n plane crash was - en ons het nog nie eers opgestyg nie! hehehe

In Cairo is daar HONDERDE, miskien duisende geboue wat net so staan en half verlate lyk. Daar is niks vensters of verf nie, en die kabels steek by die boonste vloer uit. Maar daar bly mense in! Dit het my heeltemal uitgefreak om te dink hoe mense in daai hitte in so gaatjie vir 'n huisie sal sit en daar is nie eers 'n venster nie!!! Maar mens sien tog sateliet skottels so hulle kyk darem TV. hehehe

Blykbaar betaal hulle nie erfbelasting as die gebou nie klaar gebou is nie. Dus hou hulle eenvoudig op bou, en dit lyk of daar nog 'n verdieping op moet kom ens.

Wel hier is die piramides in die agtergrond, en die Sfinks lanks Pieter.
Pieter gaan bietjie leeuloop!
Heirdie is onder by die Sfinks en van die piramides in die agtergrond. Ek moet erken...ek het meer verwag van die sfinks. Hy is glad nie so groot soos ek gedink het nie, maar dis nogsteeds cool om te sien! Ek het altyd gedink dis van ouderdom wat die ding se neus gebreek is - maar dit was toe Napoleon daar ingevaar het en begin bomme rondgooi het, wat die arme "dneus" in die stof gebyt het.
Hulle het ons na 'n uitkykpunt geneem so entjie van die piramides af sodat mens 'n mooi uitsig kan kry.