Nou ja - wat kan ek se - die van julle wat nie weet wie op hierdie foto saam met my is HET 'N GAT IN JULLE OPVOEDING! Dit was erg lekker om vir Gapi te sien optree, sommer 2 keer. Phillip het my sowaar as wraggies nog onthou ook van toe ek nog in Bloem gebly het en hulle gereeld in die Workshop en Wiesbaden opgetree het.
Jammies Jamnek (nie 'n clue hoe om dit te spel nie!) in stoep stories.
Ollie Viljoen ook in Stoep Stories saam met die Grey Kollege boereorkes.
Andre Swiegers. Oral om...om my heen...is dit blou..........tra lalalala
Ek en Elzanne het op die ingewing van die oomblik hierdie show gaan kyk. Sussie. Dit was flippen snaaks en ek is SO bly ons het dit gaan kyk!
Lize Beekman. Mense.... julle het nog nie iemand hoor sing met "siel en verstand" tot julle hierdie vrou gehoor het nie. Sy het die hele gehoor in trane gehad met haar emosionele stories en ongelooflike songs. Koop die CD's!!!
Lize Beekman se poster was oral
Lochner de Kock is Pieter se Pa se neef. Hy like dit om te claim dat hulle verlangs familie is. Al wat vir my saakmaak is dat ek gehoor het hoe sing hulle.................... enkeling.........vreemdeling.........tralalalalaa
Dewald - die Idols wenner
Ons het 'n show van Jak De Priester gaan kyk. Hy het dit gedoen gebasseer om die lewe van Johannes Kerkorrel, en hoe dit hom as jong kuntenaar geinspireer het. Ons het weereens great sitplekke gehad en dit was 'n baie goeie vertoning.
Dowwe Dolla
Ddisselblom
Dit was lekker om die klomp van Ddisselblom te sien optree. Lienka het 'n paar van haar solo song ook gedoen.