Ons het die naweek weer na Hampton Court Palace toe gegaan. (Dis daar waar ons Tracy Chapman ook gaan kyk het) Die keer was ons daar om die mooi tuine te sien, en te gaan piekniek hou. Die weer het mooi saamgespeel en dit was 'n fantastiese dag.
Ek en Pieter was al vorige kere deur die paleis self, so ons het meer tyd in die tuine spandeer, terwyl die ander mense deur die groooot paleis met al sy mooi vertrekke geloop het.
Daar is ongelooflike blombeddings reg rondom die groot geboue.
Daar is 'n GROOOOT "arch" wat toegerank is. Ek skat hy is so 4 meter hoog, en omtrent 100 meter lank. Dit is so mooi!
Ekke deur die blare
Lauren voor die paleis en mooi tuintjies. Alles is so mooi uiteengesit
Voor die een deel van die paleis is daar 'n oop tuin met groot grasperke. Rondom dit, is daar vreeslike mooi blom beddings. Elkeen lyk anders - dit is amazing!
Pieter het ook agter 'n blommetjie uitgepop!
Een van die fonteine in die tuin. Ek was SO hartseer toe ons daar was. Daar was 'n baba eendjie wat sy ma verloor het, en die arme dingetjie het so verward daar rond geswem. Sy stemmetjie is seker nou nog seer van al die benoude piep geluide. Ek het bietjie later weer daarnatoe geloop, en toe was sy ma darem daar - die arme dingetjie het so naby sy ma gebly - dit het gelyk of hulle vas aanmekaar is! Ek wonder of mens 'n eend in 'n woonstel kan aanhou.....
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
2 comments:
Nee - g'n eend in ons woonstel nie, asb - ek wil nie in die oggende wakker gepiep word nie!
;-)
P.
Shoe, maar dis pragtig! Eendag as ek groot is wil ek ook so 'n tuin hĂȘ.tata.e
Post a Comment