
Stuart. Dit is nou die tipiese image van my kollegas. Speel speletjies, terwyl hulle syp! Hy is ons Business developer. Maar hy sit heeldag en speel games op sy rekenaar - veral pool games.

Ons Verkoops Direkteur - dit is tipies hy - moan moan moan!

My baas se skoene - ons het gedink dis lekker snaaks.

Van links af: Matt, Tony en David. Matt was op 'n stadium my baas (en ek het flippen baie geld vir hom gemaak terwyl agteroor gesit het). Tony is die mees "image-bewuste" man wat ek ken. Hy straithen sy hare en gebruik meer roompies en "tan-lotions" as enige meisie wat ek ken - let wel: hy is NIE skeef nie! David is ons Direkteur - van management weet hy niks nie!

Hierdie is die presiese oomblik wat die bal gebreek het - Giles was eenvoudig TE sterk, en het die bal in sy bliksem in geslaan. Kyk sy gesig.

Dis nou Laura - sy is die office poppie. Sy het by die maatskappy begin werk as 'n receptionist toe sy 17 was. Sy is nou 25 en is by verre die "top biller". Sy doen op average so £40 000 se deals per maand. Sy verdien 'n kakhuis vol geld en het sopas nog 'n eiendom gekoop. Sy gaan deur staff soos ander mense deur toiletpapier gaan - niemand wil meer saam met haar werk nie. Sy voel 'n veer vir enige ander persoon en sal op haar kollegas trap om iets te kry. Die management dink natuurlik sy is die beste ding op aarde.

Ek en my baas, Sara. Sy is 'n stunning mens en dit is baie lekker om saam met haar te werk.

My Windhoek kollega - Coenraad. Ons sit heeldag en aldag en klets in Afrikaans

Ekke in aksie - kyk hoe bang lyk ek vir die bal. hehehe.
No comments:
Post a Comment