
Hulle het 'n vlak 3 Heatwave waarskuwing uitgestuur en daar word verwag dat daar dalk sterftes onder veral oumense en kinders kan wees.

Let me paint the picture more clearly….. die temperature op die busse kan vandag 52 GRADE CELCIUS bereik, en op die underground kan dit 48 GRADE word!!! Die mense het groot uitspraak daaroor gelewer, want daar is wette wat se dat diere nie eers vervoer mag word in omstandighede waar dit warmer as 27 grade is nie.
En dit koel ook nie regtig af deur die nag nie. Dit was laas nag 23 grade reg deur die nag.
Almal loop maar met hulle botteltjies water rond en vee maar die sweet af. Ons het gelukkig ‘n aircon in die kantoor – maar ek is ook nie aldag seker dat hy werk nie.

Hoe verlang ek nou ons groot ou swembad in Dan Pienaar in Bloem! [En my kar (die yskas...hehehe) se aircon wat nooit behoorlik gewerk het nie]
1 comment:
Miskien kry jy warm omdat jy net so HOT is!!!
:->
Post a Comment