Tuesday, July 04, 2006

Kuiergaste

Elindi en Elana het die week bietjie in London kom kuier, en dit was lekker om hulle te sien. Alhoewel hulle by ons gebly het, het ons hulle skaars gesien. Kyk...as daar nou iemand is wat sightseeing ORDENTLIK en DEEGLIK doen, is dit die 2 susters!
Ek het nog nooit gehoor van iemand wat van 9 uur in die oggend, tot half 9 in die aand in 1 museum kan spandeer, en nogsteeds nie genoeg gesien het daar nie!

Hier sit ons een aand by die Leather Bottle pub. Dis net na dis son gesak het, so half 11 in die aand!
Linda, Duncan en Phil het ons een aand kom join vir 'n braai in die park. Elindi en Elana was heel verbaas oor hoe ons soos Suid Afrikaners kan kuier tot laat in die aand! (Buite)
Sondag was WARM!!! Het heerlik in die son by die Leather Bottle geeet. Sunday Roast bly darem maar lekker.

Ons het die naweek weer die sonskyn ten volle benut en dit was heerlik om tot laaat buite te kan wees.

1 comment:

Anonymous said...

hehehe .. is jy bort? Nog 'n kleurskemaverandering?

Ek hou van hierdie ene.

Los dit nou net asb vir 5 min (of verkieslik langer) voordat jy dit weer verander.

;-)

P.