Friday, January 05, 2007

Shanklin en omgewing

Daar is pragtige dorpies op die Suid Oostelike deel van die eiland. Mooi sand strande en ongelooflike natuurskoon. Net buite Shanklin het ons gestop en so bietjie gaan stap - glad nie geweet wat op ons wag nie... Daar is baie baie baie staproetes en voetpaaie op die eiland. Ons het hier op een beland en so klein entjie met hom gestap. Dit was SO mooi! Hierbo is Pieter in 'n ou vervalle geboutjie wat lank terug 'n "lookout" was. Dit is al bietjie toegegroei, maar die uitsig van daar af (oor 'n baai en oor die see) is ongelooflik.
Die Duiwel se skoorsteen. Het my noggals aan die kangogrotte se liefdestonnel laat dink. Maar dit is gelukkig oop bo jou, en dis net so 15 meter lank. Mens moet maar mooi vashou om nie te gly op die mos en blare wat op die trappies is nie - en daardie handreling is VREK koud - maar jy klou daaraan soos nog iets! Ek kom uit die skoorsteen uit.


Blaaskansie. Lyk dit nie vir julle soos Knysna nie?


Pragtige ou "light house" aan die suide punt van die eiland.


Ons was hier op Boxing day, so meeste van die plekke en besighede was toe. Maar die Steamer pub was propvol en dit was lekker jolig daar binne.

Thursday, January 04, 2007

Godshill

Die pragtige dorpie is letterlik wat dit se - God's hill. Die dorpie is gesentreer om 'n mooi ou kerk wat op 'n heuwel in die middel staan. Godshill is bekend vir die klomp klein "Tea houses" en klein winkeltjies. Dit was so lekker om daar te gaan rondloop tussen die ou grasdak huisies en winkeltjies. Daar is ook 'n model village wat ons graag wou gaan sien, maar dit was ongelukkig toe.

Meeste van die toeriste besighede maak toe in die winter. Die eiland "survive" op onder andere toerisme, maar gedurende die winter maande is daar nie naastenby die hoeveelheid mense wat daar in die somer is nie. In die somer stroom mense in hulle hordes daarnatoe want die eiland het lieflike sand strande en dis blykbaar amazing somer weer. (iets wat nie algemeen is in Engeland nie) Al wat ek weet is dat ons reeds gesukkel het om parkeerplek te kry in die dorpies, so ek wil nie eers weet hoe vol dit is in die "peak season" nie. Behalwe vir die model village, en 'n butterfly farm, was alles wat ons wou sien, darem oop.

Pieter het ingestem dat ek sy voete kan laat afkap as hy rondloop.

Ek het lekker "wholegrain musterd" in so bietjie cider vloeistof gekoop hier. Nou het ons net 'n stukkie steak nodig.
Meeste van die huisies lyk so. Hierdie is 'n "Tea house". (of in ons terme, 'n koffiekroeg) Hulle is bekend om eg britse goed te bedien soos "koek en tee" en goed soos scones met double thick clotted cream en konfyt. Ons het dit gelukkig 'n mis gegee.

As julle julself wel eendag daar bevind, kan ek verseker die Griffon family pub aanbeveel - daar is 'n groooot no smoking area en die kos is heerlik. Ek laat myself net een keer 'n jaar toe om 'n gammon steak te eet (Ok Kersfees is daar ook altyd Gammon, maar dis nie heeltemal dieselfde nie), en die Griffon pub "did me proud". hehehe

Almal het so bietjie geluk nodig elke nou en dan. (dis nou weird om my lang hare te sien, want ek het later daardie dag 'n draai by die haarkapster gemaak.
Lieflike plekkie wat kersfees goedjies verkoop. Ons was daar 2 dae na kersfees - nog net 11 maande voor hulle groot begsigheid doen. Sjoe.
Die kerk in Godshill. Ons moes 'n stywe bult uitklim om daar te kom. Dis pragtig, en die uitsig van daarbo oor die dorpie is amazing! Ek wonder hoe lank my kersie daar gebrand het...

Wednesday, January 03, 2007

Musiek video

Jakkie Louw Sannie Kriel

Ek het gister aand hierdie video op Youtube raakgesien - like dit noggals

Calbourne

Ons het gaan rondry en na die pratige dorpies op die eiland gaan kyk.

Hierdie is 'n klein ou plekkie. Die voordeur is so laag - ek sal moet buk om daar in te kom.


Mooi oop velde. Dit was amazing om te sien, want in Londen sien ons mos nooit die horison nie.


Bekende straat in die village - Winkle street. In die somer is al die huisies oortrek met plante en blomme en almal gaan daarheen om dit te gaan kyk.
Hierdie was vir my SO snaaks. As jy die foto bietjie van nader bekyk (of op hom kliek om hom groter te maak) sal jy sien hoe kom die stoom uit die "poef" uit.

The Needles

Een van die goed wat bekend is op die Isle of Whight is die Needles. Dit is
'n natuurlike verskynsel (dit klink weird!) en dit is basies 'n klomp skerp rotse wat onder die punt van die eiland langs 'n skerp krans staan in die see.




Daar was in die 60's 'n "rocket testing site" hier. Mens kan gaan kyk waar die vuurpyle "geanker" was. Daar is staal deure wat omtrent 2 meter dik is! Die vuurpyle is basies daar vasgemaak, en dan aangeskakel, maar hulle was so vasgemaak sodat hulle nie opstyg nie.

Dit was noggals koud en ons was half windverwaaid (is dit 'n woord?) - maar dit was erg lekker om daar te gaan rondstap. Kyk - lyk Pieter nie oulik in my serp nie?




Dit was 'n hele entjie se stap/klim daarnatoe. Mens parkeer 'n ent weg, en dan klim jy die bult uit na die punt toe waar die mooi uitsig is. Dit was verseker die klim die moeite werd.

Kersdag

Dit was nie lekker om weereens Kersdag sonder my familie te wees nie. Maar die lekker kuier saam met Pieter en Lauren het darem amper opgemaak daarvoor. Dit was koud maar darem nie nat en gagga nie.

Ons het lekker tussen dit bote rondgeloop. Ek wil so graag 'n ou bootjie he! Ons het 'n advertensie vir een gesien van £23 ooo!!! Wil iemand my sponcer?

Pieter het hierdie "tit bits" van sy secret santa by die werk gekry. Ons het lekker daarvoor gelag, want die koekies binne in is verskillende vorms van "vroulike bates"

Lauren het vir my en Pieter hierdie cool pantoffels gegee.

Xmas dag continued

Kers oggend het ons die hoop persente aangedurf.
Ek was baie impressed met al my hoedjies! (net jammer ek lyk nog half aan die slaap!)
Lauren was ook erg opgewonde oor haar pakkies.

Ons het op kersdag in die hawe gaan rondloop in ons Xmas "attire". Was eitnlik 'n lekker dag.

Pieter het gesorg dat ons kele nie droog word nie, en dit is aangehelp deur 'n bottel JC le Roux - al die pad van die SA shop af!
Ek het oukersaand my ma se persent oopgemaak - Dankie Ma en Pa en al die Faure's!


En natuurlik was daar die tradisionele Britse Xmas maaltyd. Kalkoen, Gammon, Roast Potatoes, Brussel Sprouts en Yorkshire puddings. Ek moet se ek was noggals trots op myself (Dankie ook aan Marks & Spencer waar ons meeste van die kos gekry het)

Tuesday, January 02, 2007

Ons huisie en rondom ons

Ons het in 'n private merina gebly so 10 min se ry buite die eiland se "hoofstad" Newport. Dit was perfek want dit was stil en rustig, maar naby genoeg aan die dorp en winkels. Die huise is ORAL vol kers liggies en alles lyk so mooi as mens in die donker rondry. (dis 4 uur die middag al donker). Daar was ook 'n groot ou wrak in die merina. Die tannie wat my hare gesny het later die week het my vertel dat sy 28 jaar terug hier kom "sokkie" het. Hulle het groot disco's op die steamer gehad in haar dae.



Te danke aan die vriende en veral die SA Gericke's wat so baie pakkies oorgestuur het, het ons 'n reuse vrag persente onder ons £1 kersboompie gehad.

En dit als vir net 3 mense!
Ek het heel toevallig die plekkie op die internet raakgesien en was baie bly om te sien dat hy nog beskikbaar was vir die week oor Kersfees. Ek wens ek kan daar bly en dat ek ook 'n mooi boot in die water voor die huis het.



Ons het natuurlik die kaggelvuur ten volle benut. Was so lekker!

Hier gaat ons...


Saterdag 23 Desember het Ek, Pieter en Lauren die pad gevat af Isle of Wight toe vir 'n Xmas wegkom kansie.


Arme Kaspaas was VOL gelaai. Pieter se woorde was: It takes a special kind of lady to fill a car this big to the brim for a 1 week holiday...

Ons het die ferry vanaf Portsmouth gekry oor na die eiland toe. Dit is gelukkig nie te ver van Londen af nie.
Die ferry's is baie goed toegerus en dis lekker gemaklik binne. Ons het bietjie buite gaan rondloop om die wereld te bekyk. Dit vat net 40 min om by die eiland te kom, en daar is baie bote wat ook daar rondvaar.