Wednesday, August 09, 2006

Gauteng...

Ons het lekker in Gauteng gekuier saam met Pieter se familie. Hier voer 'n trotse oom (Pieter) vir Robert. Dit was die eerste keer dat hulle mekaar nou ontmoet het, en Pieter het vreelik lekker met die kleinding gespeel. (nee...moenie idees kry nie!)

Pretoria se blou reen - hoe pragtig!
Al die Gerickes. Pieter en sy broer Louis, en sus Liezel agter, an sy Ma en Pa en Louis se vrou, Portia, en Robert voor.
Ek het darem so paar van my mense ook gesien - my Ma en Pa het my op Johannesburg lughawe kom verras - sjoe- wat 'n tranedal! En ons het lekker by my Tannie in Pta gekuier. Hier is my Tannie Eleen, Niggie Elreth en my ouma saam met my en my moeder.
Die Gericke gesin. Almal saam op Moedersdag.
Gericke kids - kyk hoe fraai.
Broers - Ek en Pieter was heel geskok oor al die vleis. Ons kon nie eers onthou wanneer laas ons so baie vleis gesien het nie! hehehe

Tuesday, August 08, 2006

The Mauwntain Bru...

Mens kan darem nie in die Kaap wees sonder om ten minste 2 dosyn kiekies van ie berg te neem nie!




Bottervliee en grillerige goeters!

Ons het ons laaste dag in die kaap by die Butterfly world buite die Paarl spandeer. Dit was natuurlik 'n groot hoogtepunt vir my. Die temperatuur word binne beheer en dit voel of mens in 'n tropiese woud instap. Juis daarom kan hulle skoenlappers daar aanhou wat nerens anders in SA kan oorleef nie. Daar is honderdes van die goetertjies wat om mens rondvladder.

Mooie groene

Hierdie skoenlapper lyk dalk nie so mooi nie - maar jy sal jou mening oor hom verander as jy sien dat hy omtrent so groot soos jou kop is!!!

En toe... die onverwagte "ekstras". 'n insek en reptiel afdeling. Ek kry nou nog 'n rilling as ek daaraan dink. Die van julle wat my ken weet mos dat ek nou nie juis boesemvriende is met gedierte se kind nie. Daar was 'n ou swart vrou wat daar gesit het om hulle op te pas. En terwyl ek en Pieter nog so na die skerpioene en spinnekoppe in hulle TOE geseelde glas bokse staar, kom druk sy 'n helse tarantula onder ons neuse in. Toe - hou vas. Ek het amper net daar 'n prolaps gehad!

Ons het toe ewe ordentlik NEE DANKIE gese, en vir die deur begin mik, maar toe pluk sy 'n slang daar uit 'n boks. Ek wou nog 'n geluid los, toe is die ding al in Pieter se hande. Hulle het my toe ook oorreed om die ding vas te hou, en na 'n hele 5 sekondes (net genoeg om 'n foto te neem), was hy weer terug in sy boks!

Die vrou vertel ons toe dat daar nog net 1 is wat ons darem moet vashou, maar toe ons sien dat sy vir die glas kas met die luislang in mik, het ek vinnig voete gemaak!
Ek was baie bly om toe weer terug tussen die bottervliee te wees! Kyk hierdie mooi tropiese habitat!
Hierdie kiekie is dalk nou nie so amazing nie - maar kyk bietjie wat sien jy... Die ou dingetjie se vlerkies is deurskynend! Dit is ongelooflik om te sien! Dit is so mooi om hulle te sien rondvlieg!
Beslis die moeite werd om te gaan besoek! (vat dalk maar net 'n skoon stel onderklere vir jou saam!)

Monday, August 07, 2006

Kuier en rondry.

Ons het erg lekker gekuier in die goeie ou kaap... Dit is altyd so lekker om weer op te vang met die mense wat jy so mens so min sien.

Ons het een dag bietjie uitgery na die wynplase en het so lekker gekuier. Hier is Pieter en Anina (sy ou skool vriendin) by Mooi berge padstal tussen Stellenbosch en die Strand.
Hier pose die 2 voor 'n mooi ou kerk in Franschoek.
Ons het vir MT (my ou Londen buddy) ook gaan haal in Stellenbosch en dit was erg lekker om weer op te vang - hy studeer nou deesdae en gaan eendag 'n baie bekende chef wees!
En toe staan ons ook sommer voor die kerk.
Nog 'n surprize - Liezel Burger ('n ou Technikon vriendin) het ook kom oe wys en ons het lekker gekuier en gesels oor die ou dae. Saam met ons is die beer wat ons by die huis agente gekry het toe Pieter die woonstel gekoop het.

Kaap dinge

Hier is 'n kiekie van my by Boulders beach - kyk al die pikkewyne agter my. Daar was honderde van hulle in die area. Hulle lyk so oulike as hulle uit die water geswem kom...ek dink nogsteeds ons kan een in die bad aanhou...

Net om te wys ek was actually by die regte strand!
Ekke op Chapmans Peak - agter my is Houtbaai. Ek dink dit was die naaste aan die hemel wat ek nog ooit was.
Pieter by die begin van Chapmans Peak. Kyk daai ongelooflike strand!
Ons het 'n draai by die Rhodes Memorial gaan maak. Dit was ongelukkig bietjie mistig, maar aai, amazing. Die pad wat mens daarnatoe ry is so mooi, bome en bosse en hier en daar spring 'n bokkie en 'n paar hasies rond.
Uitkyk na Houtbaai - wow!

Tuesday, August 01, 2006

Kuier saam met die pensionarisse



Ek moet erken ek was nie TE opgewonde toe my ouers se dat hulle vriende oorkom om saam met my te kuier nie (eintlik wou hulle net met Pieter afshow) - en as 'n treat maak my ma AFVAL! Sies man!

Anyway...dit was een groot makietie en ons het erg lekker gekuier.

vlnr: Pa (Piet Faure), Ma, ekke, Tannie Jackie, Oom Piet (Badenhorst) Tannie Sandra en Oom Piet (Malherbe)



So dit was ons en die spul Piette. (en Pieter)

En ek sal vir jou se - hulle het ons jongeres almal onder die tafel ingekuier! Ek en Pieter kon nie byhou nie.

Hierdie spul het nog baie skop - moenie met hulle mors nie!

Ons maak weer so - maar kom ons hou die keer by skaap boud en skorsies asb!








Ek en die 3 Piette!

Friday, July 28, 2006

My familie by die huis...

Dis nou hoogtyd dat van ons vakansie fotos op my blog sit... hier is so paar van my fandamily. Dis sleg om altyd so lank, so ver van hulle af weg te wees, en dit word nooit makliker om weg te gaan nie...maar dis nou maar een van daardie dinge wat mens net moet aanvaar en aanbeweeg.

Herman en Pieter by die Oliewenhuis in Bloem. Daar is 'n ou "merry-go-round" wat einlik 'n kunswerk is in die tuine. Pieter is nou in St 5, en Herman in St 7 - dis erg, want net nou die dag het ek hulle in die kerk ingedra toe hulle gedoop geword het!
Almal van ons - vir die eerste keer ooit is al die dogters en hulle partners bymekaar. Van links is Pieter, George, Liezel, Anelle, Ma, Ernest en Pa. Voor sit ek en die kids.
Anelle en Ernest. Hulle boer buite Kuruman en Anelle hou skool op die dorp. Anelle is 18 jaar ouer as ek.
Ek en die kids - Herman en Pieter is al amper net so lank soos ek.


Die 3 Faure susters. Ek Anelle en Liezel. Ek dink nog altyd dat my ma bietjie rondgeloop het in jaar jong dae - want Anelle het rooi hare en groen oe, Liezel het bruin hare en bruin oe, en ek het blonde hare en blou oe.....

ONS GESIN - Ma Pa en die 3 dogters.

Rounders in the park

Die hele maatskappy was gister middag toe vir Rounders in Green Park. Dit was kamstig 'n beloning vir ons harde werk - maar eintlik was dit net 'n verskoning om uit te kom en te gaan drink. Ons was geskok om te sien hoe droog die park was - ek het nog nooit gesien dat Londen so droog en geel is nie. Ongelukkig het die bal gebreek na so uur, en ons kon toe nie klaar speel nie. Dit was natuurlik toe die perfekte verskoning om toe verder in die pub te gaan sit. Ek is baie bly dat ek gekies het om eerder huis toe te gaan. Daar is van die ouens wat tot vanoggend 6 uur nog gesit en Jack Daniels shots gedrink het! Meeste van die kantoor het groot babelas, en hier word nie veel werk gedoen nie.



Stuart. Dit is nou die tipiese image van my kollegas. Speel speletjies, terwyl hulle syp! Hy is ons Business developer. Maar hy sit heeldag en speel games op sy rekenaar - veral pool games.



















Ons Verkoops Direkteur - dit is tipies hy - moan moan moan!













My baas se skoene - ons het gedink dis lekker snaaks.











Van links af: Matt, Tony en David. Matt was op 'n stadium my baas (en ek het flippen baie geld vir hom gemaak terwyl agteroor gesit het). Tony is die mees "image-bewuste" man wat ek ken. Hy straithen sy hare en gebruik meer roompies en "tan-lotions" as enige meisie wat ek ken - let wel: hy is NIE skeef nie! David is ons Direkteur - van management weet hy niks nie!









Hierdie is die presiese oomblik wat die bal gebreek het - Giles was eenvoudig TE sterk, en het die bal in sy bliksem in geslaan. Kyk sy gesig.












Dis nou Laura - sy is die office poppie. Sy het by die maatskappy begin werk as 'n receptionist toe sy 17 was. Sy is nou 25 en is by verre die "top biller". Sy doen op average so £40 000 se deals per maand. Sy verdien 'n kakhuis vol geld en het sopas nog 'n eiendom gekoop. Sy gaan deur staff soos ander mense deur toiletpapier gaan - niemand wil meer saam met haar werk nie. Sy voel 'n veer vir enige ander persoon en sal op haar kollegas trap om iets te kry. Die management dink natuurlik sy is die beste ding op aarde.












Ek en my baas, Sara. Sy is 'n stunning mens en dit is baie lekker om saam met haar te werk.





















My Windhoek kollega - Coenraad. Ons sit heeldag en aldag en klets in Afrikaans













Ekke in aksie - kyk hoe bang lyk ek vir die bal. hehehe.

Monday, July 24, 2006

Tan gone wrong...


Ons het so rukkie terug een dag so bietjie te veel tyd in die son spandeer en ek het nie TE goed daarvan afgekom nie. Gelukkig of sal ek se ongelukkig, het ek my groot sonbril aangehad, en net om dit gebrand. My neus was bloedrooi, en Nadia het my Panda beer gedoop omdat ek groot wit oe gehad het met sirkels rondom.

Wednesday, July 19, 2006

‘n WARM affere!

Ja wel…vir die van julle wat nie weet nie… dis vandag die warmste dag in London ooit! (moontlik) Hulle verwag dat dit bo 38 grade gaan word. Nou vir ons gewone SAners klink dit dalk nou nie SO erg nie. Maar julle moet darem in ag neem dat die mense hier nie “equipped” is vir hitte nie. Dit kan -10 wees in die winter en ons sal steeds almal lekker snoesig warm wees, maar hulle weet nie lekker hoe om die hitte te hanteer nie. Dit is ook ‘n ongelooflike bedompige hitte, so mens kry ‘n instant hoofpyn as jy buite is.



Hulle het 'n vlak 3 Heatwave waarskuwing uitgestuur en daar word verwag dat daar dalk sterftes onder veral oumense en kinders kan wees.

Dit was vanoggend reeds 27grade toe ek half 8 uit die huis uit gestap het.

Let me paint the picture more clearly….. die temperature op die busse kan vandag 52 GRADE CELCIUS bereik, en op die underground kan dit 48 GRADE word!!! Die mense het groot uitspraak daaroor gelewer, want daar is wette wat se dat diere nie eers vervoer mag word in omstandighede waar dit warmer as 27 grade is nie.

En dit koel ook nie regtig af deur die nag nie. Dit was laas nag 23 grade reg deur die nag.

Almal loop maar met hulle botteltjies water rond en vee maar die sweet af. Ons het gelukkig ‘n aircon in die kantoor – maar ek is ook nie aldag seker dat hy werk nie.

Hulle het ‘n artikel in die koerant vanoggend waar hulle wys hoe die strate in plekke smelt – this is some serious stuff!

Hoe verlang ek nou ons groot ou swembad in Dan Pienaar in Bloem! [En my kar (die yskas...hehehe) se aircon wat nooit behoorlik gewerk het nie]

Monday, July 17, 2006

Jussie julle!

Ek was die naweek SO trots op myself. hehehe

Ek het besluit ek gaan probeer lamb shank gaarmaak. Ek het dit nog nooit gedoen nie, en ek dink ek het dit nog net 1 of 2 keer gesien - maar Nigella (die chef) het dit so maklik laat lyk op die TV. En as sy dit kan doen...hoekom kan ek nie ook nie.

(let wel - hierdie kiekies het ek sommer van die internet af gekry - dis nie ons kos nie - ons besit nie sulke mooi borde of tafeldoeke of plekmatjies nie! hehehe)



Ek sal vir julle se...dit was HEERLIK! Die vleis het letterlik van die bene afgeval! Ek is oor die algemeen maar dom met vleis, en my vleisies is gewoonlik droog of taai - maar nie die keer nie! Ek en Pieter en Kristi het baie lekker geeet. Volgende keer sal ek net onthou om dit nie eers 7 uur in die aand te begin gaarmaak nie.

Friday, July 14, 2006

Eina!!!


Hoekom is dit so snaaks om te sien hoe ander mense seerkry?

hehehe!

Accidents

Ek dare jou om nie te lag nie!

Accidents

Friday Comedy

Who's Line Is It Anyway?


Kyk bietjie hierdie video as julle kans kry. Die van julle wat al gereeld Who's line gekyk het sal dit waardeer - ek het die spulletjie nog nooit so sien lag nie.