Tuesday, October 03, 2006

Ferry vanaf Egipte na Jordanie

Ons het die Woensdag 'n Trip geneem Jordanie toe om na die stad Petra te gaan kyk. Dit het VROEG oggend begin met 'n pickup van half 6 by ons hotel. Ons is toe na die Taba Marina geneem waar ons 'n ferry gekry het oor na Jordanie toe. Dit het 90 min geneem en dit was regtig 'n lekker trip.

Hier is Pieter met die koeldrank wat ons gekry het (check die Arabiese Fanta en Coke!)


Ons het in die stad Aqaba aangekom en daar is 'n helse groot vlag om jou welkom te heet. Die vlag het tot onlangs die wereld rekord gehou vir die hoogste vlagpaal in die wereld. Dit is iets soos 130m hoog en die vlag self is 30 meter lank. Dit is van suiwer sy gemaak en dit lyk so mooi!
Mens bevind jouself in 'n baie snaakse posisie as jy op hierdie ferry is... daar is een punt wat jy PRESIES in die middel van 4 LANDE is! Ons was reg in die middel van Egipte, Israel, Jordanie en Saudi Arabia se water. Dit was noggals cool om die als rondom jou te sien.


Hierdie is die Sinai berge - dit is baie mooi maar liewe ouers...ek wil nie elke dag daarna hoef te kyk nie. Dit is net klip en sand! Kyk hoe mooi blou is die water egter!
Hierbo is die InterContinental Hotel. Dit is so 10 km vanwaar ons oord was. Dis 'n nuwe oord wat 'n maand of wat terug eers oopgemaak het. Daar is oor die 500 kamers, en alles is baie baie luuks. Ons het egter die fout gemaak om een dag daarnatoe te gaan om te gaan snorkel. Hulle het ons nie mooi verduidelik hoe om in diep genoeg in die water in te kom om te gaan snorkel nie, en ek het myself op 'n tipe rif bevind in die vlak water en het myself op 'n paar plekke gesny, en ek het begin panic want ek kon nie weg daarvan kom nie. Ons het toe maar die res van die oggend op die strand, onder 'n sambreel gele en wag dat die taxi ons weer kom haal. Ek was baie bly om weer by ons ordinere strandjie uit te kom!

Monday, October 02, 2006

Petra - the Rose City (En Indianna Jones)

Petra is 'n stad wat uit ongeveer 2 dekades BC dateer. Dit is min of meer in die middel van Jordanie, en in die middel van NIKS! Die stad was vir honderde jare vergete tot 'n Sweedse ou dit weer "ontdek" het 150 jaar terug. Dit is huidiglik een van die die land se grootse bronne van inkomstes - daar is baie mense wat daarna wil gaan kyk.

Die beste "claim to fame" is die Indianna Jones fliek wat daar geskied is - Temple of Doom. Onthou julle al die slange en goed? Wel dit het hier gebeur.


Van die grotte in die sandsteen. Dit is baie cool om te sien. Ons het tot daar heel bo geklim. Dit was nie 'n grap nie!

Die amphi teater. Daar kan iets soos 15 ooo mense in sit en dit is UIT DIE BERG UIT GEKAP! Die sitplekke is nie klippe ens nie, dis een soliede stuk rots!!!

Die kleure van die rotse is ongelooflik!

En natuurlik moes ons klim to HEEL BO in die HITTE!!! Wel ons het 'n keuse gehad of ons tot daar wil gaan of nie, maar Mnr Gericke wil mos niks mis nie. Ek het blaas blaas bo op die berg aangekom.
Olifantjie. Dis hoe die wind die klip deur duisende jare gemaak het.

Hierdie is Petra se berge van ver af. Daar is NIKS....nee regtig...NIKS wat daar groei nie. Tog is daar mense wat daar in die klip woestyn 'n bestaan maak. Hulle word die Bedwin tribe genoem. Hulle het tente wat so hier en daar staan. Ek weet regtig nie hoe hulle dit doen nie!

Petra

En daar is dit toe nou! Die kamele! Ek was baie temted om op 'n kameel te ry, maar ek het besluit ek sal nie die arme dier die onreg aandoen nie. Hierdie spesifieke kameel het coke uit die blikkie gedrink!
Hierdie is binne die groot kamer in die Treasury. Dis groot - seker 15 by 20 meter! Dit is perfek uitgekap uit soliede rots uit. Die kleure in die steen is AMAZING!!!
Mens loop vir 1.2 km deur 'n rotsskeur wat omtrent so 3 - 6 meter breed is. Dit het deur die jare al baie erosie gehad, maar dit is ongelooflik om te sien. Die kleure is so mooi! Rooi, pienk, bruin, geel en oranje. Dit is seker so 40 meter hoog, en bo dit sien mens die helder blou lug.

Na die lang loop word mens beloon met jou eerste "glimpse" van die "main attraction" - die Treasury. Dit is 'n ongelooflike oomblik om dit te sien, veral na jy so ver geloop het en die geskiedenis van die plek gehoor het.



Hier is ons voor die asemrowende Treasury. Dit is als uit een solide stuk berg uit gekap!! Dit is presies simetries en daar is nerens 'n foutjie nie! Die details is ongelooflik!!!
Een van die kant ingange van die Treasury. Julle moet in ag neem dat hierdie goed al omtrent 200 jaar BC gemaak is - en kyk hoe groot en fantasties is dit!!!
As mens deur die lang "skeur" geloop het en verby die Treasury, kom jy by die stad uit. Hulle het tot dusver 17 DUISEND grotte hier gekry. Dit is waar die Nebatian mense daaaai tyd in gebly het. Die grot se grootte hang af van die grootte van die familie. Hierdie wat julle hieronder sien was "tombs" vir die belangrike mense gewees. As julle mooi kyk sal julle sien dat daar aan die bokant van die kerwings goed is wat lyk soos stelle trappe. Daar is bo op die graf 2 stelle trappe. Die een is sodat die gode kan afloop en jou siel kom haal, en die ander is sodat hulle saam weer na die hemele toe kan oploop. Kyk hoe klein is die mense wat daar onderloop in vergelyking met die kerwings!!
8, ja AGT km later het ons darem weer by die bus uitgekom. Ek het gedink ek gaan dood! 8km in die bergagtige klip woestyn in 40 grade celcius is NIE grappies nie, veral nie as die terugkomslag opdraende is nie!!!!

Dit was nietemin verseker die moeite werd!!!

Swem swem swem


Ons het lekker by die Hilton hotel gaan snorkel. Die hotel is OP die border tussen Egipte en Israel (aan Egipte se kant). As jy die foto hierbo bietjie groter maak sal jy sien daar staan Welcome to Israel.
As julle mooi kyk sal julle 'n baba walvis op een van die stoele sien le. Ons het soos royalty daar gele en ontspan. Die hilton was op daardie stadium toe omdat hulle iets aan die hotel doen , so daar is net so paar gaste hier en daar. Mens het basies al die geriewe, en jy hoef dit met niemand te deel nie.
Ekke met my "gear" - julle sal nie glo waar ek getan het nie!? Ek het so skuins streep op my VOET van die parravoet - dit lyk of ek met selftan lotian gespeel het, en bo my voete opgehou het!
Mooi view van die Hilton Hotel
Hier is die strand by ons oord - die Sea Star. Dit is 'n klein strandjie in die middel van nerens! Daar is sand ingery sodat dit darem soos 'n sand strand lyk, maar die HARDE realiteit tref mens as jy water toe stap. Klippies strand! En kombineer sonstrale van 40 grade en klippies en sagte kaal voetjies.... nie goed nie!!! Ons het egter erg lekker daar gele en relax en geswem en gesnorkel.
Daar is 'n ou vervalle jetty daar langs ons strand. Ons het daar ook gaan loer en dis waar ons die baie lionfish en inkvisse gesien het. Daar was ook 'n baracuda.
Pieter in sy snorkel outfit. Ons grootste "scare" vir die week in die water was toe Pieter op ons heel eerste duik homself moer toe geskrik het vir 'n helse blou ding reg agter hom. Dit was natuurlik toe sy eie parravoet se vin!!! Jou neut!

Ons tweede groot scare was toe ons 'n HAAI gesien het. Ons was 'n HELE ent van die strand af weg. Het al langs die rif afgeswem en toe...... *imagine jaws musiek* "Dudu...dudu....dududududududu eek eek eek!" Dit was die "scary-ste" plasiek sak wat ek nog OOIT gesien het!!!! Ek het die groot silwer ding in die water sien dryf, en ek dog toe...voodat jy nou paniek saai, kom ons kyk of hy 'n vin het wat bo die water is. En WRAGGIES! Daar is die vin wat bo die water beweeg. As dit nie was vir die feit dat ek alreeds in die see was nie, het ek myself net daar natgemaak!

Pieter het nie so groot soos ek geskrik nie want hy het gehoop dis maanvis. Sy verbeelding is darem nie so sterk nie, en hy sien toe dat dit 'n plastieksak is, met 'n blerrie glas coke bottel wat bo op die ding dobber. Die bottel was dus die vin wat ek gesien het.

Ons het nie lank genoeg daar gebly om te bevestig dat dit wel 'n plastieksak was nie...maar kom ons los dit maar daar.

Wednesday, September 27, 2006

Snorkelling in the Red Sea

Ons het die voorreg gehad om 'n hele klomp keer te gaan snorkel. Dit was seker nog van die beste ondervindings wat ek nog ooit gehad het. Die water is lekker warm (ok nie warm warm nie, maar fine om in te swem) en dis so mooi helder! Ons was gelukkig genoeg om 'n mooi rif te he by die oord se strand waar ons gebly het. Ons het ook 'n trip gedoen na die Hilton hotel wat op die grens van Israel is, om daar te gaan snorkel - dit was amazing! Mens kan letterlik op jou kniee in die vlak water staan en daar sal al klaar vissies om jou wees. Laat ek julle voorstel aan ons nuwe gevinde vrinne!

Nemo se kleinkind

Hierdie ene was my gunsteling. Die foto doen dit nie justice nie. Hy het HELDER pers strepies op sy rug en die pienk, oranje, groen en geel is soos neon kleure. Hulle is nuuskierig ook, hulle kom swem na jou toe. Hulle is seker so 20cm lank













Goudvis met 'n twist. hehehe


















Hierdie is hoe die lyk op 'n besige plekkie. Daar is oral sulke "hotspots" waar daar honderde vissies saam swem.










Hierdie was een van die coolste visse wat ons gesien het. Hy is amper 'n meter lank, en daai stert vinne is erg nice om te sien!

Ons eie kiekies

Hierdie is die kiekies wat ons self met 'n cheap onder water kamera geneem het - dit is ongelukkig nie baie duidelik nie, en die lyk baie mooier as jy dit met jou eie oe sien!


Hierdie kiekies is baie onduidelik, maar dis net om vir julle die idee te gee oor hoe baie vissies daar is wat om jou swem.







Ek en Pieter het lekker rondgeswem in die watertjies. Ons het altwee SO lanklaas geswem - gelukkig verleer mens dit nie. hehehe



Jussie julle! Kyk hoe swem ek!
Hierdie is 'n close up van 'n vin van een parrotfish. Is dit nie ongelooflik nie?!













Hierdie is 'n parrotfish - mens kry heelwat verskillende kleure en grootes van hulle - dit gaan oor die mond van die vis wat soos 'n pappagaai s'n is. Hulle is redelik groot - omtrent so half meter lank.












Hierdie is 'n tipe blaasoppie - iets soos 'n gemaskerde pufferfish of so - maar ek is nie seker nie.















Korraal ding - die paar wat ons gesien het is omtrent 30-50cm lank















Nog 'n soort blaasoppie













Hierdie vis is 'n picasso. Hy kom net in die deel van die Rooi see voor waar ons was.















Hier is nou die scary ene. 'n Lionfish! Hy het giftige goeters in daardie "vere" van hom wat hy in jou indruk as hy bedreig voel. Dit is 'n ongelooflike ding om te sien! Ons het seker 'n stuk of 20 gesien deur die loop van die week.


































Oulike geel vissies















Ons het 2 baracuda's gesien - dit was ook scary, maar blykbaar byt hulle jou net as hulle verward raak en sal jou nie opvreet nie. hehehe













Ons het 'n paar cuttlefish gesien - inkvis. Dit was 'n groot bonus want ek het nie gedink hulle sal so naby aan die land kom nie.

Tuesday, September 26, 2006

Partie




Nadia het die 18de Sept verjaar en ons het sommer lekker in hulle nuwe woonstel partie gemaak.


Hier is ek en Pieter en Linda na 'n shot appel vodca - sjoe! dit was sterk!









Die verjaarsdag maatjie en Ilse - Nadia wat sal trevor hiervan se?


















Die 3 musketeers - Trevor, Nick en Thomas.

Friday, September 15, 2006

Ons gaan op vakansie!!!

Dit is uiteindelik amper tyd om ons tasse te pak vir Egipte. Ons vertrek Maandag oggend (18de Sept) en sal die Maandag daarna weer terug wees.

Ons snorkel "gear" is reg - ek hoop ons gaan mooi vissies sien! Die oord waar ons bly het sy eie private strand, en blykbaar kan mens sommer net daar snorkel.

Ons is van plan om Cairo toe te gaan om die piramides te gaan kyk - dit sal 'n laaaaang dag wees.
Vir ingeval julle nie weet waar op die wereld kaart ons heen gaan nie... Ons gaan bo in Egipte wees op die rooi see, in 'n plek wat se naam Taba is. Ons gaan ook na Petra toe, wat in Jordanie is.
Petra
So ja...hopenlik besluit die terroriste om niks te doen volgende week nie - en dan praat ons weer oor so rukkie!

Ek gaan op vakansie....nanananana!