Thursday, May 24, 2007

Stratford upon Avon

Stratford upon avon is 'n lieflike dorp. Dit is natuurlik bekend as die geboorteplek van Shakespeare - en glo my - jy word om elke hoek en draai met iets van Shakespeare gebombardeer.

Die dorp is op die rivier Avon gelee. Ons het 'n heerlike boot trippie gedoen daar. Dit is so mooi en rustig. Die swane kom swem langs jou bootjie en die voeltjies sing hulle hartjies uit oral in die bome langs die oewer.

Hier is die huis waarin Mnr Wikkelspies gebore is. Die cottage is nice, maar ek het baie meer van die Xmas winkel gehou oorkant die straat. Dis 'n redelike groot winkel wat NET kersversierings verkoop - ek was in my element! Hulle speel kersmusiek en dit ruik na kersfees spices en mulled wine.
Ou skewe huisie
Standbeeld van William Shakespeare

Skapies in 'n tuin daar naby
Blommetjies langs die rivier af

Mooi ou gebou
In die tuine langs die rivier is daar baie "street theatre" en entertainers oral. Hierdie is 'n mooi ou merrygoround wat ook daar staan.
Geboue in die ou dorp
Pieter en Mnr Wikkelspies ruil 'n paar gedagtes uit...



No comments: