Monday, May 21, 2007

Bottervlieggies!

Stratford Upon Avon het die grootste skoenlapper plaas in Engeland, en ons het natuurlik gaan ondersoek instel. Daar is honderde, nee....duisende skoenlappers wat daar rondwapper. Dit is SO nice! En van hulle is so mak, hulle kom sit sommer op jou.

Hier is ek met een van die menere op my hand.
Hierdie skoenlapper het seker 'n 10 min lank saam met Pieter 'n "lift gevang". Ons het roomys geeet voor ons daar ingegaan het, en ons dink van die soetigheid het op Pieter se hand gekom, en dis hoekom die dingetjie hom so gelike het. Hy het hom 'n paar keer afgewaai, en dan kom sit hy net weer op hom. Hy het oor sy hele hand rondgeloop en daai lang tong dingetjie oral laat proe. Dit was ongelooflik om dit te sien!
Hierdie is die soort wat daar die meeste van was. (dis hulle wat op ons kom sit het ook) Daar was hordes van hulle. En hulle is groot!
Hierdie is hoe hierdie hierbo lyk as hulle vlerke toe is. Hulle like die vrugte.
En hier is nog 'n klomp maatjies!





Hierdie ene is baie besonders. Kyk bietjie mooi....sy vlerke is deurskynend! Jy kan reg deur hulle sien! Ek het lank gesukkel om 'n foto geneem te kry waar mens dit kan sien, want die kamera wil nie op die half deurskynende vlerkie fokus nie.
Nog ene op Pieter se hand

Daar is ook ander diere soos hierdie Iguana wat daar rondloop en 'n dam met helse koi visse

1 comment:

Anonymous said...

Dis mooi skoenlappers! Ek het dit geniet om daar saam met jou rond te loop!

P.