Tuesday, May 29, 2007

Werk mense

My een kollega het nou die dag lekker op paint rondgespeel en 'n paar kiekies gespoeg en plak.
Hierdie is ons groot baas, die MD. Hy gaan elke etenstyd gym toe en gaan flex sy spiere. Dan kom praat hy die volgende oggend met van die ander mense om ons oor hoe sy spiere voel na die vorige dag se oefening, en wat hy beplan om daardie dag te doen. Sy hare was ook noggals lank onlangs so ons het gese hy lyk of hy 'n mullet het.


Hierdie is my Windhoek kollega. Sy naam is Coenraad, maar die pommies spreek die Conrad uit, en hulle se dit klink amper soos CONAN. En dis toe nou waar hierdie vandaankom...

Friday, May 25, 2007

Anne Hatheway se Cottage

Het julle al ooit van Anne Hatheway gehoor? Ek het nie! Dit was William Shakespeare se vrou. Sy en haar familie het in hierdie stunning cottage net buite Stratford Upon Avon gebly. Dit is SO mooi. Dis baie rustig daar, en die mooiste groen tuine en stroompies waarin die eendjies rustig rondswem.






Thursday, May 24, 2007

Stratford upon Avon

Stratford upon avon is 'n lieflike dorp. Dit is natuurlik bekend as die geboorteplek van Shakespeare - en glo my - jy word om elke hoek en draai met iets van Shakespeare gebombardeer.

Die dorp is op die rivier Avon gelee. Ons het 'n heerlike boot trippie gedoen daar. Dit is so mooi en rustig. Die swane kom swem langs jou bootjie en die voeltjies sing hulle hartjies uit oral in die bome langs die oewer.

Hier is die huis waarin Mnr Wikkelspies gebore is. Die cottage is nice, maar ek het baie meer van die Xmas winkel gehou oorkant die straat. Dis 'n redelike groot winkel wat NET kersversierings verkoop - ek was in my element! Hulle speel kersmusiek en dit ruik na kersfees spices en mulled wine.
Ou skewe huisie
Standbeeld van William Shakespeare

Skapies in 'n tuin daar naby
Blommetjies langs die rivier af

Mooi ou gebou
In die tuine langs die rivier is daar baie "street theatre" en entertainers oral. Hierdie is 'n mooi ou merrygoround wat ook daar staan.
Geboue in die ou dorp
Pieter en Mnr Wikkelspies ruil 'n paar gedagtes uit...



Cotswolds

Wat 'n pragtige plek! Die Cotswolds is 'n area tussen London en Birmingham (nie dat dit enigsins sin maak vir julle wat nie hier bly nie) waar tyd half stilstaan. Die area is vol rollende heuwels soos in Natal, en als is natuurlik gras groen. Daar is 'n hele klomp klein dorpies in hierdie area, elk met sy eie storietjie.


Skapies op die heuwels
As dit nie was vir die duur motors voor die huise nie, sou mens dink kon dink dis 'n baaaaaaaaie ou foto hierdie.

Monday, May 21, 2007

Bottervlieggies!

Stratford Upon Avon het die grootste skoenlapper plaas in Engeland, en ons het natuurlik gaan ondersoek instel. Daar is honderde, nee....duisende skoenlappers wat daar rondwapper. Dit is SO nice! En van hulle is so mak, hulle kom sit sommer op jou.

Hier is ek met een van die menere op my hand.
Hierdie skoenlapper het seker 'n 10 min lank saam met Pieter 'n "lift gevang". Ons het roomys geeet voor ons daar ingegaan het, en ons dink van die soetigheid het op Pieter se hand gekom, en dis hoekom die dingetjie hom so gelike het. Hy het hom 'n paar keer afgewaai, en dan kom sit hy net weer op hom. Hy het oor sy hele hand rondgeloop en daai lang tong dingetjie oral laat proe. Dit was ongelooflik om dit te sien!
Hierdie is die soort wat daar die meeste van was. (dis hulle wat op ons kom sit het ook) Daar was hordes van hulle. En hulle is groot!
Hierdie is hoe hierdie hierbo lyk as hulle vlerke toe is. Hulle like die vrugte.
En hier is nog 'n klomp maatjies!





Hierdie ene is baie besonders. Kyk bietjie mooi....sy vlerke is deurskynend! Jy kan reg deur hulle sien! Ek het lank gesukkel om 'n foto geneem te kry waar mens dit kan sien, want die kamera wil nie op die half deurskynende vlerkie fokus nie.
Nog ene op Pieter se hand

Daar is ook ander diere soos hierdie Iguana wat daar rondloop en 'n dam met helse koi visse

My liefie

Ek speel lekker met my nuwe kamera se settings. Is nog bietjie dom daarmee, maar kan darem al raampies om fotos sit.

Geel geel geel!

Die rapeseed blom op die oomblik in Engeland. Hulle maak goedkoop olie van die sade. (Dis m.a.w 'n cheap version van die sonneblom) Dit is vreeslik mooi en daar is hordes goudgeel velde tussen dit groen heuwels.

Ek het hierdie geneem terwyl ons in Kent rondgery het.
Gelukkig het die blommetjies nie vreeslik baie stuifmeel nie, anders sou ous erg hooikoors gekry het.

Wednesday, May 16, 2007

Leeds Castle



Leeds Castle was 'n groot hoogtepunt! Dis 'n groot ou kasteel wat weer mooi opgedoen is deur 'n Amerikaanse vrou wat tot in die 80's self daar gebly het. Die gronde is natuurlik amazing en daar is 'n groot park vol eksotiese en bewaarde voels.



Die kasteel self - daar is 24 slaapkamers!




Skillie Mooi ganse
Daar is seker maklik 100 groot hokke met allerande mooi voels in.
Bluebells!
Hierdie pou het SO mooi gelyk. Dis asof hy spesiaal vir ons gepose/gepronk het!



Ek en Pieter voor ons nuwe huis!
Van voor af buite - soos julle kan sien is dit soos 'n regte ou kasteel met die water om. Mens moet oor 'n bruggie loop om binne te kom - anders swem jy!
Van agter af
Het julle al ooit swart gesiggies (die blomme!) gesien?