Die 2de koor waarin ek sing (die Community choir) het 'n groot optrede net voor paasfees gehad. Dit was gekombineerd met een van die "posh" skole in die omgewing se paas konsert en dit was amazing. Ons kon nie glo hoe talentvol daai kinders is/was nie. Die saal was propvol, en daar het selfs mense in die gangetjies gestaan want daar was nie meer sitplekke nie. Daar was alles van 'n fluit groepie, 'n volledige orkes tot 'n uittreksel uit hulle Grease show - dit was baie baie goed!
Hier is die skool se koor met die jonger kinders.
Ek en Val en Denise - reg om die sing ding te doen.
Pieter en Nicola was daar vir ondersteuning. Ek was baie verbaas (maar bly) dat selfs Pieter die aand en die sang en musiek regtig geniet het.
Tralala - my koor het cool goed gesing. Halleluja koor, en onder andere "Mission Impossible" - ja regtig. Ons het dit ge"sing". Met geluide ens. Was erg cool. "doo do doo, doo do doo... Bahm bahm bahm bam....ens"
No comments:
Post a Comment