Sunday, April 29, 2007

Braai!

Ons het lekker by Ilze se huis gebraai - so moet mens mos somer hou!
Ilze, Jurie, (Ilze se huismaat) en Lauren. En hieronder is Douw saam met Pieter

Hier staan Jurie met die woeste Absinth cocktais wat Douw vir ons gemaak het. (Ons het almal lekker hoofpyn gehad die volgende oggend!)
Posted by Picasa

Thursday, April 26, 2007

Brunch

Daar is 'n last minute "vaarwel" gereel vir my laaste oggend in Bloem. Elrien, Rassie (vars vanaf hul wittebrood), Henda en Elzanne het my surprize met 'n njammy ontbyt! Dankie julle!



Soos dit hoort - ons 4 terte bymekaar!

kuier

Dis altyd lekker om weer met ou vriende op te vang. Hier is ek en Breda, en ek en Celia, my haarkapster wat nou al 10 jaar lank na my kapsel kyk!
Posted by Picasa

Braai


En so gaan kuier ek toe mos nou saam met die revue studente in Bloem. Good grief - ek het al vergeet hoe dit voel om soos 'n student te kuier! Ek het besef ek word nou regtig oud toe ek myself vang wonder - hoe kry hierdie ouens dit reg om aand na aand uit te gaan en tot vroee oggend ure te kuier. Aai...die goeie ou dae.
Ek en Elzanne en ek en Mnr de Witt by die braai
Johan Fransois Keppie saam met my en Elzaan. Die 3 1stejaar mannet het ons onder die grond in gekuier. En sjoe - kan hulle dans. Sokkie se moses!
Posted by Picasa

Wednesday, April 18, 2007

Liedjie

Ons het gister aand hierdie song in die koor begin leer. Die Beach Boys het dit gesing en dit is SO mooi. Die harmonie gee mens hoendervleis. Ek het dit al vantevore gehoor waar 'n paar klein kindertjies dit sing - dit was pragtig. Ek kan glad nie onthou waar ek dit gehoor het nie - as iemand my tog kan help sal ek dit waardeer.
Theres a world where I can go and tell my secrets to
In my room, in my room
In this world I lock out all my worries and my fears
In my room, in my room
Do my dreaming and my scheming
Lie awake and pray
Do my crying and my sighing
Laugh at yesterday
In my room, in my room
Now its dark and Im alone
But I wont be afraid
In my room, in my room
In my room, in my room

Thursday, April 12, 2007

Koor

Die 2de koor waarin ek sing (die Community choir) het 'n groot optrede net voor paasfees gehad. Dit was gekombineerd met een van die "posh" skole in die omgewing se paas konsert en dit was amazing. Ons kon nie glo hoe talentvol daai kinders is/was nie. Die saal was propvol, en daar het selfs mense in die gangetjies gestaan want daar was nie meer sitplekke nie. Daar was alles van 'n fluit groepie, 'n volledige orkes tot 'n uittreksel uit hulle Grease show - dit was baie baie goed!
Hier is die skool se koor met die jonger kinders.

Ek en Val en Denise - reg om die sing ding te doen.

Pieter en Nicola was daar vir ondersteuning. Ek was baie verbaas (maar bly) dat selfs Pieter die aand en die sang en musiek regtig geniet het.

Tralala - my koor het cool goed gesing. Halleluja koor, en onder andere "Mission Impossible" - ja regtig. Ons het dit ge"sing". Met geluide ens. Was erg cool. "doo do doo, doo do doo... Bahm bahm bahm bam....ens"

Posted by Picasa

My kinders!

Daar is heelwat verwikkelinge in ons nuwe huisie. Daar is 'n hele paar nuwe lede vd familie.
Ontmoet vir Penny. Sy is die baas want sy is die mooiste. (en die duurste)
Ek wou nog altyd 'n orgidee van een of ander aard gehad het
Hierdie is Alfonds. Hy is 'n Peace Lilly. Ek is verbaas hoe vinnig hy gegroei het. Ma se groot seun!
En hierdie is Violet - vir obvious reasons.
Posted by Picasa

Wednesday, April 11, 2007

Spur ete

Vir 'n last minute celebration het ons Spur toe gegaan om my verjaarsdag te gaan vier. Dit was die aand voor ek huis toe gevlieg het (en madam het toe mos nog amper niks gepak nie), so dit was 'n kalm aand saam met vriende en 'n lekker vleisie.
Ek en Pieter en Phil
Jurie en Ilze
Rachel en Andrew

Thursday, April 05, 2007

Oppad terug

Die week het SO gou verby gegaan! Voor ek weer kon sien toe is dit alweer tyd om terug UK toe te kom. Pieter se familie het my by die lughawe gekry vir 'n lekker kuiertjie.
Robert het die saamry op die bagasie trollie baie geniet
Oom Bob en tannie Rina (Pieter se ouers). Baie dankie dat julle al die pad van Pta af gekom het om te kom hallo se!
Monique, Portia en Lauren saam met klein Robert
Al die ouers. Oom Chris, en tannie Miemie saam met die Gerickes.
Posted by Picasa

Faure Familie

Piet en Elitia Faure (aka Ma en Pa)
Familie binne
Familie buite
Sussies - Liezel van der Merwe, Anelle Gers en ekke
Posted by Picasa

huis kiekies

My Ma en Herman
Herman en Anelle
Liezel en George
Ek en my moeder
Posted by Picasa

Bloemfontein sunset

Sjoe - ek het BAIE BAIE BAIE lanklaas 'n mooi sonsondergang gesien.


Posted by Picasa

Kids

My suster Anelle se kinders is yslik groot! Herman is in St8 en Pieter is in St6! Ek kyk op na altwee. "how time flies!!" Ek begin nou oud voel!
Posted by Picasa

Terug by my Mamma en Pappa

Ek en my Ma en Pa het lekker by die Ocean Basket geeet.
Posted by Picasa