Thursday, December 21, 2006
Great Gustos party
Ongelukkig was die lokaal in die pub waar ons gesing het so vol, dat Pieter en die res nie eers daar kon inkom nie, en hulle het toe maar in die pub self gesit en kuier. Daar was vrek baie mense.
Pieter speel met my tinstel.
Angie en Kristi op hulle beste
Ek en Phil speel met die Xmas versierings.
Sing sing sing
Great Gustos evening
Ons Xmas rangskikking...
tralala. O ja - ons was actually daar om te gaan sing.
Ek en my een buddy by die koor. Haar naam is Ann. Sy is een-en-sestig en was tot 'n paar jaar terug toe nog 'n proffesionele "rots klimmer" tot sy haar arm beseer het.
Phil Pieter en Ann in die pub na ons gesing het
Angie strike a pose
Ek en Nicola. Sy is my ander maaitjie by die koor. Ek en sy is die enigeste mense daar wat jonger as 40 is. hehehe. Sy is 'n Auzzie.
Xmas party
Hier is ek en my baas Sara, en 'n nuwe ou, Owanate. Hy is van Nigerie af, en het die ongelooflikste goeie maniere!
Hier is Coenraad (my Afrikaanse Windhoed kollega) en Karl (hy is van Australie af). Coenraad het die kiekies geneem.
Hier word die manne ernstig...
Ek en Tom. Hy drink nie 'n druppel nie, maar is nogsteeds die snaakste een van die lot.
Hier is Natalie en Sam. Hulle het altwee in Engeland grootgeword, maar hulle is eitnlik altwee Egiptenare.
Monday, December 18, 2006
Carroll singing with Great Gustos
For a girl that’s used to hot Christmases around the BBQ and pool, it was a big change to be able to sing about the Xmas tree, and actually have a real one in the vicinity!
Purple power!
Singing away...
The mulled wine and mince pies went down very well!
Even in the freezing cold these girls still managed to put on a smile!
Thursday, December 14, 2006
30 Seconds
Hulle arme flat het omtrent uit sy nate uitgebars. 17 Suid Afrikaners later, na 'n goeie stuk of 30 bottels rooiwyn, bakke vol nik naks en ghost pops en lekker kaas en biscuits was die tonge los en die gemoedere reg vir die aand se gebeurtenisse..... 30 Seconds!
Ons was in drie spanne opgedeel en ek was redelik selfbewus van die feit dat ek die enigste girl in ons span was. Maar te danke aan veral TC en Pieter se vinnige breine en great algemene kennis, het ons span skoonskip gemaak.
Dit is gevolg met nog kuier en rooiwyn en kuier en gesels en rooiwyn...ens ens ens. (julle kry die idee)
Na die opgewondenheid van die game het ons dit rustig gevat!
Teen die einde vd aand was daar net lee glase en 'n paar sjokelade papiertjies oor...
Skep gou 'n asempie op die balkon.
Pieter - kyk jou rooiwynlippe! Uitgevang!
Bokkies (en perde en grassies en alles behalwe die herfskleure)
Ons kon toe dus presies 3 fotos neem! En hier is hulle. (let wel - daar is niks van die amazing herfs woude wat ons gesien het nie!)
Ons het op 'n kol op 'n pad gery waar daar net mooi op daardie punt omtrent 250 bokkies besluit het om die pad te oor te steek.
En die mense het lekker met hulle perde rondgeloop
Wednesday, December 13, 2006
Shopping
Pieter het "fasion makeover" gehad terwyl ons vir sy skoene gewag het - jy sal jou wat verbeel!
Die liggies in Croyden shopping centre - 1 uur in die middag
Die liggies weer - 4 UUR die middag!!! Kyk hoe vroeg is dit donker!
Oxford straat was soos gewoonlik BAIE besig. Almal besluit mos om op een slag Xmas shopping te gaan doen.
Die marimba band het lekker musiek gemaak in die koue
Die voorkant van Selfridges se gebou.
Debenhams se mooi liggies. (en natuurlik die rooi Londen bus) Weereens 'n GROOT winkel. Hierdie tak van Debenhams is die hele blok vol - soos Harrods. Mens kan verdwaal vir dae in die plek!
Spur
Ons was so paar Sondae terug Spur toe vir hulle "all you can eat rib special".
Ons het lekker gekuier - en die spareribs was njam!
Hier is Douw langs my. Hy is toevallig ook 'n aktuariele student.
Ontmoet vir Jurie en Ilze. Jurie en Douw bly saam in Southfields.
Jurie was saam met Pieter op Varistiy, en hulle het mekaar toevallig hier raakgeloop.
Kyk - die Spur hier het selfs don pedro's!
Monday, November 20, 2006
Naweek dinge
Saterdag was rugby tyd (ons praat nie daaroor nie!) Ons was 'n stuk of 100 Saffas wat by 'n pub redelik naby ons huis bymekaar gekom het vir die game. Dit was erg lekker. Die droewors en Savannah was volop beskikbaar, en dit was so lekker om te hoor hoe die ouens skree - GEE HOM MIELIES! Teen die tyd wat die foto hierbo geneem is, was ons al warm "gesupport" en ek kon nie meer my Groen en Goud trui aanhou nie.
Na die game (ons praat nogsteeds nie daaroor nie!) het hulle die "big screen" opgerol en toe hulle die gordyne agter dit oopmaak...tadaaa....'n lekker skapie op 'n spit! "Roasted to perfection". Pieter het mense raakgeloop wat saam met hom op varsity was, en ons het saam met die klomp gekuier tot dit pikdonker was, en hulle al om ons begin skoonmaak het. (Let wel dat dit half 5 hier al pik nag donker is!) Om 'n lang storie kort te maak - ons was 7 uur die aand by die huis - maar dit het gevoel soos middernag. hehehehe
Lauren saam met Bertie die beer, wat ook vir SA ondersteun het.
Tuesday, November 14, 2006
Vuurwerke
Let wel dat hierdie vuurwerk show 5 UUR DIE MIDDAG gedoen is. Half 5 was dit al pikdonker. Hoe depressing! Die kiekies van ons kamera is obviously nie so goed nie - maar hier is so paar van die mooi en GROOT vuurwerke wat ons gesien het.
Phil (My Aussie vriend) en Lauren het deurgekom vir die middag en ons het lekker geklets terwyl ons gestaan en wag het vir die vuurwerke om te begin.
Soos julle kan sien is ons lekker warm aangetrek - dit was koud!
Lauren se wange was skoon rooi van die koue!
Monday, November 06, 2006
Nuwe huismaat
Daar was ook 'n pretpark en dit was soos 'n "mini Fair" met rides en games galore. Ek en Pieter het nog altyd by sulke goed by die games gaan rondspeel, maar het nog nooit iets gewen nie. Hierdie keer het egter opgemaak vir al daardie geleenthede wat ons lee hande daar weg is...
Ontmoet vir BERTIE die Beer.
Hier sit hy saam met sy klein boet Custard
Ons het onsself dood gedra aan hom. Ons het hom tussen die eerste en 2de vuurwerk vertoning gewen, en moes toe die res van die aand met hom rondloop - ek kan nie glo 'n "stuffed toy" kan so swaar raak nie! hehehe.
Hier is Kristi en Bertie - let wel - die beer IS groter as sy!
Pieter en Bertie bond so bietjie voor die TV
En ongelukkig het Bertie toe van Pieter se maniere aangeleer! A nee a!
So dis waar al die drank heen verdwyn!
Net sodat julle kan skat - hy is HUGE! Sit die hele gang vol! Ons het hom op die kar (Kaspaas) se agter sitplek gesit toe ons huis toe gery het Vrydag aand. Hy pas skaars in die kar in! Ek dink nie hy sou in die sitplekgordel ingepas het nie!