Lauren het die naweek by ons kom kuier. Haar geliefde (Kevin) het sondag van SA af geland om so rukkie te kom kuier. Ons was by die Weatherspoons in Wimbledon vir hulle Sunday Roast - Good Grief! Dis baie kos. Nie een van ons kon als eet nie. As julle ooit 'n lekker ete vir "dirt cheap" wil he - Weatherspoons is die antwoord.
Saterdag was rugby tyd (ons praat nie daaroor nie!) Ons was 'n stuk of 100 Saffas wat by 'n pub redelik naby ons huis bymekaar gekom het vir die game. Dit was erg lekker. Die droewors en Savannah was volop beskikbaar, en dit was so lekker om te hoor hoe die ouens skree - GEE HOM MIELIES! Teen die tyd wat die foto hierbo geneem is, was ons al warm "gesupport" en ek kon nie meer my Groen en Goud trui aanhou nie.
Na die game (ons praat nogsteeds nie daaroor nie!) het hulle die "big screen" opgerol en toe hulle die gordyne agter dit oopmaak...tadaaa....'n lekker skapie op 'n spit! "Roasted to perfection". Pieter het mense raakgeloop wat saam met hom op varsity was, en ons het saam met die klomp gekuier tot dit pikdonker was, en hulle al om ons begin skoonmaak het. (Let wel dat dit half 5 hier al pik nag donker is!) Om 'n lang storie kort te maak - ons was 7 uur die aand by die huis - maar dit het gevoel soos middernag. hehehehe
Lauren saam met Bertie die beer, wat ook vir SA ondersteun het.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment