Monday, November 06, 2006

Nuwe huismaat

Vrydag het ek en Pieter na Wimbledon Park gegaan (Dis reg oorkant waar die Wimbledon tennisbane is) om die groooooot vuurwerk vertonings te gaan kyk. Hulle het net voor 7 'n show gedoen, en toe weer so net voor 9. Daar was 2 MASSIEWE bonfires wat hulle ook aangesteek het voor die vuurwerke.

Daar was ook 'n pretpark en dit was soos 'n "mini Fair" met rides en games galore. Ek en Pieter het nog altyd by sulke goed by die games gaan rondspeel, maar het nog nooit iets gewen nie. Hierdie keer het egter opgemaak vir al daardie geleenthede wat ons lee hande daar weg is...

Ontmoet vir BERTIE die Beer.


Hier sit hy saam met sy klein boet Custard

Ons het onsself dood gedra aan hom. Ons het hom tussen die eerste en 2de vuurwerk vertoning gewen, en moes toe die res van die aand met hom rondloop - ek kan nie glo 'n "stuffed toy" kan so swaar raak nie! hehehe.

Hier is Kristi en Bertie - let wel - die beer IS groter as sy!



Pieter en Bertie bond so bietjie voor die TV


En ongelukkig het Bertie toe van Pieter se maniere aangeleer! A nee a!
So dis waar al die drank heen verdwyn!

Net sodat julle kan skat - hy is HUGE! Sit die hele gang vol! Ons het hom op die kar (Kaspaas) se agter sitplek gesit toe ons huis toe gery het Vrydag aand. Hy pas skaars in die kar in! Ek dink nie hy sou in die sitplekgordel ingepas het nie!

No comments: