Friday, February 23, 2007

Machiel Roets konsert

Ons het die 11de Feb vir Machiel Roets gaan kyk. Hy is a Afrikaanse outjie wat hier in Wimbledon bly. Hy is ongelooflik talentvol is met sy musiek. Dit was amazing! Mooiste songs - alles oor Suid Afrikaners weg van die huis af, en ons mooi land ens.

Gaan kyk gerus ook sy videos op YouTube
Die plek waarin hy opgetree het, is noggals bekend vir al die acts wat al daar was. Die mure is vrot van fotos van al die bands wat op een of ander stadium in hulle career daar opgetree het. Ouens soos, Rolling Stones, U2, die Beatels en selfs Henry ate. hehehe
Almal was natuurlik in trane (insluitende die band) toe hy gesing het van almal hier wat soms huis toe verlang, en Londen wat koud en depresief raak, en ons families by die huis ens ens ens.

Ek het sy CD 'n hele ruk terug al gekoop een aand toe hy by die sokkie saam met Ddisselblom opgetree het - en nou is hy geteken. hehehe
Ek en Machiel
Ek het ook 'n ou skool vriendin toevallig daar raakgeloop. Leandi Meiring - was lekker om jou te sien! Sy is nou al 8 jaar in Londen.
Machiel en sy band kom by die KKNK in SA optree. As julle julself daar bevind - gaan kyk hulle show asb! Dis kos vir die siel!

No comments: