Monday, November 20, 2006
Naweek dinge
Lauren het die naweek by ons kom kuier. Haar geliefde (Kevin) het sondag van SA af geland om so rukkie te kom kuier. Ons was by die Weatherspoons in Wimbledon vir hulle Sunday Roast - Good Grief! Dis baie kos. Nie een van ons kon als eet nie. As julle ooit 'n lekker ete vir "dirt cheap" wil he - Weatherspoons is die antwoord.
Saterdag was rugby tyd (ons praat nie daaroor nie!) Ons was 'n stuk of 100 Saffas wat by 'n pub redelik naby ons huis bymekaar gekom het vir die game. Dit was erg lekker. Die droewors en Savannah was volop beskikbaar, en dit was so lekker om te hoor hoe die ouens skree - GEE HOM MIELIES! Teen die tyd wat die foto hierbo geneem is, was ons al warm "gesupport" en ek kon nie meer my Groen en Goud trui aanhou nie.
Na die game (ons praat nogsteeds nie daaroor nie!) het hulle die "big screen" opgerol en toe hulle die gordyne agter dit oopmaak...tadaaa....'n lekker skapie op 'n spit! "Roasted to perfection". Pieter het mense raakgeloop wat saam met hom op varsity was, en ons het saam met die klomp gekuier tot dit pikdonker was, en hulle al om ons begin skoonmaak het. (Let wel dat dit half 5 hier al pik nag donker is!) Om 'n lang storie kort te maak - ons was 7 uur die aand by die huis - maar dit het gevoel soos middernag. hehehehe
Lauren saam met Bertie die beer, wat ook vir SA ondersteun het.

Tuesday, November 14, 2006
Vuurwerke
Dit was die naweek weer tyd vir die jaarlikse "Lord Mayor Show" in Londen . Daar was deur die dag 'n groot parade deur die strate van die middestad en dit is afgesluit met 'n baie groot vuurwerk vertoning op die Teems. Ons het op 'n brug redelik naby die "barge" (boot) met die vuurwerke op gestaan en het toevallig tussen nog Saffas beland.
Let wel dat hierdie vuurwerk show 5 UUR DIE MIDDAG gedoen is. Half 5 was dit al pikdonker. Hoe depressing! Die kiekies van ons kamera is obviously nie so goed nie - maar hier is so paar van die mooi en GROOT vuurwerke wat ons gesien het.
Phil (My Aussie vriend) en Lauren het deurgekom vir die middag en ons het lekker geklets terwyl ons gestaan en wag het vir die vuurwerke om te begin.
Soos julle kan sien is ons lekker warm aangetrek - dit was koud!
Lauren se wange was skoon rooi van die koue!

Monday, November 06, 2006
Nuwe huismaat
Vrydag het ek en Pieter na Wimbledon Park gegaan (Dis reg oorkant waar die Wimbledon tennisbane is) om die groooooot vuurwerk vertonings te gaan kyk. Hulle het net voor 7 'n show gedoen, en toe weer so net voor 9. Daar was 2 MASSIEWE bonfires wat hulle ook aangesteek het voor die vuurwerke.
Daar was ook 'n pretpark en dit was soos 'n "mini Fair" met rides en games galore. Ek en Pieter het nog altyd by sulke goed by die games gaan rondspeel, maar het nog nooit iets gewen nie. Hierdie keer het egter opgemaak vir al daardie geleenthede wat ons lee hande daar weg is...
Ontmoet vir BERTIE die Beer.

Hier sit hy saam met sy klein boet Custard
Ons het onsself dood gedra aan hom. Ons het hom tussen die eerste en 2de vuurwerk vertoning gewen, en moes toe die res van die aand met hom rondloop - ek kan nie glo 'n "stuffed toy" kan so swaar raak nie! hehehe.
Hier is Kristi en Bertie - let wel - die beer IS groter as sy!
Pieter en Bertie bond so bietjie voor die TV
En ongelukkig het Bertie toe van Pieter se maniere aangeleer! A nee a!
So dis waar al die drank heen verdwyn!
Net sodat julle kan skat - hy is HUGE! Sit die hele gang vol! Ons het hom op die kar (Kaspaas) se agter sitplek gesit toe ons huis toe gery het Vrydag aand. Hy pas skaars in die kar in! Ek dink nie hy sou in die sitplekgordel ingepas het nie!
Friday, November 03, 2006
Vuurwerke
Die naweek gaan dit weer klink of daar oorlog gevoer word in Engeland. Guy Fawkes word hier nie ligtelik opgeneem word nie. Daar is orals oor Londen groot "gathering points" waar groot vuurwerk vertonings gehou gaan word. Ons gaan na 'n vertoning in Wimbledon park toe.
Ongelukkig het Meneer Winter gister skielik met 'n Big Bang gearriveer, en ons lewens kom vul met vriesende koue weer! So die serpe en jasse sal verseker vanaand om die Bonfire gedra word.

Subscribe to:
Posts (Atom)