Friday, March 17, 2006

Kuier op 'n skool aand!

Cocktails in TGI Fridays. aka Thank God Its Friday. Ons het na werk daarheen toe gegaan en van hulle reuse cocktails gaan drink. En daarna het ons na Souk toe gestap.

Souk is 'n Morocoaanse restuarant en alles daar binne is net...anders. Die deel wat ons in gegaan het was ver onder die grond, en het soos 'n ou bom shelter gevoel. Die mure is met matte uitgevoer en jy sit op sulke kussing goed om 'n ronde koper tafeltjie. Almal eet saam uit dieselfde borde uit, en die kos is effe onbekend aan ons. Die ondervinding is ongelooflik. Mens is regtig vir daardie paar ure wat jy daar is, in 'n ander wereld! Ons het ons eie "grot" kamer gehad, weg van die ander mense se geraas. Mens kon nogsteeds die musiek hoor, maar half in die agtergrond. Daar was net 'n piepklein liggie, en een kersie wat lig gemaak het. Dit was amazing!

Ons het 'n hubly bubly gerook met APPEL tabak - nee regtig! Dis al!

Daar is ook party aande belly dancers wat die gaste vermaak - gelukkig was hulle nie Woensdag aand daar nie, anders het Pieter en Phil seker nou nog daar gesit! hehehe


Hierdie is een van die groter vertrekke in die eetplek. Dis op die grond vloer. Ons was ver onder die grond, en dus geen lig nie.



Die beligting onder die grond lyk so. Baie vlou maar pragtige lampies.

No comments: