Wednesday, March 29, 2006
Raai wie bly in Engeland.....?!?!?!
Kuiermense
Reome se eerste Starbucks koffie - hmmm. Net die regte ding vir 'n koue nat dag!
Voor Tower Bridge
Reome by Tower of London. Ons het lekker daar in die kasteel rondgeloop, en het onder andere die kroon juwele gaan kyk.
Thursday, March 23, 2006
Wednesday, March 22, 2006
Kuiermense...
Friday, March 17, 2006
Kuier op 'n skool aand!
Souk is 'n Morocoaanse restuarant en alles daar binne is net...anders. Die deel wat ons in gegaan het was ver onder die grond, en het soos 'n ou bom shelter gevoel. Die mure is met matte uitgevoer en jy sit op sulke kussing goed om 'n ronde koper tafeltjie. Almal eet saam uit dieselfde borde uit, en die kos is effe onbekend aan ons. Die ondervinding is ongelooflik. Mens is regtig vir daardie paar ure wat jy daar is, in 'n ander wereld! Ons het ons eie "grot" kamer gehad, weg van die ander mense se geraas. Mens kon nogsteeds die musiek hoor, maar half in die agtergrond. Daar was net 'n piepklein liggie, en een kersie wat lig gemaak het. Dit was amazing!
Ons het 'n hubly bubly gerook met APPEL tabak - nee regtig! Dis al!
Daar is ook party aande belly dancers wat die gaste vermaak - gelukkig was hulle nie Woensdag aand daar nie, anders het Pieter en Phil seker nou nog daar gesit! hehehe
Hierdie is een van die groter vertrekke in die eetplek. Dis op die grond vloer. Ons was ver onder die grond, en dus geen lig nie.
Die beligting onder die grond lyk so. Baie vlou maar pragtige lampies.
Pieter - Before and after
Verjaarsdag Makietie
Ek probeer hard om te "puff". Kyk hoe trek Phil gesigte agter my!
Ek en Pieter met ons rooswater cocktails.
Die kos was baie...weird. Maar erg lekker. Dis die tipe goed waaraan ons glad nie gewoond is nie, en dit is wat dit so besonders maak
Hierdie kamera se flash werk duidelik baie goed. Dit was BAIE donker in die kamertjie waarin ons was. Die kersie op die tafel was omtrent die enigste bron van lig. Ek het eers op die fotos gesien hoe helderkleurig die borde was. hehehe
Kristi - die pyp is groter as jy!
Ek en Pieter neem saam die "groot trek"
Aag 50 randjies vir Linda - kyk net hoe fraai. Die arme vrou was single vd aand aangesien manlief nog moes werk. Duncan - ons het jou gemis!
Tuit daai bekkie! Phil het was in 'n besonderse goeie bui - hy het sopas 'n nuwe werk losgeslaan!
Ons tradisionele cocktails - rooswater, vodca, mint en suurlemoen. Noggals cool!