
Wednesday, February 22, 2006
Ek en Elzanne in Bath

Wednesday, February 15, 2006
Valentynsdag


Hoop julle het almal so lekker valentynsdag soos ek gehad! Pieter het my erg bederf! Kyk net die pragtige bos rose wat hy by my werk laat aflewer het!
Die wit blommetjies is my "projek". Ek het die bak en die bolle vir kersfees gekry by Kristi. Het dit so amper 3 weke terug geplant en dit het dadelik begin groei. Dit staan seker maklik 'n halfmeter hoog, en dit het die naweek begin blom. Ek is baie trots daarop!
Tuesday, February 14, 2006
Sommer net..
Wallis




Ek en Pieter bo op Snowdonia berg. Dis die hoogste piek in Wallis. Dit was erg bewolk daar bo. Ons het so bietjie in die wolke gaan rondloop en na die tyd het dit gelyk of ons nat gereen het.
My familie

Ek en die kids. Herman langs my, en Pieter in die blou. Ek het hulle nou meer as 'n jaar laas gesien, en blykbaar is hulle al yslik groot!
Dames van die familie. Ek en my Ma, 2 susters en my Ouma. 3 generasies dames
Ek en my 2 susters. Anelle links en Liezel regs van my. Let op dat ons 'n rooikop, blond en brunet is. (wonder nog altyd hoekom ek so baie soos die melkman lyk....) hehehe
Ek en die kids in my male se tuin
Die 2 ouers Faure susters. Is dit nie wonderlik om onderklere vir Xmas te kry nie!?
Monday, February 13, 2006
Loch Ness & Skotland Whiskey....hmmm!



Ekke by die Glen Grant Distillery. Dis pragtig in die omgewing, en mens loop so deur die "bosse" deur om by die fabriek te kom.
Subscribe to:
Posts (Atom)