Friday, January 27, 2006
Italie
Regte egte Ilatiaanse Pizza! Ons het by so oulike plekkie gaan eet op Capri eiland. Ons was gelukkig genoeg om die balkon vir onsself te he. Ons sit die HELE balkon vol. As julle mooi kyk sal julle sien dat daar 'n Prada winkel oorkant die straat is.
Uitsig vanaf eiland. Die dorp gedeelte van die eiland sit baie hoog, so mens kry 'n kabelkarretjie wat hulle 'n "finnuculare" noem tot bo.
Capri eiland. Dis aan die kus van Italie. Ons het in Napels geanker, en 'n kleiner boot oorgekry na die eiland toe. Die eiland is vol posh winkels en is baie op toeriste gefokus, maar as mens net uit die dorpie loop, sien mens die mooiste goed. Hulle is bekend vir hulle suurlemoen liquer - Lemonchello.
Kyk hoe fraai. Die blare was so mooi...ek moes dit net afneem.
Volterra - dorpie in Tuscany. Dis ongelooflik...kies die hoogste heuwel op die onmoonlikste plek...daar gaan ons 'n stad bou! Die dorp is prentjie mooi. Daar is 'n muur reg rondom. Mens moet buite parkeer en boontoe stap. Ons het die lekkerste gelati roomys hier geeet!
Wat 'n uitsig!!! Ek sal enige tyd weer terug gaan...Tuscany was amazing!
Pieter by ons karretjie in Tuscany. Ons het lekker in die peugeot rondgery vir die dag. Die paaie is nou en vol draaie. Dit was baie weird om aan die verkeerde kant van die pad te bestuur, veral op die highways.
Die eerste dag in Italie het ons by Livorno geanker. Ons kon kies of ons wou Pisa of Florance toe wou gaan, maar ons het besluit om heeltemal weg te breek en 'n kar te huur vir die dag om in Tuscany te gaan rondry.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
1 comment:
Zoom zoom zoom ... daai Peugeot het lekker gery!
Is jy jaloers, Elzanne? Jy beter wees!
Post a Comment