Kom ek vertel net kortliks waar ons was: Ons het in Barcelona opgeklim, daarna was ons in Frankryk in Ville Franche. Daar het ons na Eze en Monte Carlo/Monaco toe gegaan. Toe was ons in Italie vir 2 dae (een dag in Livorno – ons het toe in Tuscany gaan rondry, en die volgende dag in Napels – het Capri eiland toe gegaan). Die dag daarna was ‘n see dag. Dan is jy heeldag ook op die water. Ons het andersins deur die nag gevaar, en dan word jy elke dag in ‘n nuwe plek wakker. Daarna was ons Mikonos toe – Griekse eiland. Die volgende dag was ons in Turkeye – dit was my gunsteling plek. Ons was na die ruines van die ou Bybelse stad – Ephesus. Was ook in die stad Kusadasi waar ons heelwat markte besoek het. Ons laaste dag was op Santorini eiland – nog ‘n Griekse eiland.
Die boot was ongelooflik. Mens kan nie dink dat daar so GROOT struktuur op die water kan bly nie. En daai ding beweeg teen ‘n stink spoed! Dit is ongelooflik luuks. Daar is baie fancy “bars”, ongelooflike “lounges”, ‘n fliek teater, ‘n groot teater waarin daar elke aand ‘n show gehou word (dit kan so 500 mense seat), ‘n kuns gallery, ‘n groot disco, putt putt baan, supertube, “rock climbing wall”, ‘n gym, basketball baan, ‘n spul winkels en nog BAIE meer.
Dit was by verre die ongelooflikste ondervinding wat ek nog ooit gehad het!





Ons bootjie.... die boot is 13 verdiepings bo die water uit, en daar kan tot 5 DUISEND mens op een slag op wees.
1 comment:
Herre bessie, ek wens ek kon ook op so 'n bootreis gaan!
O ja, wag so bietjie, ek was op so 'n bootreis! Saam met jou! En dit was fantasties gewees!
P.
Post a Comment