
Friday, November 03, 2006
Vuurwerke

Tuesday, October 31, 2006
Totsiens Linda


Monday, October 30, 2006
Halloween



Tuesday, October 24, 2006
Musiek
Pieter het vir my hierdie nice Afr musiek video gewys op Youtube. Ek voel nou skoon patrioties! hehehe
Barton-le-Clay





Baie dankie vir 'n heerlike dag en 'n net so heerlike ete!
Thursday, October 19, 2006
Vissie
Monday, October 16, 2006
Baie prentjies!
Richmond Park





Kliek op die kiekies op hulle bietjie groter oop te maak.
Hier is so bietjie nuus oor die park:
"Richmond Park covers 2,358 acres and is Europe's largest urban walled park (the wall is 8 miles long). Its origins as a place for royal deer hunting go back to Edward I (1272-1307) and it still retains a 650+ herd of deer (Red & Fallow). The continuous grazing by the deer has shaped the park's habitats, maintaining stunning views over rolling grasslands and majestic parkland trees.
The 50 year old Isabella Plantation is one of the national treasures of Richmond Park. The plantation is a beautiful woodland garden that houses a fine collection of azaleas, including the National Collection of 50 Japanese azalea varieties. Rhododendrons, camellias, and magnolias thrive under a mature woodland canopy with many other acid-loving plants. The creation of the garden took some four years of continuous labour before it was open to the public."
Buite die plantasie lyk dit heeltemal anders, daar is groooooot oop stukke velde en groot stukke met farings wat skouer hoogte groei. Daar is ook dele met baie bome wat letterlik 'n woud is. En dan is daar natuurlik die bokke. Dit is SO weird om te sien hoe die grooooooot "krismis bokke" sommer so hier by jou verbyloop.
Fantasties!!!

Dit was so mooi in die park! Hier loer Linda en Duncan agter 'n boom uit.




Veld en mooi stroompies en bosse. Kyk die klomp bokke hier in die veld.


Kyk die bokkie!!! Nee nee eitnlik is dit nie 'n bokkie nie - dis 'n blerrie bees van 'n bok! Dit is 'n Red Deer - 'n klein neef van die takbok en Santa se Reindeer. Hy was seker 4 meter van my af weg...heel rustig. Hulle is al so gewoond aan die mense ken karre en fietse ens.

Ek en Linda het 'n mooi bos met blomme ontdek - dit het so lekker geruik. Daar was 'n hele paar bumble bees ook daar besig.
Thursday, October 12, 2006
Totsiens Duncan


Monday, October 09, 2006
Anniversary

Saterdag was my en Pieter se 2 jaar anniversary. Kan nie glo ons is al so lank saam nie! Dankie vir als goggo!
Waldo en Reoni het die vorige aand kom kuier en ons het 'n lekker groot ontbyt saam met hulle gemaak die volgende oggend om die celebrations af te skop.
Die aand hy het my surprize met 'n show en 'n ete daarna.





Ek het hierdie van 'n website af gekry wat bietjie oor die show praat:
ABOUT THE SHOW AND PICTURES SNOWSHOW has taken the world by storm, delighting and touching audiences in over 80 cities across the globe andtransforming sensible adults into awe-struck children. It has been lavished with critical praise and awards including an Olivier. SNOWSHOW is unlike anything you have ever seen before - a world of wonder in which a bed becomes a boat, a web of cotton envelops the audience and one tiny piece of paper becomes a snowstorm that will, quite literally...BLOW YOU AWAY. A truly thrilling experience awaits you.
Russian clown Slava Polunin brings his brilliant physical comedy back to the Wimbledon Theatre, for a week of snowstorms, slow-motion slapstick and Eastern European black humour.A winner of the Time Out, Olivier and Drama Desk Award for unique theatrical experiences, this is a very strange show indeed to Western audiences, beginning with some slow-motion clowning that is occasionally inspired, but often just odd. As the evening continues, though, the pace builds up, reaching a dazzling special-effect laden climax that is among the most extraordinary things you will ever see at the theatre.A mixture of traditional physical comedy and hi-tech stagecraft that is a joy for adults and children alike.
Egipte vakansie!


Ons is SO bly dat ons nie self daar hoef te bestuur het nie - sal jy weet waarnatoe om te ry as al die pad tekens soos hierdie ene hieronder lyk???
Die plek is in die middel van nerens. Nee regtig! Imagine voor die aarde geskep was...toe was daar niks. Nou imagine daardie niks...en gooi 'n paar klippe by. DIT is hoe dit daar lyk! Ons oord het letterlik 5 km weerskante toe niks om gehad nie. Dit is aan die voet van die Sinai berge (waar Moses opgegaan het om die gebooie te gaan kry) Die berge is regtig mooi om te sien...maar as jy nou al so 5 min daarna gekyk het dan raak dit ook maar boring want dit is NET klip berge waar jy kyk. Niks grassies of groenigheid nerens nie.
Hier kan julle mooi die een groo swembad sien met die seester in. Daar is 'n lekker "pool bar" daar in die middel. Die mense het in die WARM son hier gele heel dag lank. Ek kon nie glo dat van die mense nie DOOD is van so lank in die son le dag na dag nie! Hulle het vir ons vertel dat die son blykbaar 30% warmer is daar, as enige ander plek in die wereld. Terwyl ons daar was het die tyd na wintertyd toe verander (so dis nou eintlik winter), maar ons kon maklik 7 uur in die oggend al 'n tan kry, en jouself verbrand as jy nie oppas nie. Let op na die berge agter die geboue. Wat die plek wel so aantreklik maak, is die see en die ongelooflike seelewe.
Hier is die swembad wat nader aan ons kamer was. Ons het 'n grooot kamer op die grond vloer gehad. Jy maak net jou skuifdeur oop en dan is jy amper in die swembad.
Ons het 'n all inclusive deal gehad wat jy als by die oord verniet kry. Al jou etes, koeldrank EN alkohol was ingesluit. Nie dat dit regtig wow was nie....die kos was maar regtig boring, en die local drank was ok, maar nie great nie. Die Fanta was egter fantasties!!! Fanta proe mos anders hier in Engeland as in SA. Maar in Egipte proe dit soos SA fanta - ek was in die 7de hemel.
Daar was nie vreeslik baie entertainment nie, maar ons het een aand na die "bellydancing" show toe gegaan. My oe het amper uitgeval! Daai meisie het als behalwe haar "belly" geskud! Dit was glad nie ons idee van bellydancing nie.
Thursday, October 05, 2006
Ons het dus die Maandag daar aangekom, maar het die oord eers die Do in daglig gesien!!! Ons is in die oggende VROEG daar weg en het laat in die aande eers terug gekom. Die ander mense wat saam met ons die trips gedoen het kon nie glo dat ons vir 2 sulke lang trips in ‘n ry kans sien nie. Wel as ek ‘n keuse het, sal ek dit nie weer doen nie, maar in die naam van toerisme doen mens baie ongewone dinge! hehehe

Hulle het daar ook vir ons 'n glas blaas demonstrasie gehad, om te sien hoe hulle die pragtige botteltjies maak. Dis die eerste keer dat ek sien hoe hulle glas blaas. Die outjie het lekker vir my gelag want ek dink ek het met my mond letterlik oop gesit en staar na hom toe hy dit doen. Dit was so interessant!
Dit was weird om die nommerplate ens te sien wat als in Arabies is!
Hierdie is natuurlik die hoogtepunt van die wereldbekende Cairo museum. Die soliede goue masker vat van Koning Tutankhamun se mummie af gekom het. Dit is ongelooflik om te sien watse weeldere en "beliefs" hulle gehad het. Die masker weeg iets soos 11kg, en dit is soliede goud!
Een van die shoppies wat die Ramadan lampe verkoop.
Ons was ook na 'n Papyrus fabriek toe. Hulle wys jou hoe maak hulle die papyrus en dan kan jy 'n paar stukke koop ook. Ek het vir my die ene hier bo gekry. Dit is 'n baie bekende beeld wat op die troon van koning Tutankhamun se troon is. Dit het 'n hele geskiedenis, maar ek sal eers weer moet gaan oplees waaroor dit presies gaan.
Queen Nefertiti.
Wednesday, October 04, 2006
Cairo en Piramides
Ons het 'n vroeg oggend vlug vanag Taba na Cairo gekry. Dit was effens duurder as die bus opsie, maar 2 ure op 'n vliegtuig in vergelying met 16 ure op 'n bus het dit die paar ponde ekstra die moeite werd gemaak. Dit was die weirdste vlugte. Dit is 'n charter airline met sulke "kots koetse" waamee mens vlieg. Almal op die vliegtuig het SO gelag want toe ons die middag terugkom het hulle ons so vinnig op die vliegtuig ingeprop en begin wegtrek dat daar skaars tyd was vir die koffie moffie om sy "safety anounement" te doen. Dit was so funny want hy het nog probeer vingers wys na die emergency exits toe - toe moet hy al hol om te sit want ons styg al op! Ek moet se dit was die naaste wat ek nog ooit aan 'n plane crash was - en ons het nog nie eers opgestyg nie! hehehe

Blykbaar betaal hulle nie erfbelasting as die gebou nie klaar gebou is nie. Dus hou hulle eenvoudig op bou, en dit lyk of daar nog 'n verdieping op moet kom ens.

Wel hier is die piramides in die agtergrond, en die Sfinks lanks Pieter.



