Ek en Pieter het altwee ons Heks outfits probeer - maar ek is nice en hy is 'n nare heks. Ek wou vir hom groen grimering aansit, en 'n groot "moesie/vrat" op sy ken plak...maar hy wou nie saam speel nie!
Kom ek stel julle voor aan Hans die pampoen.
Hans het heel naweek lekker lig gemaak in die kombuis, en mens kon hom mooi duidelik van buite af ook sien. Aangesien die horlosie ook nou weer aangeskuif het, is dit nou skielik net na 5 sommer pikdonker! So ons het 'n hele paar tea lights in hom uitgebrand.
No comments:
Post a Comment