Wednesday, May 16, 2007

Leeds Castle



Leeds Castle was 'n groot hoogtepunt! Dis 'n groot ou kasteel wat weer mooi opgedoen is deur 'n Amerikaanse vrou wat tot in die 80's self daar gebly het. Die gronde is natuurlik amazing en daar is 'n groot park vol eksotiese en bewaarde voels.



Die kasteel self - daar is 24 slaapkamers!




Skillie Mooi ganse
Daar is seker maklik 100 groot hokke met allerande mooi voels in.
Bluebells!
Hierdie pou het SO mooi gelyk. Dis asof hy spesiaal vir ons gepose/gepronk het!



Ek en Pieter voor ons nuwe huis!
Van voor af buite - soos julle kan sien is dit soos 'n regte ou kasteel met die water om. Mens moet oor 'n bruggie loop om binne te kom - anders swem jy!
Van agter af
Het julle al ooit swart gesiggies (die blomme!) gesien?



Tuesday, May 15, 2007

Spanbou

Ons span by die werk het 'n besonderse goeie 2 maande agter die rug, en my baas het besluit om ons uit te vat vir 'n paar drankies om dit te vier. Ons was weereens by 'n baie snazzy plek hier in Regent Street. Cocoon. http://www.cocoon-restaurants.com/ Dit is SO mooi daar binne. Ons het lekker cocktails gedrink (teen £8 per cocktail!!!!), allerande eksotiese goed.

Hier is Karl - is is 'n Auzzie/Kiwi

Ek en my baas Sara. Sy is erg nice!
Graham - hys 'n pommie, en het 'n ongelooflike goeie sin vir humor.
Scott - ja wel... Hy moan en kla heeldag lank...maar ons leer maar om saam met hom te leef. Hierdie foto is tipies hoe hy lyk as ek daagliks in sy gesig moet vaskyk. Hoe misrabel! hehehe
Ek, Sara en Scott (in 'n beter bui!)hehehe
My Windhoek kollega moes ongelukkig vroeer al loop (ek het eers na die 3de cocktail van die kamera onthou!)

Piekniek langs die Teems

Ek Pieter en Lauren het in die heerlike sonskyn gaan piekniek hou langs die Teems rivier in Putney. Daar was BAIE mense in die park. Almal is so honger vir sonskyn - en desperaat vir 'n tan!

Die parke hier is oral vol blomme. Dit lyk SO mooi.

Ons het gaan Boules speel. Dit was vrek snaaks.
En daar is lekker piekniek ook gehou
ja wel... die boules praat vir hulself...



Werks ete - groot bederf

Ons maatskappy het 'n nuwe ding begin waar as jy 'n sekere (maar baie hoee) teiken bereik in 'n maand, word jy uitgevat na 'n fancy middagete, en jy kry die res van die middag af. Verlede maand was ons 4 meisies wat gekwalifiseer het. Een van die bestuurders het ons toe na die BAIE lanie plek Maze gevat. Dit is een van Gordon Ramsey (die bekende chef) se restaurante hier in Londen.

Hier is Anna en Nicola.
En Laura en Dalia. Die 2 is die kantoor se 2 "poppies". Tussen die 2 van hulle kan 'n hele skoonheids salon 'n bestaan maak.
Na die tyd het ons 'n taxi (Black cab) gekry terug stasie toe. Die bruin muur hier in die agtergrond is die agterkant van Buckingham Paleis.
Die kos was AMAZING! In plaas van 'n groot bord kos, eet mens 'n hele paar kleiner porsies. Amper soos Tappas. Dis natuurlik prentjie mooi - en mens sit en kyk hoe lank eers na die kos voor jy kans sien om dit te eet. Die rekening was natuurlik genoeg om 'n Afrika land vir 'n week lank te voed, en ek kan nie glo dat daar mense is wat daagliks sommer net so na sulke plekke toe kan gaan nie, sonder om 2 keer aan finansies te dink nie. Dit was lekker/weird om te sien hoe die "ander helfte" lewe. Daar is mense wat sommer so oor hulle etenstyd 'n bottel sjampanje van £300 stuk bestel - en dan net helfte daarvan drink voor hulle oorgaan na 'n bottel wyn van £80.

Margate, Ramsgate en SANDWICH!

Ons het vir ons naweek in Kent in Margate geslaap. Hier is ook 'n Margate ens. Margate is oud en vervalle. Mens kan sien dit was lank terug (voor vlugte na Europese vakansie plekke soos Griekeland en Spanje hier so goedkoop was) 'n baie gewilde see dorp was, maar dis nou maar stil.

Ons het in die YHA (Youth Hostel) gaan bly. Bunk beddens gelore! Maar dit was goedkoop en ons as jy hard by die venster uitgespoeg het (sies), het dit op die sand geland. Margate het ook 'n SAND strand, wat maar skaars is hier.

Mooi sunset in Margate


Die hawe in Ramsgate. Ons het hier gesien hoe vang 'n vrou en paar kinders 'n flippen HAAItjie in 'n netjie in die vlak water. Daai netjies waarmee die kids altyd op die strand mee vissies soek. Daar het wraggies 'n haaitjie van omtrent so 30/40 cm daar in geswem. Hulle het natuurlik hulle boeglam geskrik, en gesukkel om die ding uit te kry want hulle is te bang om aan die ding te vat. Ons het lekker gestaan en lag - maar net die vis jammer gekry.

Nie te ver daarvandaan nie, is 'n dorp met die naam SANDWICH! Kan julle dit glo? Ons wou 'n toebroodjie hier gaan eet - maar toe is al die winkeltjies ('n almagtige 3 van hulle) toe! Ek kon nie eers 'n yskasmagneet kry nie. :-(



Hieronder is een van Sandwich se hoof strate. Soos julle kan raai is dit nie die grootste of besigste plek in Kent nie.



Canterbury

Vandat ons die kar (Kaspaas) gekoop het, is dit soveel makliker om sommer net op nommer nipper iewers heen te gaan. Ons was vir 'n naweek Kent toe. Dis die county (provinsie) Suid-wes van London. Dit grens aan die see en daar is baie plase en vreeslike oulike klein dorpies oral.
Canterbury is 'n vreeslike mooi dorp en ek sal verseker aanbeveel dat mense daarnatoe gaan! Dover is nie ver hiervandaan nie. Dis waar mens die ferrie oorkry Frankryk toe.


Hier is een van die baie tuine in die dorp - dit is SO mooi! Dis mos nou lente hier - so als is aan die blom!


Hier is die riviertjie wat deur die dorpie loop. Ons het 'n trippie op 'n klein roei bootjie gedoen saam met so 4 ander mense. Die gids vertel mens dan van die geskiedenis van die plek ens. Dit was vreeslik mooi - en erg interessant.
Hier het ons sopas op die bootjie geklim
Een van die skewe huisies in die dorp. Hulle het daaaai tyd mos tax betaal op die grond oppervlakte van die eiendom, so hulle het 'n kleiner onderste verdieping gebou - en dan groter bo op dit. Dit beteken dus dat hulle net belas word op die onderste verdieping se omtrek - maar omdat die ander verdiepings groter is, maak dit nie saak nie.


Canterbury Katedraal. Die argitektuur is amazing! Die hoof van die Engelse kerk - Archbishop of Canterbury - bly mos hier. As hulle my oor 'n paar jaar Queen maak, sal hy die een wees wat my "kroon".
Canterbury katedraal van buite af...
Binne in een van die dele van die katedraal. Die vensters is baie mooi!
Pieter drink 'n welverdiende doppie in die lui lekker son na 'n lekker dag in Canterbury.
'n Mamma een en haar baba kwakkies. Ons het lekker vir hulle gestaan en lag want die klein goedjies moet julle arme pootjies afswem om by te hou.



Ongelooflike mooi boom vol bloeisels

Monday, May 14, 2007

London Butterfly House

Ek Lauren en Annerien het oor paasnaweek na 'n skoenlapper plaas toe gegaan naby Kew Gardens. Jy loop in 'n groot glas vertrek rond wat 'n tropiese klimaat het. Dit voel of jy skielik in Tanzanie in stap as jy by die deur binne gaan. Vreeslik vogtig en warm. Dit is sodat die tropiese skoenlappers daar kan broei.

Hier is Pietie. Annerien het hom so gedoop na hy hoe lank saam met ons 'n ride "ge-hitch" het.


Annerien en Lauren voor die ingang.


Lauren het 'n hele paar vlieende vriende gemaak - hulle het orals op haar kom sit.


Dis heerlike lente

Ek en Lauren het onlangs in Richmond park gaan rondloop en dit was so mooi om te sien hoe al die blomme blom, en nuwe plante uitloop.

Ek is baie trots op my nuwe kamera - kyk hierdie oulike affodil hieronder.

Baie interessante boom met vreeslike mooi bas. Dit lyk soos koper en blink erg! Die lente blomme - ek en Lauren
Lauren en 'n pers bos
Ek's 'n "tree-hugger"!