Ons het UITEINDELIK Stomp gaan kyk. Ek was erg impressed! Die hele show bestaan basies uit 'n groep mense wat "musiek/percussion" met verskillende odd goed maak.
Hier staan hulle op groot dromme wat aan hulle voete vasgemaak is, en slaan dit dan met stok-agtige-goed, almal op dieselfde maat terwyl hulle oor die verhoog loop daarmee.
Hulle maak ook geraas met asblik deksels onder andere.
In die opening scene gebruik hulle hierdie borsels en het groepies met verskillende ritmes, wanneer als dan aanmekaar gesit word, is dit soos 'n hele liedjie, als net in die klanke wat die borsels en hul handvatsels maak.
Hulle het ook bv 'n ding wat hulle met net zippo lighters doen, en die klank wat hulle maak as jy dit oop en toe maak, en dit aansteek. Ook rubber pype van verskillende lengtes, so as jy die pyp op die grond slaan, maak dit verskillende klanke, afhangende van hoe lank die pyp is. Dis amazing.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment