Thursday, October 25, 2007

Monday, October 22, 2007

Bournmouth






Sing for water









Twickenham





Hamstead Heath








Great Gusto's kuier

Geeta, wat saam met my koor sing, het haar house warming gehad op 'n lieflike Saterdag aand wat actually soos somer gevoel het.

So tussendeur die kuier het hulle belsluit dat een van die indringer bome NOU uit haar tuin gesny moes word.
Ja wel - hier is dit nou. 'n groep van die koor vrouens het besluit om 'n span in te skryf vir die local pub se quiz. Dit was vet pret. Ek kon nie veel hulp verleen nie, siende dat die vrae meestal oor Britse literatuur en geskiedenis was. Ek kon darem vir hulle se wie Pocahontas was. hehehe
Ek was die jongste tussen almal, en hulle het my almal onder die tafel in gekuier! Blerrie Britte!

Wednesday, September 05, 2007

STOMP

Ons het UITEINDELIK Stomp gaan kyk. Ek was erg impressed! Die hele show bestaan basies uit 'n groep mense wat "musiek/percussion" met verskillende odd goed maak.

Hier staan hulle op groot dromme wat aan hulle voete vasgemaak is, en slaan dit dan met stok-agtige-goed, almal op dieselfde maat terwyl hulle oor die verhoog loop daarmee.

Hulle maak ook geraas met asblik deksels onder andere.

In die opening scene gebruik hulle hierdie borsels en het groepies met verskillende ritmes, wanneer als dan aanmekaar gesit word, is dit soos 'n hele liedjie, als net in die klanke wat die borsels en hul handvatsels maak.
Hulle het ook bv 'n ding wat hulle met net zippo lighters doen, en die klank wat hulle maak as jy dit oop en toe maak, en dit aansteek. Ook rubber pype van verskillende lengtes, so as jy die pyp op die grond slaan, maak dit verskillende klanke, afhangende van hoe lank die pyp is. Dis amazing.

Thursday, August 30, 2007

Baba Bloem

Wonderlike nuus!!
Elrien en Rassie se baba is op 29 Aug, 2:30 die middag gebore.
Baie welkom aan Sanri Bloem.

Elrien en kleintjie
Ek was so hartseer dat ek nie daar kon wees om die nuweling te sien nie, maar ek het darem vir haar 'n paar blommetjies laat aflewer.
Tannie Elzanne en kleine Sanri
Trotse Pappa Rassie. Eerste foto van die kleinding ooit. (Wel nadat sy gebore is)
Aag jinne tannie!!!!!!!