Tuesday, August 29, 2006






Die Notting Hill Carnival het die naweek in Londen plaasgevind. Ek het besluit om dit hierdie jaar 'n mis te gee, maar blykbaar was dit een groot party. Dit is die grootste karnaval in Europa. Hulle het ongeveer 2 miljoen mense verwag.






Die karnaval is Sondag en Maandag (dit was mos Maandag vakansiedag hier). Dit het 'n Jamaican tema en daar is honderde mense wat in ongelooflike kostuums in die strate rond dans, en daar is eindelose stalletjies met kos wat ons glad nie ken nie - en dalk ook nie juis wil juit probeer nie!

Tuesday, August 22, 2006

Jongleurs

Vir die van julle wat al van Jongleurs gehoor het, sal weet dat dit die oudste en steeds van die beste "stand up comedy" clubs is. Daar is 'n paar van hulle clubs in Londen en die oorspronklike ene is toevallig net 'n busrit van ons huis af weg.

Ons het Saterdag aand vir Pieter 'n surprize party daar gereel om sy verjaarsdag te vier. Dit was nie baie maklik om hom daar te kry nie, maar ek dink darem hy het die comedy geniet.

Daar was 4 komediante, almal vrek snaaks.

Hier pak Kristi, Linda en Duncan bietjie tanne uit! Kyk net daai helse beker bier!
Ons tafel was REG langs die verhoog.
Justine (in die rooi) is Katherine se niggie - sy het bietjie in Londen kom kuier vir die naweek en sy het ons almal aan die lag gehad.


Die show gaan tot so half 12 aan, en dan maak hulle plek en skielik is dit 'n nagklub. Ons het lekker lyf geskud en was baie hartseer toe ons half 1 moet loop om die laaste bus te kry huis toe.

Monday, August 21, 2006

Friday, August 18, 2006

Tartan en groot wiele

Hierdie is natuurlik die tipe ding wat mens ORALS in Edinburgh sien. Skotse tartan - orals. Daar is duisende verskillendes, en die mense is baie trots daarop.

Ons het 'n kar gehuur en het Saterdag bietjie in die platteland gaan rondry. Ons het na die Falkirk Wheel gaan kyk en ek was baie verbaas om hierdie ongelooflike konstruksie te sien in die middel van nerens! Daar is basies 2 rivier kanale wat naby aan mekaar verby loop, maar die een is baie hoeer as die ander. Hulle het hierdie ongelooflike sisteem gebou (£84 miljoen later) sodat die bootjies direk van die een na ander rivier kan gaan. Hulle moes die kanale bietjie uitbou en tonnels maak ens. Dis baie interessant.
Dit werk basies met 'n hidroliese sisteem wat die hele ding draai en dan is die boot wat onder was bo, en andersom. Ons het op 'n bootjie gegaan en die trippie gedoen. Noggals heel cool om te sien hoe jou hele boot 40 meter in die lug staan!
Edinburgh kasteel
Ek het ons uit ons eie kamer uitgesluit in die gastehuis waar ons gebly het. Was noggals 'n penarie om weer daar uit te kom, want die voordeur van die gastehuis was toe, so ons kon nie by die huis uitkom nie. Ons het dus in die voorportaal vasgesit. Die eienaar het darem so halfuur later opgedaag en ons het 'n ekstra sleutel gekry. Nadese word ek 'n neut genoem.

Edinburgh Military Tatoo

Die groot rede agter ons Skotland trippie was om na die Edinburgh Military Tatoo te gaan kyk. Dit is op die kasteel gronde, en al wat ek kan se is WOW! Daar was 1 000 mense wat deelgeneem het, en daar kan omtrent 10 000 toeskouers op een slag die show sien. Daar is 2 vertonings per dag, en dit gaan vir amper 'n maand aan. Ons het ons kaartjies al Desember gekoop toe dit uitgekom het, en net 'n paar dae later was alles uitverkoop!

Ek het hierdie foto by Katherine gegaps, haar kamera neem ongelooflike kiekies! Hier kom een van die bands deur die "hek" van die kasteel gestap.
Die Suid Afrikaanse dansers - hulle was noggals heel goed. Hulle het skotse danse saam met die Skotte gedoen.
Hulle het die kasteel op 'n klomp pragtige maniere verlig terwyl die show aan die gang was.
Pipers - nooit gedink ek sal van doedelsak musiek hou nie - maar as mens 600 mense hoor wat dit saam doen, is dit ongelooflik!
Almal wat deelgeneem het

Monday, August 14, 2006

Good Grief!!!!!

Top Secret Drum Corps


By die Edinburgh Military Tatoo was hierdie verseker die hoogtepunt. Die video is bietjie lank (6 min) maar dit is die moeite werd. Ons het dit met ons eie oe gesien en ons monde het oopgehang! Well done boys!

Veels geluk liewe Pieter...

...Omdat jy verjaar! Mag die Here jou seen en nog baie jare spaar!

Pieter het gister verjaar en alhoewel ons 'n heerlike naweek in Edinburgh gehad het om sy verjaarsdag te vier, het ons op die dag self in 'n simpel trein gesit om terug in Londen te kom. Ons vlugte vanaf Edinburgh was gekanselleer en ons het geen ander keuse gehad nie - moes maar in die OORVOL trein 'n lift soek Londen toe.

Nietemin het ons sy verjaarsdag gevier, en hoop ons kan later opmaak vir die gagga treinrit op die dag self.

Thursday, August 10, 2006

Up Up and away...

Ek en Pieter was 2 weke terug by die Farnborough Air Show. Dit is een van die grootste lugskoue in die wereld, en alhoewel ek nou nie juis vreelik in vliegtuie belangstel nie, het ek dit baie geniet. Ons het kaartjies vir die "Grand Stand" gehad en van 12 tot 5 was daar lug vertonings van 'n klomp verskillende vliegtuie. Die hoogtepunte was die Red Arrows display span. Hulle het ongelooflike toertjies gedoen! En ook die nuwe REUSE Airbus. Die airbus kan 550 passasiers vat en is BAIE BAIE groot. Dit was ongelooflik om te sien hoe daai GROOT (wat omtrent soos 'n kantoor blok is) voor ons oe opstyg en soos 'n veertjie in die lug rond sweef!

Osprey - sy prepellers draai - hulle wys vorentoe en boontoe, so hy kan soos 'n vliegtuig, of 'n helikopter vlieg. Die foto doen dit glad nie justice nie. Dis 'n monster van 'n masjien!
Red Arrows
Hier is Pieter en die Airbus. My mond het oopgeval toe ek dit sien. Die agterste vlerk is dubbel so hoog soos 'n gewone groot vliegtuig s'n. Die wiele waarop hy land is amper so hoog soos 'n mens!

kuier kuier kuier

Toe ons in Bloem was het ek en Pieter en Klein Pieter en Herman Vrouemonument toe geneem. Hulle was nog nie een daar nie, en dit was noggals nice om dit weer te gaan kyk. Ek is altyd upset as ek sien hoe baie mense in die konsentrasie kampe gesterf het. Blerrie Pommies! (En nou sit ek wraggies hier tussen hulle!)

Emmie Ek en Elrien. Ons het lekker gekuier en gebraai in my ouers se lapa.
4 terte - Ek Elzanne, Henda en Elrien.
Ek en Pieter

Wednesday, August 09, 2006

Funny!

Bruce almighty sweet scene

Die van julle wat Bruce Almighty gesien het sal hierdie scene onthou waar hy sy "rival" se woorde so opneek. Ek het lekker gelag daarvoor!

Gauteng...

Ons het lekker in Gauteng gekuier saam met Pieter se familie. Hier voer 'n trotse oom (Pieter) vir Robert. Dit was die eerste keer dat hulle mekaar nou ontmoet het, en Pieter het vreelik lekker met die kleinding gespeel. (nee...moenie idees kry nie!)

Pretoria se blou reen - hoe pragtig!
Al die Gerickes. Pieter en sy broer Louis, en sus Liezel agter, an sy Ma en Pa en Louis se vrou, Portia, en Robert voor.
Ek het darem so paar van my mense ook gesien - my Ma en Pa het my op Johannesburg lughawe kom verras - sjoe- wat 'n tranedal! En ons het lekker by my Tannie in Pta gekuier. Hier is my Tannie Eleen, Niggie Elreth en my ouma saam met my en my moeder.
Die Gericke gesin. Almal saam op Moedersdag.
Gericke kids - kyk hoe fraai.
Broers - Ek en Pieter was heel geskok oor al die vleis. Ons kon nie eers onthou wanneer laas ons so baie vleis gesien het nie! hehehe

Tuesday, August 08, 2006

The Mauwntain Bru...

Mens kan darem nie in die Kaap wees sonder om ten minste 2 dosyn kiekies van ie berg te neem nie!




Bottervliee en grillerige goeters!

Ons het ons laaste dag in die kaap by die Butterfly world buite die Paarl spandeer. Dit was natuurlik 'n groot hoogtepunt vir my. Die temperatuur word binne beheer en dit voel of mens in 'n tropiese woud instap. Juis daarom kan hulle skoenlappers daar aanhou wat nerens anders in SA kan oorleef nie. Daar is honderdes van die goetertjies wat om mens rondvladder.

Mooie groene

Hierdie skoenlapper lyk dalk nie so mooi nie - maar jy sal jou mening oor hom verander as jy sien dat hy omtrent so groot soos jou kop is!!!

En toe... die onverwagte "ekstras". 'n insek en reptiel afdeling. Ek kry nou nog 'n rilling as ek daaraan dink. Die van julle wat my ken weet mos dat ek nou nie juis boesemvriende is met gedierte se kind nie. Daar was 'n ou swart vrou wat daar gesit het om hulle op te pas. En terwyl ek en Pieter nog so na die skerpioene en spinnekoppe in hulle TOE geseelde glas bokse staar, kom druk sy 'n helse tarantula onder ons neuse in. Toe - hou vas. Ek het amper net daar 'n prolaps gehad!

Ons het toe ewe ordentlik NEE DANKIE gese, en vir die deur begin mik, maar toe pluk sy 'n slang daar uit 'n boks. Ek wou nog 'n geluid los, toe is die ding al in Pieter se hande. Hulle het my toe ook oorreed om die ding vas te hou, en na 'n hele 5 sekondes (net genoeg om 'n foto te neem), was hy weer terug in sy boks!

Die vrou vertel ons toe dat daar nog net 1 is wat ons darem moet vashou, maar toe ons sien dat sy vir die glas kas met die luislang in mik, het ek vinnig voete gemaak!
Ek was baie bly om toe weer terug tussen die bottervliee te wees! Kyk hierdie mooi tropiese habitat!
Hierdie kiekie is dalk nou nie so amazing nie - maar kyk bietjie wat sien jy... Die ou dingetjie se vlerkies is deurskynend! Dit is ongelooflik om te sien! Dit is so mooi om hulle te sien rondvlieg!
Beslis die moeite werd om te gaan besoek! (vat dalk maar net 'n skoon stel onderklere vir jou saam!)