Thursday, June 29, 2006
My plekkie by die werk
Hier is my "spot" by die werk. Ek sit darem by 'n venster - net jammer ek kyk in die volgende gebou vas!!!
Wednesday, June 28, 2006
Mandie speel Ma
Tuesday, June 27, 2006
Local Mark
Hier is 'n kiekie van die vleis stalletjie waar ons Sondae ons vleisies koop. Dit is 'n grootkoel trok wat se kant afgeslaan word en dan word dit 'n "winkel" Die vleis word uitgestal en dan "bi" jy daarop. Dis amper asof hy dit uitloot. Hy gooi 'n spul seaks/tjops/hoender ens op 'n tray, weeg dit, en skreeu dan 'n prys uit. Die ou wat dan eerste sy aandag trek, kry dit.
Selfs al het jy nie iets nodig nie, is dit entertaining om te sien hoe hulle dit doen. Mens kry ook die vleis BAIE goedkoper en varser as in die winkel.
Friday, June 23, 2006
Wednesday, June 21, 2006
Boot Party
Ons was Saterdag op 'n SA boot party op die Teems. Die weer het lekker saamgespeel en ons het 'n baie lekker middag gehad. Daar was ongeveer 200 mense op die boot, meestal Afrikaans.
London Eye - Mens kan nooit regtig vir iemand die "size" van goed beskryf vanaf 'n foto nie...maar kyk bv die gebou in die agtergrond - dit is 'n 26 verdieping gebou, en kyk hoeveel hoeer die oog staan.
Ek en Pieter
Die besigheids area - Canary Wharf
Kristi, Pieter en Thomas met Tower Bridge in die agtergrond.
Big Ben

Tuesday, June 20, 2006
Braaivleis!
Ons het Sondag weer gebraai in die park. Het tot omtrent 10uur buite gestaan en Frisbee speel nadat ons lekker gesmul het aan die braaivleis.
Dit het gevoel of ons in SA was vir die dag. Son wat skyn, braaivleis op die kole, Savanna en Hunters om die dors te les, en self PeppermintCrisp tert vir nagereg!
Twee trotse braaiers. Duncan was erg in sy noppies met die steak wat hy gebraai het. En Pieter drink sy Fosters biertjie.
Pieter was skottelgoed na die tyd.
Pieter, Duncan en Thomas by die vuur. Ons het ook nou uiteindelik 'n regte braaier!
Kristi op die foon. Kyk hoe mooi groen is als!
Ons sit lekker en eet.

Puzzle pub
Vrydag aand het ons Kristi se B-day gaan vier by die Puzzle pub. By die puzzle word daar meer Afrikaans as enige ander taal gepraat, en jy kan lekker Savanna en Castle drink.
Linda en Duncan het afgeshow met hulle tan wat hulle by Silverestone se Grand Prix opgedoen het!
Dit was erg lekker om bietjie buite te kuier!

Thursday, June 15, 2006
Tracy Chapman
What a woman!
Nadat die piekniek klaar was, en die son het begin sak, het ons in die Courtyard gaan sit en sy het gesing vir 2 1/2 ure.
Dit het skielik so koud geword dat sy op 'n stadium in die middel van 'n song opgehou het, en begin verskoning vra het. Die arme vrou se hande het so koud geword dat sy nie meer kon guitar speel nie. Syt so rukkie opgehou en haar verhoogbestuurder het haar opgestop met nog baie klere.
Die stage was binne in een van die courtyards in die paleis. Daar was so ongeveer 2 500 mense.
Die paleis van 'n ander angle af. Hierdie tuine is amazing!
Wat kan ek se - Sy is 'n Legend!
Oppad terug huis toe was dit die view van waar ons was - wow!

Picnic at the Palace
Dis nie sommer elke dag wat mens nog 9 uur in die aand kan sit en piekniek hou met die son wat SKYN nie!
Ek en Pieter het maande terug al kaartjies gekoop om Tracy Chapman te gaan kyk, maar ons het nie gebargain op SO lekker ervaring nie!
Die hele affere was by die Hampton Court Palace net buite Londen. Daar was ongeveer 2 500 mense en almal het hulle piekniek mandjies geneem en op die gronde van die paleis gaan "partie maak". Dit was ongelooflik om te sien hoe almal sit en kuier! Daar was 'n jazz band en 'n paar girls wat musiek gemaak het, en entertainers soos "fire jugglers" en akrobate wat tussen die mense rond beweeg het.
Almal het sjampanje gedrink (ek het duidelik die memo gemis) maar ons het heel lekke aan ons Hunters Dry (met komplimente van die SA shop af) gedrink.
Ons het lekker geeet en relax, en 9 uur toe die son BEGIN sak, het ons beweeg na die "courtyard" van die paleis waar die show sou begin.
Kyk ons lekker Cheese en biscuits.
Die mense het lekker musiek verskaf in die asemrowende tuine
Ek en Pieter - trommeldik geeet!
Pieter op ons Bersie - met die paleis in die agtergrond
Ek drink lekker!

Birthday drinks
Matt Palmer wat saam met my gewerk het, het weer in Londen 'n draai kom gooi, en ons het dit sommer gekombineer met Kristi se verjaarsdag in die Puzzle pub in Earlsfield.
Die verjaarsdag meisie en haar "strafdop" Rob het seker gemaak sy kry 'n goeie doepa om haar in die nuwe lewensjaar in te verwelkom.
Van links: Dan en Coenraad wat saam met my werk (goeie werk Coenraad) en Jaco. Jaco het 2 weke terug eers in Londen aangekom, en vind nog sy voete. Maar hy weet darem nou waar is die pub... en dis al wat saakmaak!
Ek en die MS (Mortimer Spinks) Manne. Die snakebites het so vrylik geloop dat mens nie vir Matt kan kwalik neem oor sy toe oe nie!

Wednesday, June 14, 2006
Monnique
Tuesday, June 13, 2006
Outside fun
Lekker in die park! Dit was so warm dat ons moes gaan skuiling soek het in die koelte!
Kristi eet 'n lekker vleisie
Die hoogtepunt van die dag - 'n lekker Savanna - al die pad van die SA shop af!
Trevor (Nadia se outjie)
Die son het lekker deur die bome geskyn
Nadia het bietjie kreatief geraak met haar kamera die naweek.
Ons het buite in die park gaan braai, en lekker in die heerlike warm son rondkarjakker. Ons het frisbee gespeel (my lip is nou nog seer - dankie Pieter!) en lekker onder die bome rondgele.

Monday, June 12, 2006
Boulders Beach
Terwyl ons in die Kaap was, was daar darem so bietjie tyd vir sightseeing ook.
Pieter het my na die pikkewyn strand toe geneem - dit was so nice! Pikkewyne kies hierdie spesifieke strandjie om te gaan eiers le - en keer elke jaar terug daarnatoe. Dis so oulik om te sien hoe hulle uit die branders uit "waggel" om weer op die strand te kom.
Troue makietie!
Een van die redes hoekom ons spesifiek SA toe gegaan het op daardie gegewe tyd, was om Pieter se pel Eric se troue by te woon. En was dit nou vir jou 'n pragtige en lekker makietie!
As Eric en Gerri weer trou, gaan ons verseker weer SA toe daarvoor! hehehe
Die troue was naby Hartebeespoort dam, tussen die berge. Alles was asemrowend. Liezel (Pieter se sus) het deur 'n vriendin vir ons blyplek gereel by die dam vir die aand. Die huis was in Kosmos in 'n groot en baie fancy estate op die gholfbaan. Wow!
Pieter gee sy beste!
Louis en Portia. Louis is Pieter se ouer broer.
Pieter die bruid
Pieter en die eintlike bruid - Gerri
Liezel - Pieter se suster
Ons tafel by die troue - dit was so mooi!
Ek en pieter was meegevoer met al die versierings!

Subscribe to:
Posts (Atom)