Tuesday, January 31, 2006

Turkeye...


Ephesus. As julle ooit so gelukkig is om Turkeye toe te gaan...probeer 'n punt daarvan maak om Ephesus te besoek. Dit is die oeroue bybelstad (Efesieers) Hierdie stad is oor die 2 000 jaar oud, en dit was als vernietig in 2 groot aardbewings. Hulle het 50 jaar terug die stad begin "uitgrawe". Dis ongelooflik om te sien hoe mooi hulle als weer aanmekaarsit. Die strate is als GROOT marmer "slabs" en mens kan sien dit was baie weelderig. Die stad is een van die "7 WONDERS OF THE ANCIENT WORLD". Hierdie foto is van die biblioteek - Celsus library. Julle moet die detail op hierdie gebou sien...ek kon dit nie glo nie!!! Dit is te "groot" om begrip te he...Jesus het in lewende lywe daar rondgeloop toe hy op aarde was...
Oudste advertensie ooit vir 'n bordeel! Die voet wys in die rigting van die hoerhuis, en as jou voet groter was as die ene op die marmerblad (size 6) sal jy daar toegelaat word. Mens kan nie baie mooi op my kiekie sien nie, maar daar is 'n prentjie van 'n "mooi" meisie, en geld en 'n hartjie vir liefde. M.a.w.... As jou voete groter as hierdie voet is, loop in hierdie rigting on die plek met mooi meisies te kry, en jy sal geluk en liefde kry vir 'n bietjie geld.
Amphi teater in Ephesus. Daar kon tot 23 DUISEND mense gesit het. Dis uit 'n berg uitgekerf. Ongelooflik!!!

Friday, January 27, 2006

Griekse eilande - Mykonos en Santorini


Die Griekse eilande is mooi, maar dis nou regtig nie die eksotiese "wow" wat ek verwag het nie. Als is wit en blou soos mens verwag...maar dis al. Daar is omtrent geen plante of bome of gras nie, en na 'n ruk raak die mooi wit en blou ook maar boring.
Mens moet mooi kyk waar jy loop hier op die "rand" vd eiland. Die water sal jou omslaan!
Pieter in die straatjies van Mykonos. Dis presies soos mens dink dit gaan wees....blou en wit oral.
Ek en Pieter op Mykonos. As julle mooi kyk kan julle die boot ver in die agtergrond sien.



Zelna voor die bekende windmeulens in Mykonos.

Italie


Regte egte Ilatiaanse Pizza! Ons het by so oulike plekkie gaan eet op Capri eiland. Ons was gelukkig genoeg om die balkon vir onsself te he. Ons sit die HELE balkon vol. As julle mooi kyk sal julle sien dat daar 'n Prada winkel oorkant die straat is.
Uitsig vanaf eiland. Die dorp gedeelte van die eiland sit baie hoog, so mens kry 'n kabelkarretjie wat hulle 'n "finnuculare" noem tot bo.

Capri eiland. Dis aan die kus van Italie. Ons het in Napels geanker, en 'n kleiner boot oorgekry na die eiland toe. Die eiland is vol posh winkels en is baie op toeriste gefokus, maar as mens net uit die dorpie loop, sien mens die mooiste goed. Hulle is bekend vir hulle suurlemoen liquer - Lemonchello.
Kyk hoe fraai. Die blare was so mooi...ek moes dit net afneem.
Volterra - dorpie in Tuscany. Dis ongelooflik...kies die hoogste heuwel op die onmoonlikste plek...daar gaan ons 'n stad bou! Die dorp is prentjie mooi. Daar is 'n muur reg rondom. Mens moet buite parkeer en boontoe stap. Ons het die lekkerste gelati roomys hier geeet!
Wat 'n uitsig!!! Ek sal enige tyd weer terug gaan...Tuscany was amazing!



Pieter by ons karretjie in Tuscany. Ons het lekker in die peugeot rondgery vir die dag. Die paaie is nou en vol draaie. Dit was baie weird om aan die verkeerde kant van die pad te bestuur, veral op die highways.

Die eerste dag in Italie het ons by Livorno geanker. Ons kon kies of ons wou Pisa of Florance toe wou gaan, maar ons het besluit om heeltemal weg te breek en 'n kar te huur vir die dag om in Tuscany te gaan rondry.

Thursday, January 26, 2006

Frankryk...



Pieter in Monaco / Monte Carlo. Die groot Formule 1 resies vind mos altyd hier plaas. Ons het op 'n hele deel van die baan gaan stap. In die agtergrond is die hawe waar van die ongelooflikste (en duurste) bote ooit staan. As julle weer F1 kyk, sal julle dit sien!
Monte Carlo Casino. Ja nee, die wereld se beste en mees bekendste casino...en ons is uit om uit gegooi! hehehe. Dit was baie snaaks maar ons het ons gatte afgeskrik. Ons het ingegaan en Zelna en Pieter het begin fotos neem. Toe ons weer sien, staan daar omtrent 3 GROOT menere langs ons, en hulle "escourt" ons toe by die gebou uit. (sal weer dink voor ons kiekies neem in so plek!)
Stegies in Eze
uitsig terug na die boot vanaf Eze

Ek en Zelna in die dorpie Eze. Dis 'n klein "mid evil" dorpie op 'n heuwel op die French Riviera. Die dorpie bestaan uit nou strate en daar is heelwat oulike winkeltjies, en baie fancy gastehuise.



Ville Franche - Dis op die French Riviera. Daar was nie 'n hawe nie, so die boot gooi anker in die see, en dan neem hulle jou met bootjies na die vasteland toe.

Tuesday, January 24, 2006

Spanje...


Die sunset oor Barcelona - dis die eerste mooi sunset wat ek vir 'n BAIE lang ruk gesien het.
Egte Spaanse payella. En daarmee saam lekker Sangria. Ons het by so klein straat kafee gaan eet. Dit was baie snaaks want niemand kon engels verstaan nie. Ek weet nou nog nie hoe ons die regte kos bestel gekry het nie. Dit was heerlik, en baie beter as die duur "posh" eetplek waar ons die vorige aand geeet het.

Sagrada Familia kerk in Barcelona- dit is die grootste kerk in die wereld. Dit is egter nog nie klaar gebou nie. Hulle bou al vir 123 jaar aan die kerk, en dis nog nie eers amper klaar nie. Dit is so oud dat dit outdste dele al begin vergaan. As hulle klaar gebou het, sal hulle weer van voor af moet begin regmaak. Die detail is ongelooflik. Dit is BAIE BAIE hoog. Mens kan in die torings opgaan en daar rondloop, die uitsig is ongelooflik!
Oppad terug - dit is baie hoog, en noggals scary om daar af te klim.
Uitsig vanuit een van die kerk torings

Venster in die kerk

Boot Vakansie

Ek en Pieter was baie gelukkig om in Oktober op ‘n boot cruise deur die Mediterranean te kon gaan. My skool vriendin, Zelna, werk in die boot se skoonheidsalon. Sy het gereel dat ons teen spotgoedkoop pryse saam met haar kon vaar vir ‘n ruk.

Kom ek vertel net kortliks waar ons was: Ons het in Barcelona opgeklim, daarna was ons in Frankryk in Ville Franche. Daar het ons na Eze en Monte Carlo/Monaco toe gegaan. Toe was ons in Italie vir 2 dae (een dag in Livorno – ons het toe in Tuscany gaan rondry, en die volgende dag in Napels – het Capri eiland toe gegaan). Die dag daarna was ‘n see dag. Dan is jy heeldag ook op die water. Ons het andersins deur die nag gevaar, en dan word jy elke dag in ‘n nuwe plek wakker. Daarna was ons Mikonos toe – Griekse eiland. Die volgende dag was ons in Turkeye – dit was my gunsteling plek. Ons was na die ruines van die ou Bybelse stad – Ephesus. Was ook in die stad Kusadasi waar ons heelwat markte besoek het. Ons laaste dag was op Santorini eiland – nog ‘n Griekse eiland.

Die boot was ongelooflik. Mens kan nie dink dat daar so GROOT struktuur op die water kan bly nie. En daai ding beweeg teen ‘n stink spoed! Dit is ongelooflik luuks. Daar is baie fancy “bars”, ongelooflike “lounges”, ‘n fliek teater, ‘n groot teater waarin daar elke aand ‘n show gehou word (dit kan so 500 mense seat), ‘n kuns gallery, ‘n groot disco, putt putt baan, supertube, “rock climbing wall”, ‘n gym, basketball baan, ‘n spul winkels en nog BAIE meer.

Dit was by verre die ongelooflikste ondervinding wat ek nog ooit gehad het!

Ons het lekker cocktails gedrink!
Solarium. Dit is die binnehuise swembad en jacuzzi's. Dit is GROOT, regs onder kan jy my sien loop. Dit is lekker warm daar binne. So as dit gagga weer buite is, gaan le jy hier binne en dis nogsteeds heerlik! sjoe...ons het so lekker geeet. Daar is verskillende plekke op die boot waar jy kan gaan eet. Ons was meestal in die Windjammer, daar kry jy bufet etes vir Ontbyt, middag- en aand ete.
Een van die buitenste dekke. Daar is 'n groot kroeg, en 'n verhogie waar sangers optree. Daar is ook jucuzzi's en 'n klomp van daai lekker "deck chairs" waarop mens net kan sit en relax.

Ons bootjie.... die boot is 13 verdiepings bo die water uit, en daar kan tot 5 DUISEND mens op een slag op wees.

Monday, January 23, 2006

Kom groet die diere...

Jakkals. Hy bly in die park agter ons huis. Hys baie oulik, maar mens skrik noggals as jy in die donker huis toe stap, en hy hol voor jou verby.
Ons huis kat - Jinx. Hierdie katjie het in ons woonstel grootgeword, maar het nou nuwe huis gekry. Reoni en Waldo het platteland toe getrek, so nou het hy skielik 'n groooot huis en erf om in te speel. Ons mis hom erg baie!

Kerneels - my eekhoring. Hy bly in die bome daar by ons woonstel. Hy stap in die oggend saam met my bus stop toe. Hy is noggals stuitig...julle moet sien hoe jaag hy die groot duiwe rond!

Dis ons grootste troeteldier. Moet net nie koekies iewers in die huis los nie....hierdie monstertjie sal als opvreet! (Ek praat van die pienk en oranje ene...nie die blond nie!)

Thursday, January 19, 2006

Nog maaitjies!

2 van my werksmense. Coenraad en Matthew. Ons praat lekker Afrikaans in die kantoor. Coen is van Windhoek af, en Matt is 'n Gautenger.

Die local lewensredder

Elzanne - deur die blare in Windsor
Pieter en William Wallace van Bravehaert (Mnr Wallace kom braai altyd saam met ons) Ons hou maar die dop weg van hom - hy kan noggals agressief raak met daai swaard!
Robert - Pieter se broer se seuntie. pragtige kind!
Ek my Sara - my een baas. Op haar troue in 'n ou kasteel.
Zelna, Elize en Rista op Elize te troue.

Henda se tone....hulle moet hull eie kiekie op die blog kry, want hulle is so lank dat hulle hul eie persoonlikheid het!

Ek en my Ma en Pa in Wallis