Ons het Saterdag aand vir Pieter 'n surprize party daar gereel om sy verjaarsdag te vier. Dit was nie baie maklik om hom daar te kry nie, maar ek dink darem hy het die comedy geniet.
Daar was 4 komediante, almal vrek snaaks.
Hier pak Kristi, Linda en Duncan bietjie tanne uit! Kyk net daai helse beker bier!
Ons tafel was REG langs die verhoog.
Justine (in die rooi) is Katherine se niggie - sy het bietjie in Londen kom kuier vir die naweek en sy het ons almal aan die lag gehad.

Die show gaan tot so half 12 aan, en dan maak hulle plek en skielik is dit 'n nagklub. Ons het lekker lyf geskud en was baie hartseer toe ons half 1 moet loop om die laaste bus te kry huis toe.
No comments:
Post a Comment