Om die regte atmosfeer te skep, was daar 'n trok met 'n band op wat heeltyd lewendig musiek gespeel het. Die storie het oor die hele naweek afgespeel, en op verskillende plekke in die stad. Ek het dit Vrydag middag na werk gaan kyk, en weer Saterdag in Travalgar Square. Die Vrydag was ek reg langs die dierasie. Daar kom wind by sy slurp uit - genoeg om jou amper om te blaas. En elke nou en dan spuit hy water uit en dan is almal sopnat.
Hier staan hy voor die ingang van die National Gallery in Travalgar Square. Dis reusagtig!
Ek is seker enige van julle wat al in Londen was, ken Piccadilly Circus - en hoe groot dit is. Hier loop die olifant daar verby, en die advertensie borde verdwyn amper agter hom.

Die puppet dogtertjie het op 'n stadium self 'n scooter gery.
Hier is die kapsule waar als begin het. Kyk hoe lyk die straat - dit lyk regtig of die ding daar kom chrash het.
Hier is hy besig om haar te stort. Kyk die London Eye daar agter.
1 comment:
Hello Mandie,
Die olifant het nie uit die kapsule geklim nie, die dogtertjie het!
Post a Comment