Tuesday, August 21, 2007

Maaikies

Dit was erg lekker om weer met ou vriende op te vang.

Elzanne en Mnr de Witt by 'n revue oefening


My neef Frikkie hierbowas by die Bloem kunstefees om van die boek besprekings te lei. Hy is betrokke by 'n Britse uitgewer wat fondse in SA boeke stoot. Baie interessant.

Elzanne se ouers hieronder - op hul plaas net buite Kimberley. Hullet het ons bederf oppad terug Bloem toe na ons kuier in Douglas by Emmie.
Hannes en Christelle - ou revue vriende. Hulle trou in September. Baie geluk - sien, die revue bring mens regtig closer. hehehe Celia my haarkapster, en haar oulike dogtertjie Zinelle


Ek en Elize
Ek en Ferrie

Louis Zeeman. Ons het mekaar heel toevallig raakgeloop in 'n Chinese eetplekkie en daarna gaan drinks drink. Ons was pelle toe ek in St 7 was! Sjoe ek word nou oud!

Ek en Francois
Mare - 'n ou skool vriendin. Ons was beste maatjies hier van st 2 se kant af. Sys nou getroud en het ook 'n pragtige dogtertjie.
Ek en Eric. Ek het my half dood geskrik toe hierdie "vreemde" man in die Dros op my afstorm. Hy bly in Newcastle en was in Bloem vir besigheid. Eric is Pieter se oudste en beste vriend. Hulle het langs mekaar gebly in Vryheid. Ek het hom nog net op sy troue verlede jaar ontmoet. Klein wereld!
Nog 'n Pieter! Hier is ons besig met 'n ordentlike pub crawl - ek was verbaas hoe lekker ek in al Bfn se klubs gekuier het. En ja Pieter, jy hoef nooit weer 'n suitcase te drink nie!
Hier is ek saam met Liesel en Melloney. Ek het hulle BAIE lanklaas gesien.
Liesel en Johan Verwey se seuntjie, Luan.

Gauteng

Ek het 'n paar dae in Pretoria en Johannesburg spandeer voor ek terug gekom het Londen toe.
Hier is my niggie Elreth en my Tannie Eleen in Pta.

Ek het ook by Pieter se ouers 'n draai gaan maak. Was die eerste keer wat ek alleen in Pta bestuur het - was noggals scary. Die mooi mos blomme het Pieter vir Tannie Rina gestuur vir haar verjaarsdag.
My Ma en my tannie in Ocean Basket

Pieter se broer, Louis, en Portia. Ek en Monnique het een aand saam met hulle gaan eet in East Gate mall. Was erg lekker.
En kleinding Robert was natuurlik ook daar. Hy het so groot geword!
Ek besef my wenkbroue lyk bietjie donker - ek het dit daardie dag laat tint! hehehehe

Ek en Monnique

Die calamari wat ons in Ocean basket gekry het - wow!
Monnique en Eon het lekker vir ons gebraai. Ek sal Monnique se stampmielie gereg aanbeveel!

Biltong biltong biltong!

Terwyl ek in Bloem was het my Pa 2 keer gaan jag. Hier is hy besig met dele van die eland en gemsbok wat hy huis toe gebring het.

Die horings van die gemsbok wat hy geskiet het.
Willie het ons kom oplaai om die vleis op die plaas te gaan haal nadat dit bietjie ryp geword het.
Oom Ted, op wie se plaas hulle gaan jag het
2 oulike jack russels wat nie van die vleisies kan wegbly nie

Wednesday, August 15, 2007

Kareoke

Ons het 2 keer lekker kareoke gaan hou by die Casino in Bloemfontein. Ons was elke keer omtrent so 15 mense saam, en dit was erg lekker om saam in so groep te kuier.

Hier gee Elzanne en Johan hul beste.

JR en Marileen
Die stoele by die bar
Ek en Zanne
Will maak reg vir die Greece medly
Johan - Juf Rotenmaaier?
Oomblike na daar 'n groot glas rooiwyn op Johan se broek uitgemors is, word ons name toe mos nou geroep om te gaan sing. Ek moet se, "I'm a believer" was nog nooit so snaaks nie.
Ek het lekker perdjie perdjie gespeel.


Boemelaars Party

My suster (Liezel) het een aand 'n Boemelaars party gehou. Vet pret! Ons het almal soos bergies aangetrek en uit blikbekers gedrink, slaptjips uit koerantpapier geeet ens.

Pieter en sy dogertjie Melissa

Nog bergies (hierdie is ongelukkig geneem nadat meeste van die "attire" al uitgetrek is) Dis Lisbe, Johan en hul seuntjie, Janre.
Johan Wilna en hul kiddies
George met Pieter se sign - ek het lekker gelag hiervoor!
Later het die boemelaars begin sing........ ouch! Liezel op haar beste.
Lisbe en Pieter neem die mikrofoon oor







Friday, August 10, 2007

Familie

Ek en my 2 susters, Liezel en Anelle, en my Ma

Liezel en GeorgeEk en Anelle se kids - hulle het SO GROOT GEWORD! Herman is al langer as ek, en Pieter kyk my in die oe!
Ek en Anelle
Liezel en haar mafia pruik
Die kids het my hoede stash ontdekDs Jan en sy vrou wat met ons fam kom gesels het.
'n Roos in my ma se tuin.