Wednesday, January 18, 2006

Kom groet vir...

Die Amsterdam crowd. Van links af is Phil (Aussie), Laura (Kiwi), ek Francis en Monnique (SA), Adrian (Korea) en Lai Lai (China). Ons het almal lekker saam gekuier op ons trip na Amsterdam. Dis amazing hoe mense met sulke verskillende agtergronde, so lekker kan saam kuier!

My "kliptuin" aka Stonehenge
My blomtuin. (dis eintlik by Keukenhof - grootste tulp plaas in die wereld - in Holland) Liesel en Johan Verwey op hulle groot dag - Bloem maters
Ek Reoni Monnique en Kath. Ons vier was verlede jaar die inwoners van 50 Maskell rd. Vet pret!
Ons sitkamer - ja ek weet....daars baie plek. (dis eintlik die Royal albert hall...maar ek hou daarvan om te dink dat ek daar bly!)
Monnique en Nadia - halloween
Die local eend


Mandie en Mandie
Monnique, Waldo en Reoni.
Monnique en Phil. Phil is ons Aussie pel.


Monnique en Nadia - wat maak julle?
Ek, Zelna en Pieter op die tube stasie
Kyk net daai lyfie!

kiekies

Die Trio - Elzanne, ekke en Henda in ons kombuis
Die Queen...syt nou die dag kom tee drink!
Elzanne en Pieter het bietjie TE mooi gepose vir DIE kiekie in Bath

Linda en Duncan - mede London bewoners
die girls - by die sokkie in London. Henda en Elzanne is onder, Nadia, ek Monnique en Mandie staan bo....ja daar is 2 Mandie's!
Ek en Elzanne op die toerbus in Bath
Elrien en Rassie - iewers in Bloemfontein


Ek en Henda op 'n boot party op die Teems rivier

Ken mekaar

Hallo julle. Ek wil graag vir die volgende week of so julle almal aan mekaar voorstel. Jou eie gesig sal dus binnekort ook hier verskyn!

Tuesday, January 17, 2006

Getting to know you....tralalalalalaaaaaa

Kom ek stel julle net voor... (ek het van julle so lanklaas gesien dat julle my nie meer sal herken nie)

Ek is die ene met die lang hare. En die persoon by my is my oulike kerel, Pieter. Ek en Pieter het mekaar hier in London ontmoet, en is nou al amper 'n jaar en 'n half saam.

Ek hoop om binnekort kiekies van al my maters hier op te he, sodat almal weet hoe almal lyk! hehehe.



Op die eifeltoring - dit was BAIE BAIE BAIE koud daar in Parys!

Oppad na my baas se troue Kersfees in ons huisie - ons hele sitkamer het omtrent soos 'n krismiskoek gelyk!

Its a new year!

Kan julle glo dat dit alweer 'n nuwe jaar is? Tyd vlieg!
Dis asof die Xmas breuk en "holiday season" alweer net 'n "distant memory" is.
(Ja ma...ek weet ek moet nie my taal so mix nie...maar dis maar moeilik as jy al vir 2 jaar lank tussen die pommies bly)

Nou ja...hier sit ons nou. Dis koud en gagga en ons sien nooit die son nie. Dis mos nou Engeland vir jou! Almal in Suid Afrika kla oor die hitte en se dis so droog...en hier sit ons in die koue, en reen elke aand nat! Wat 'n kontras! Hoe verduidelik mens nou eintlik vir iemand by die huis hoe erg dit is as die son eers na 8 in die oggend opkom, en dan 4uur in die middag weer sak?

Maar ek is nie hier om te kla nie... Ek hoop dat julle hierdie blog gaan geniet. Dis tog net soveel makliker om al die nuus so te kan deel met al die maters.

Sien julle gou weer!