Wednesday, June 13, 2007

Walk for Life

Ek en Pieter het Sondag die Walk for Life gedoen. Dis 'n groot charity walk hier in London en duisende mense daag op (sommiges in fancy dress) om deur die stad te loop om geld in te samel.

George Michael....
Ons medaljes
Ons het vir Nadia ook raakge"loop".
Ons het in sarsies vertrek - hierdie is die 3de sarsie vd dag.
In die agtergrond is Buckinham Palace
Nog 6 km om te gaan.... voel eerder soos 20!
So halfpad, by St Pauls Cathedral
Weer Buckinham paleis se tuine.

Tuesday, June 05, 2007

Spot die Afrikaanse celeb in Engelend!

Wie sou nou ooit kon raai dat ons vir Anton Goosen sal sien in 'n kar langs ons s'n toe ons in 'n traffic jam vassit langs Stonehenge?!?!?!?!

Ons was almal so verstom dat hy daar in lewende lywe (In blerrie Engeland) langs on sit dat nie een van ons 'n foto geneem het nie. (en 2 van die 4 mense in die kar het immers met hulle kameras op hul skoot gesit!) hehehe


Blommetjie gedenk aan my....tralala.......

Ontbyt galore

Annerien het die 28ste Mei verjaar en ons het lekker ontbyt gaan eet om dit te vier.
Bifday girl - Annerien het ons almal oortuig dat sy nou 21 is!



Monday, June 04, 2007

Rochester

Ons het 'n deel van die erg nat en koue langnaweek is in Rochester by Jason spandeer.
Rochester is 'n lieflike ou plek net suid van Londen.

Groooooot boom wat ouer as 100 jaar is

Rocherster Katedraal. Dit was mooi in die katedraal. Buite was dit gagga met al die reen, maar daar was 'n pinkster diens aan die gang in die katedraal en die koor het so mooi gesing - mens het skoon tuis gevoel.
Pieter en Jason by Charles Dickens se memorial geboue en tuin.
hmmm.... weet nie so lekker van hierdie straat naam nie. hehehe
Die kasteel

Interessante ou gebou in die hoof straatjie. Kyk hoe laag is die deur.
Ons het baie lekker gekuier - Dankie Jason