Thursday, June 15, 2006

Picnic at the Palace

Dis nie sommer elke dag wat mens nog 9 uur in die aand kan sit en piekniek hou met die son wat SKYN nie!

Ek en Pieter het maande terug al kaartjies gekoop om Tracy Chapman te gaan kyk, maar ons het nie gebargain op SO lekker ervaring nie!

Die hele affere was by die Hampton Court Palace net buite Londen. Daar was ongeveer 2 500 mense en almal het hulle piekniek mandjies geneem en op die gronde van die paleis gaan "partie maak". Dit was ongelooflik om te sien hoe almal sit en kuier! Daar was 'n jazz band en 'n paar girls wat musiek gemaak het, en entertainers soos "fire jugglers" en akrobate wat tussen die mense rond beweeg het.

Almal het sjampanje gedrink (ek het duidelik die memo gemis) maar ons het heel lekke aan ons Hunters Dry (met komplimente van die SA shop af) gedrink.

Ons het lekker geeet en relax, en 9 uur toe die son BEGIN sak, het ons beweeg na die "courtyard" van die paleis waar die show sou begin.

Kyk ons lekker Cheese en biscuits.
Die mense het lekker musiek verskaf in die asemrowende tuine
Ek en Pieter - trommeldik geeet!
Pieter op ons Bersie - met die paleis in die agtergrond
Ek drink lekker!

Birthday drinks

Matt Palmer wat saam met my gewerk het, het weer in Londen 'n draai kom gooi, en ons het dit sommer gekombineer met Kristi se verjaarsdag in die Puzzle pub in Earlsfield.

Die verjaarsdag meisie en haar "strafdop" Rob het seker gemaak sy kry 'n goeie doepa om haar in die nuwe lewensjaar in te verwelkom.

Van links: Dan en Coenraad wat saam met my werk (goeie werk Coenraad) en Jaco. Jaco het 2 weke terug eers in Londen aangekom, en vind nog sy voete. Maar hy weet darem nou waar is die pub... en dis al wat saakmaak!
Ek en die MS (Mortimer Spinks) Manne. Die snakebites het so vrylik geloop dat mens nie vir Matt kan kwalik neem oor sy toe oe nie!

Wednesday, June 14, 2006

Monnique

Monnique en Pieter by die lughawe net voor ons teruggevlieg het.

Monnique en my Pa - hands off Pa...wat sal Ma nie se nie!

Ons het lekker saam met Monnique gekuier in SA. Sy bevind haarself deesdae in Johannesburg.

Tuesday, June 13, 2006

Outside fun

Lekker in die park! Dit was so warm dat ons moes gaan skuiling soek het in die koelte!


Kristi eet 'n lekker vleisie

Die hoogtepunt van die dag - 'n lekker Savanna - al die pad van die SA shop af!
Trevor (Nadia se outjie)
Die son het lekker deur die bome geskyn

Nadia het bietjie kreatief geraak met haar kamera die naweek.

Ons het buite in die park gaan braai, en lekker in die heerlike warm son rondkarjakker. Ons het frisbee gespeel (my lip is nou nog seer - dankie Pieter!) en lekker onder die bome rondgele.

Monday, June 12, 2006

Boulders Beach






Terwyl ons in die Kaap was, was daar darem so bietjie tyd vir sightseeing ook.
Pieter het my na die pikkewyn strand toe geneem - dit was so nice! Pikkewyne kies hierdie spesifieke strandjie om te gaan eiers le - en keer elke jaar terug daarnatoe. Dis so oulik om te sien hoe hulle uit die branders uit "waggel" om weer op die strand te kom.

Troue makietie!

Een van die redes hoekom ons spesifiek SA toe gegaan het op daardie gegewe tyd, was om Pieter se pel Eric se troue by te woon. En was dit nou vir jou 'n pragtige en lekker makietie!
As Eric en Gerri weer trou, gaan ons verseker weer SA toe daarvoor! hehehe

Die troue was naby Hartebeespoort dam, tussen die berge. Alles was asemrowend. Liezel (Pieter se sus) het deur 'n vriendin vir ons blyplek gereel by die dam vir die aand. Die huis was in Kosmos in 'n groot en baie fancy estate op die gholfbaan. Wow!

Pieter gee sy beste!

Louis en Portia. Louis is Pieter se ouer broer.

Pieter die bruid

Pieter en die eintlike bruid - Gerri
Liezel - Pieter se suster
Ons tafel by die troue - dit was so mooi!
Ek en pieter was meegevoer met al die versierings!
Om ons SA trippie het ons die beste vir laaste gehou...
'n groot vriend van Pieter het die 3de Junie getrou in Hartebeespoort dam. Wat 'n fees! Die hele Gericke familie het opgetrek daarnatoe en ons het 'n fantastiese aand gehad!

Eric en Gerri - Baie geluk!

Die blomme en al die versierings was asemrowend!
Die Gericke kids en die bruid en bruidegom.
Mandie die gypsy!
Ek en die manne! Van links af: Phillip, Duncan, Louis, Eric en Pieter.
Ek het niks verkeerd gedoen nie - belowe!

Friday, June 09, 2006

Ddisselblom

Ons was gelukkig genoeg om op ons eerste aand in Bloem na Ddisselblom te kon gaan luister/kyk. Ek was baie lanklaas in 'n nagklub, en was nie TE opgewonde oor die "thought of" dronk kinders (studente....sjoe, ek word nou oud!) nie. Maar ek moet erken, dit was erg lekker en ons almal het dit baie geniet!


Bloemmies!

Wat 'n fees om weer in Goeie ou Bloemmies te kon wees! Elzanne het vir my, Hansie, Henda en Cobus een aand getreat met 'n heerlike ete en baie entertainment. Ons het 'n volslae sokkie in haar sitkamer gehad en tot die vroee oggend ure saam met Cobus en sy kitaar gesit en sing.

Die girls in die Spur. En en Henda, Elzanne en Elrien - die 4 terte Reunited!

Elzanne en Pieter het mekaar duidelik baie verlang - ek hou julle dop hoor!

Friday, May 12, 2006

Jippy!


Raai wat doen ons vanaand...

More die tyd sit ons in SA!

Tuesday, May 09, 2006

Tower Bridge and City Hall

Nadat ons die olifant gaan kyk het, was ons (Ek, Pieter en Kristi) Tower Bridge en City Hall toe. Die stadsaal is so nou en dan oop vir die publiek. Die gebou het reuse spiraal trappe wat van bo na onder gaan. Dit neem noggals 'n rukkie om 9 vloere in die rondte af te klim. hehehe



City Hall is 'n baie moderne gebou reg langs die geskiedkundige Tower Bridge. Die twee pas nie regtig by mekaar nie - maar dis noggals cool om dit te sien!


Monday, May 08, 2006

Fantasties!!!

Sjoe - wat 'n belewenis! 'n Meganiese olifant wat 4 VERDIEPINGS HOOG staan! Die "storie" het die naweek in Londen afgespeel. Dit het begin met 'n "kapsule". En uit dit het die "Magical Time Travelling Elephant" geklim. Ek kon my oe nie glo nie! Dit gaan oor 'n Sultan wat droom van 'n dogtertjie wat in 'n ander tyd bly, en hoe sy vir hom die wereld wys. Hy kry dan hierdie olifant wat deur tyd travel om by haar uit te kom. Die foto's doen dit ongelukkig glad nie "justice" nie. Die blerrie ding was so "real"!!! Selfs sy oe draai rond, en dit lyk of hy vir jou kyk! Kyk bietjie hoe klein is die mense langsaan, in vergelyking met die olifant.

Om die regte atmosfeer te skep, was daar 'n trok met 'n band op wat heeltyd lewendig musiek gespeel het. Die storie het oor die hele naweek afgespeel, en op verskillende plekke in die stad. Ek het dit Vrydag middag na werk gaan kyk, en weer Saterdag in Travalgar Square. Die Vrydag was ek reg langs die dierasie. Daar kom wind by sy slurp uit - genoeg om jou amper om te blaas. En elke nou en dan spuit hy water uit en dan is almal sopnat.


Hier staan hy voor die ingang van die National Gallery in Travalgar Square. Dis reusagtig!
Ek is seker enige van julle wat al in Londen was, ken Piccadilly Circus - en hoe groot dit is. Hier loop die olifant daar verby, en die advertensie borde verdwyn amper agter hom.


Die puppet dogtertjie het op 'n stadium self 'n scooter gery.

Hier is die kapsule waar als begin het. Kyk hoe lyk die straat - dit lyk regtig of die ding daar kom chrash het.
Hier is hy besig om haar te stort. Kyk die London Eye daar agter.