Wednesday, September 27, 2006

Snorkelling in the Red Sea

Ons het die voorreg gehad om 'n hele klomp keer te gaan snorkel. Dit was seker nog van die beste ondervindings wat ek nog ooit gehad het. Die water is lekker warm (ok nie warm warm nie, maar fine om in te swem) en dis so mooi helder! Ons was gelukkig genoeg om 'n mooi rif te he by die oord se strand waar ons gebly het. Ons het ook 'n trip gedoen na die Hilton hotel wat op die grens van Israel is, om daar te gaan snorkel - dit was amazing! Mens kan letterlik op jou kniee in die vlak water staan en daar sal al klaar vissies om jou wees. Laat ek julle voorstel aan ons nuwe gevinde vrinne!

Nemo se kleinkind

Hierdie ene was my gunsteling. Die foto doen dit nie justice nie. Hy het HELDER pers strepies op sy rug en die pienk, oranje, groen en geel is soos neon kleure. Hulle is nuuskierig ook, hulle kom swem na jou toe. Hulle is seker so 20cm lank













Goudvis met 'n twist. hehehe


















Hierdie is hoe die lyk op 'n besige plekkie. Daar is oral sulke "hotspots" waar daar honderde vissies saam swem.










Hierdie was een van die coolste visse wat ons gesien het. Hy is amper 'n meter lank, en daai stert vinne is erg nice om te sien!

Ons eie kiekies

Hierdie is die kiekies wat ons self met 'n cheap onder water kamera geneem het - dit is ongelukkig nie baie duidelik nie, en die lyk baie mooier as jy dit met jou eie oe sien!


Hierdie kiekies is baie onduidelik, maar dis net om vir julle die idee te gee oor hoe baie vissies daar is wat om jou swem.







Ek en Pieter het lekker rondgeswem in die watertjies. Ons het altwee SO lanklaas geswem - gelukkig verleer mens dit nie. hehehe



Jussie julle! Kyk hoe swem ek!
Hierdie is 'n close up van 'n vin van een parrotfish. Is dit nie ongelooflik nie?!













Hierdie is 'n parrotfish - mens kry heelwat verskillende kleure en grootes van hulle - dit gaan oor die mond van die vis wat soos 'n pappagaai s'n is. Hulle is redelik groot - omtrent so half meter lank.












Hierdie is 'n tipe blaasoppie - iets soos 'n gemaskerde pufferfish of so - maar ek is nie seker nie.















Korraal ding - die paar wat ons gesien het is omtrent 30-50cm lank















Nog 'n soort blaasoppie













Hierdie vis is 'n picasso. Hy kom net in die deel van die Rooi see voor waar ons was.















Hier is nou die scary ene. 'n Lionfish! Hy het giftige goeters in daardie "vere" van hom wat hy in jou indruk as hy bedreig voel. Dit is 'n ongelooflike ding om te sien! Ons het seker 'n stuk of 20 gesien deur die loop van die week.


































Oulike geel vissies















Ons het 2 baracuda's gesien - dit was ook scary, maar blykbaar byt hulle jou net as hulle verward raak en sal jou nie opvreet nie. hehehe













Ons het 'n paar cuttlefish gesien - inkvis. Dit was 'n groot bonus want ek het nie gedink hulle sal so naby aan die land kom nie.

Tuesday, September 26, 2006

Partie




Nadia het die 18de Sept verjaar en ons het sommer lekker in hulle nuwe woonstel partie gemaak.


Hier is ek en Pieter en Linda na 'n shot appel vodca - sjoe! dit was sterk!









Die verjaarsdag maatjie en Ilse - Nadia wat sal trevor hiervan se?


















Die 3 musketeers - Trevor, Nick en Thomas.

Friday, September 15, 2006

Ons gaan op vakansie!!!

Dit is uiteindelik amper tyd om ons tasse te pak vir Egipte. Ons vertrek Maandag oggend (18de Sept) en sal die Maandag daarna weer terug wees.

Ons snorkel "gear" is reg - ek hoop ons gaan mooi vissies sien! Die oord waar ons bly het sy eie private strand, en blykbaar kan mens sommer net daar snorkel.

Ons is van plan om Cairo toe te gaan om die piramides te gaan kyk - dit sal 'n laaaaang dag wees.
Vir ingeval julle nie weet waar op die wereld kaart ons heen gaan nie... Ons gaan bo in Egipte wees op die rooi see, in 'n plek wat se naam Taba is. Ons gaan ook na Petra toe, wat in Jordanie is.
Petra
So ja...hopenlik besluit die terroriste om niks te doen volgende week nie - en dan praat ons weer oor so rukkie!

Ek gaan op vakansie....nanananana!

Monday, September 11, 2006

Honde resies

Ons het Vrydag aand na die Honde resies baan gegaan wat letterlik 3 min se stap van ons huis af is. Ons dreig nou al hoe lank om te gaan kyk, maar het nog nooit daarby uitgekom nie. Dis nou nie iets wat ek elke Vrydag aand sal wil gaan doen nie, maar dit was eitnlik vet pret. Ek het 'n hele paar keer reg geraai oor wie gaan wen - en ek het darem 1 keer 'n volle £1.30 gewen! hehehe
Ek en My Auzzie pel Phil

Ek en Pieter

Tuesday, September 05, 2006

How to put your foot in your mouth

The Catherine Tate Show

Snaaks

The Catherine Tate Show

Monday, September 04, 2006

Trouklokkies

My Afrikaanse kollega het 12 Augustus in Windhoek die knoop deurgehak. Baie geluk Annie en Coenraad. Dit was pragtig!!!






Comic relief...

Catherine Tate


Nou vir die van julle vat nie die Catherine Tate show ken nie, sal hierdie dalk nie so baie waardeer nie, maar ons kyk dit gereeld, en omdat sy gekskeer met die Britte en die kultuur, is dit vir ons vrek snaaks. Sy het verskillende karakters wat sy als self doen. Ons like veral die ouma.

funny!

Catherine Tate @ Comic Relief

Toevoeging tot die familie...

Hartlik welkom


Hallo almal - ontmoet vir Kaspaas. Hy is ons nuwe tjor wat ons by Linda en Duncan oorgekoop het. Kaspaas kom al 'n hele paar jare aan (Hys 'n 1994 model) maar daar is nog baie spunk in sy 2liter enjin! Ons het gister vir 'n heerlike Sunday drive gegaan. Sunroof oopgehad, en lekker met die radio saamgesing! Hehehe