Friday, July 14, 2006

Camden Town

Dis darem maar altyd lekker om in Camden town te gaan rondloop. Ek en Pieter was nou al so baie keer daar, en elke keer is daar iets nuuts om te sien. Hulle is besig met 'n groot ontwikkeling om meer plek vir die stalletjies te maak. Dit is vreeslik kunstig en baie mooi. Daar is DUISENDE mense en ek is dankbaar dat ek nie "Claustrophobic" is nie. Alles is so kleurvol en vol lewe. Die punks is natuurlik ook 'n groot trek pleister. Maar deesdae is daar nie meer so baie punks soos in die verlede nie - ek dink daar is nou net TE veel mense wat hule teister.

Een van die baie kos stalletjies

Die Underground stasie
Ek en Lauren eet Chinese
Starbucks koffie by die kanaal.
Die locks by die kanaal
Dis hoe die mense lyk wat daar rondloop Imagine jou ma lyk so....hehehehe

Wednesday, July 12, 2006

Piekniek en Boot trip

Ons het Saterdag na die tog deur die paleis en tuine rustig in die piekniek area van die tuine gaan sit, en lekker piekniek gehou en so bietjie relax. Daarna is die doolhof "maze" aangedurf en al die bemanningslede het darem veilig teruggekeer nadat hulle so bietjie verlore geraak het. Dit is ongelooflik om te dink dat die maze al van 1702 daar is!

Daarna het ons 'n boot trip gedoen vanaf Hampton Court na Richmond. Dit was so lekker. Heerlik rustig en dis ongelooflik om te sien. Daar is die mooiste huise op die rivier oewer - wil nie eers dink wat hulle werd is nie!!! Daar is oral mense wat op hul bootjies rondvaar en daar was selfs 'n troue aan die gang op een van die eilandjies in die rivier. Dit was so mooi. Daar was 'n boodjie-dingetjie wat opgemaak was en mens kon sien dit was vir die bruidspaar bedoel. Hulle het oor die rivier aangekom. Die gaste was in hulle beste uitgevat en die vrouens het almal "hooftooisels" aangehad. Die bruid het vir ons gewaai en mens kon sien hulle is almal lekker besig om te party. Die hele eilandjie was opgemaak en versier en dit het so mooi gelyk.

Hier kan mens van die roeiers sien wat by ons verby gekom het. Daar was 'n hele paar dames spanne ook, en mens kon sien hulle oefen hard.
By die piekniek. Daar was groot mooi bome om ons en Duncan het ons vertel van die verskillende voeltjies wat daar rondgeloop het.
Hier sit ons op die boot - besig om deur 'n lock te gaan.
Piekniek kos
Sexy man op sy piekniek bersie! Sjoe - ek is darem maar gelukkig om so oulike kerel te he!
Pieter, Linda en Duncan. - Kyk hoe mooi lyk Linda met haar rooi hare!

Tuesday, July 11, 2006

Sonskyn Saterdae

Ons het die naweek weer na Hampton Court Palace toe gegaan. (Dis daar waar ons Tracy Chapman ook gaan kyk het) Die keer was ons daar om die mooi tuine te sien, en te gaan piekniek hou. Die weer het mooi saamgespeel en dit was 'n fantastiese dag.

Ek en Pieter was al vorige kere deur die paleis self, so ons het meer tyd in die tuine spandeer, terwyl die ander mense deur die groooot paleis met al sy mooi vertrekke geloop het.

Daar is ongelooflike blombeddings reg rondom die groot geboue.
Daar is 'n GROOOOT "arch" wat toegerank is. Ek skat hy is so 4 meter hoog, en omtrent 100 meter lank. Dit is so mooi!
Ekke deur die blare
Lauren voor die paleis en mooi tuintjies. Alles is so mooi uiteengesit
Voor die een deel van die paleis is daar 'n oop tuin met groot grasperke. Rondom dit, is daar vreeslike mooi blom beddings. Elkeen lyk anders - dit is amazing!
Pieter het ook agter 'n blommetjie uitgepop!
Een van die fonteine in die tuin. Ek was SO hartseer toe ons daar was. Daar was 'n baba eendjie wat sy ma verloor het, en die arme dingetjie het so verward daar rond geswem. Sy stemmetjie is seker nou nog seer van al die benoude piep geluide. Ek het bietjie later weer daarnatoe geloop, en toe was sy ma darem daar - die arme dingetjie het so naby sy ma gebly - dit het gelyk of hulle vas aanmekaar is! Ek wonder of mens 'n eend in 'n woonstel kan aanhou.....

Blomme en paleise!

Een van die privaat tuine langs die paleis - dit is SO mooi! Die wereld se oudste en grootste "grapevine" is ook hier. Dit is GROOT!
Ek en Pieter voor die privaat tuintjie
Pieter en die lelies
Een van die beddings in die roos tuin
Daar is oral sulke groot blombeddings en die een is net meer amazing as die vorige een. Ek kan nie eers dink hoeveel ure se werk daar in daardie tuine ingaan nie!
Hierdie blombedding het woorde op. Dit se God Save The Queen. Dit is SO goed gedoen, en lyk regtig stunning!
Inzooome Maria!

Monday, July 10, 2006

Gericke's en klein Gericke's

Pieter se broer (Louis) en sy vrou Portia het die afgelope naweek sy ouers geneem om die Stormers vs Bulls te gaan kyk op Loftes. Tannie Rina is 'n groot Bulle ondersteuner en Oom Bob skree vir die Stormers. Die Oom het sy vrou seker lekker gespot omdat haar span verloor het. Hou moed tannie - die Bloues sal hulle terugkry! Kyk hoe lekker sit hulle in die losie. *jaloers*
Louis en Portia se kleinding word elke dag net groter en ouliker! Kyk net al sy tande! (Tannie Liezel sal sorg dat hulle mooi na gekyk word)
Robert het met die verf blikke kennis gemaak!
Kyk hoe lekker le hy en slaap in die gang op sy speelding! Aaaaau!
Hoe kan so gesiggie nie mens se hart laat smelt nie!

Robin Williams And Brangelina's Kid


Kyk bietjie hierdie video - dit is SO snaaks! Maak seker die klank is aan!

Goeie hubare jong man?

Lauren het die naweek by ons kom kuier. Sy is Pieter se boetie (Louis), se vrou (Portia) se half sussie. Sy het so 2 maande terug in Pommie land aangekom, en bly noord van Londen naby Luten Lughawe. Sy werk by 'n GROOT veearts praktyk daar as 'n "vet nurse". Ons het haar bietjie in Londen rondgewys en het hierdie oulike jong man vir haar in Camden town opgetel.


Let op na die ou se knoppe in sy arms. Daar is orals op sy lyf sulke inplantings. Daar is omtrent nie 'n plekkie op sy lyf wat nie tatoo's op het nie. Kyk ook die plastiek hare en kroontjie. My kollega het my gevra of dit 'n blanke is - en JA dit is. hehehe

Die weirdste van als was die feit dat ons met hom gestaan en gesels het - 'n dood normale gesprek. As mens met hom oor die foon sou praat, sou mens dink dit is 'n normale ordentlike Engelse man.

Friday, July 07, 2006

1 jaar terug...

Wel dit is vandag presies een jaar terug wat die bomme op die underground in Londen was. Alles het heel normal verloop tot dusver, maar ek moet erken, mens let vandag veral net so bietjie beter op wie saam met jou op die tube klim. Maar net omdat daar nie terroriste saam met jou is nie, is dit nie te se dat als vlot gaan verloop nie. En as jy die algemene bad luck het wat ek het, kan enige trippie in ‘n disaster verander!

Ek het gister na werk winkel toe gegaan (Tesco vir die wat weet) om proviante vir ons piekniek die naweek te koop. Natuurlik het ek effens oorboord gegaan en bietjie te veel vrugtesap, vonkelwyn en Pimms gekoop, wat NIE ‘n goeie ding is nie, want dis swaar, en ek moet dit nog als huis toe DRA! Nou ja…so loop ek met my swaar shopping sakke en word ingedruk op ‘n Bakerloo underground trein oppad na Waterloo. Ook maar net betyds by Waterloo uitgekom, want mens sal uitpass van die hitte en bedompigheid op daai trein! Nou loop ek na die overland treine toe……stap stap stap….. ek wil deur die hekkies gaan. Nou moet jy verstaan…ek het ‘n handsak by my, en 3 groot sakke vol shopping…en die hekkie waardeur jy moet loop, is nie baie wyd nie. (dit sou natuurlik gehelp het as my gat nie so breed was nie!) So ek lig toe nou die sakke half bo my kop sodat ek my lyf deur die hekkie kan kry…heel goed verloop…tot ek skielik met ‘n moerse skok terug GERUK work…. My handsak se strap het in die proses aan die hekkie se deur-dinggetjie vasgehaak, en toe die deurtjies toeslaan, toe rem dit my handsak strap saam. Ek het vir ‘n oomblik gedink my sleutelbeen is af! Die mense om my het natuurlik lekker gelag – want ja, ek het ‘n benoude gilletjie gelos! Na ‘n verwarde oomblik het ek besef dat ek eintlik ok is, en het ek die handsak losgekry, en kon toe darem verder beweeg. Dit het later so bietjie makliker verloop, want ek het daarna omtrent helfte van die boksie Pomegranate sappies op die volgende trein uitgedrink! Hehehe.

(die foto is sommer van 'n random outjie wat deur die hekkies van die underground stap.

Die tube by piccadilly stasie


Vanoggend oppad werk toe, loop ek by Piccadilly Circus stasie se trappies op, toe haak my regtervoet se groot toon, aan my linkerbeen se broekspyp se binnekant vas…en die resultaat….ek trip myself! Gelukkig was ek teen die handreling, en ek kon myself keer…anders was ek pens en pootjies op die vloer! Ek het natuurlik lekker vir myself gelag. Dankie tog een van my kollegas het my nie gesien nie! Ek dink ek het ‘n vakansie nodig!

Maar hou moed – dis amper naweek!

Ons het nou net 2 min stilte gehad ter nagedagtenis aan almal wat gesterf het met die bomme. Verlede jaar het ons dit 2 weke na die “aanvalle” gehad. Almal moes buite gaan staan, en vir 2 min stil wees. Ek kry nou nog hoendervleis as ek daaraan dink. Vir die van julle wat al in Piccadilly Circus was sal weet hoe dit daar is…besig besig besig. Daar is op enige gegewe oomblik ten minste 100 toeriste wat rondstaan en fotos neem, en honderde ander mense en busse en taxi’s en karre wat daar rondbeweeg. Daardie dag het ALLES tot stilte gekom. Al die rooi busse en ander karre het gestop en hul enjins afgeskakel. Die mense het net stilgestaan en mens kon ‘n speld hoor val. Dit was amper soos die begin van daai weird fliek van Tom Cruise, Vinilla Sky, waar die strate van New York verlate en stil was.

Anyway…dis eers genoeg vir jou! Wish me luck dat ek nie vanmiddag voor ‘n trein inval nie! hehehe

Thursday, July 06, 2006

Hehehehe!

hampster!

Een van die ouens in die kantoor het nou net hierdie video rondgestuur. Dis seker wreed - maar ek het my dood gelag daarvoor. Arme ding!

Tuesday, July 04, 2006

Kuiergaste

Elindi en Elana het die week bietjie in London kom kuier, en dit was lekker om hulle te sien. Alhoewel hulle by ons gebly het, het ons hulle skaars gesien. Kyk...as daar nou iemand is wat sightseeing ORDENTLIK en DEEGLIK doen, is dit die 2 susters!
Ek het nog nooit gehoor van iemand wat van 9 uur in die oggend, tot half 9 in die aand in 1 museum kan spandeer, en nogsteeds nie genoeg gesien het daar nie!

Hier sit ons een aand by die Leather Bottle pub. Dis net na dis son gesak het, so half 11 in die aand!
Linda, Duncan en Phil het ons een aand kom join vir 'n braai in die park. Elindi en Elana was heel verbaas oor hoe ons soos Suid Afrikaners kan kuier tot laat in die aand! (Buite)
Sondag was WARM!!! Het heerlik in die son by die Leather Bottle geeet. Sunday Roast bly darem maar lekker.

Ons het die naweek weer die sonskyn ten volle benut en dit was heerlik om tot laaat buite te kan wees.

Voet dinge



Ek het Saterdag besluit om myself te treat met 'n pedicure. In Tooting is daar 'n mark waar mens alles van dvd's tot Tiger Prawns kan koop. Daar is 'n klein plekkie waar hulle vals naels doen. Net 'n spul Chinesies wat daar werk, wat skaars kan Engels praat.

Anyway...ek kon nie glo toe ek sien hoe goedkoop hulle is nie. Ek gaan sit toe ...reg vir die lekker bederf...en daar kom 'n MAN in my rigting! Ek moet erken...'n man het nog nooit so lekker aan my pote gevat nie! hehehehe Daai Chinesie ken sy ding!

Dit was so snaaks...ek het soos 'n queen gevoel in die plekkie. Behalwe vir die mense wat daar werk, was ek die KLEINSTE en MAERSTE van almal! Die plek is vol GROOT Jamaican vrouens wat hulle naels laat doen en vreeslike fancy motiewe op laat verf. Ek was so bang dat een van hulle dalk op my kom sit...daar sou net 'n bloedkol oorgebly het! hehehehe. In SA sou ek dalk nie na so plek toe gegaan het nie (ek was immers een van die min wit gesiggies in die omgewing), maar ek het glad nie uit plek uit gevoel nie, en het dit einlik geniet om te hoor hoe hulle met hulle aksente praat en gesels. Kan jy jouself indink hoe klink dit as 'n LOUD Jamaican Mama 'n gesprek probeer voer met 'n skaam Chinees wat nie engels kan praat nie. Baie funny! Ja Man....

Thursday, June 29, 2006

My plekkie by die werk


Hier is my "spot" by die werk. Ek sit darem by 'n venster - net jammer ek kyk in die volgende gebou vas!!!

Wednesday, June 28, 2006

Mandie speel Ma

Emmarentia het kom kuier toe ons in Bloem was. Ons het so lekker met haar dogtertjie gespeel. Lianel is nou amper 1 jaar oud, en 'n dierbare kleintjie!

Pas dit by my?...... ek weet darem nie....

Tuesday, June 27, 2006

Local Mark


Hier is 'n kiekie van die vleis stalletjie waar ons Sondae ons vleisies koop. Dit is 'n grootkoel trok wat se kant afgeslaan word en dan word dit 'n "winkel" Die vleis word uitgestal en dan "bi" jy daarop. Dis amper asof hy dit uitloot. Hy gooi 'n spul seaks/tjops/hoender ens op 'n tray, weeg dit, en skreeu dan 'n prys uit. Die ou wat dan eerste sy aandag trek, kry dit.

Selfs al het jy nie iets nodig nie, is dit entertaining om te sien hoe hulle dit doen. Mens kry ook die vleis BAIE goedkoper en varser as in die winkel.

Posted by Picasa

Friday, June 23, 2006

WONDERLIKE NUUS!!!!!!!

Pieter het gisteraand uitgevind dat hy sy GROOT eksamen deurgekom het! Baie geluk liefie!!!

Wednesday, June 21, 2006

Boot Party

Ons was Saterdag op 'n SA boot party op die Teems. Die weer het lekker saamgespeel en ons het 'n baie lekker middag gehad. Daar was ongeveer 200 mense op die boot, meestal Afrikaans.

London Eye - Mens kan nooit regtig vir iemand die "size" van goed beskryf vanaf 'n foto nie...maar kyk bv die gebou in die agtergrond - dit is 'n 26 verdieping gebou, en kyk hoeveel hoeer die oog staan.
Ek en Pieter
Die besigheids area - Canary Wharf
Kristi, Pieter en Thomas met Tower Bridge in die agtergrond.
Big Ben